Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Woensdag 04 Januarie 2017

2017 - Verander jou lewe só!


2017 - Verander jou lewe só!

Begin met die klein goedjies. Doen dit noú! Hier is 21 sinvolle idees:

1. Glo jy is goed genoeg. Altyd!

Glo in Jouself. Altyd. Beweeg eerder met selfvertroue en moenie jouself onnodig uitstres nie.

2. Lees etikette op jou kos

Ja dis reg, lees... lees jy instruksies as jy ñ resep volg? Wat van die resep vir ñ gesonde liggaam? Lees wat jy in jou mond instop!

3. Gaan stap (meer)

'n Halfuur ñ dag se stappie kan jou kanse vir hartsiektes, vetsug, beroerte, tipe 2 diabetes, osteoporose en ook sekere kanker verminder volgens die Amerikaanse Hartstigting. En, dit laat jou ook goed voel.

4. Steek jou sweeties en chips weg!

Nee, nié heeltemal... maar bere dit binne die kas waar jy dit nié sien nie. Sonder ñ visuele prent van kos in jou gedagtes.sal jy langer sonder kos kan bly! As jy die sjokolade op die kas los... sê hy vir jou brein "eet my, eet my asb".

5. Maak elke oggend jou bed op.

6. Kla minder, lag meer!

7. As jy nie gemotiveerd voel nie... druk jouself om vir 20 min hard en gefokus te werk! Of, in plaas van om op Facebook te wees of voor die tv te lê bel jou familie of antwoord ñ belangrike boodskap. Dalk is jy nie meer daarna so moeg nie!

8. Doen iets "nice" vir iemand anders.

9. As jy iets koop/kry, gee iets weg.

10. Slaap meer. Slaap op skedule!
7-9 ure per nag.

11. Negatiewe mense om jou? Hardloop! "Pos" hulle! Hou jou afstand!

12. Eet iets voor jy gaan kos koop.

13. Wys elke dag meer dankbaarheid

14. Eet minder suiker!

15. Sit die verlede agter jou. Laat foute gaan! Vergewe jouself en ander!

16. Vervang die woord "okay" met iets beters!

17. Hou dagboek van jou lewe. Tyd vlieg. Reflekteer!

18. Drink water as jy opstaan en gaan slaap.

19. Minder sout op jou kos

20. Stop. Dink langer voor jy reageer!

21. Spandeer meer tyd buite!

Voorspoedige 2017. Have fun!
♡TG♡

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...