Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Sondag 26 Augustus 2018

Maanspore





Lees my nuutste blitsverhaal gratis hier:

Met sy spierwit, krullerige hare en pragtige, helder blou ogies lyk hy na ñ baie gelukkige klein outjie.Maar wil jy die regte, egte waarheid weet? Daniël Vorster is ñ baie siek outjie. 

Hy was maar net sewe jaar oud gewees toe hy gehoor het dat geen dokter waarna sy mamma en pappa hom vat hom sou kon gesond maak nie. Die siekte wat hy het is baie, baie raar. Dit beteken dat vreeslik min mense in die wêreld hierdie siekte kry. 

Daniël woon saam sy pappa en mamma in ñ pragtige huis langs die see. Agter hulle huis is ñ grasgroen woud met die mooiste, kleurvolle blomme, grootste bome en vriendelike diertjies wat daar woon.

In die donker nag bo hulle pragtige woning skitter die sterre soos gloeiende balle in die lig van die helderste maan.

Mamma het vir Daniël vertel dat hy binnekort by Jesus sal moet gaan woon. Daniël is nie bang nie, maar hy hoop dat Jesus vir hom eerder ñ plekkie op die maan sal gee. Hy is op sy gelukkigste as hy elke aand vir die maan kan kyk en hy weet maak nie saak waar hy woon nie, Jesus sal altyd by hom wees. Sy grootste droom is om eendag soos die eerste man op die maan, Neil Armstrong, voetspore op die vreemde planeet se silwer grond te trap. Daniël se Pappa het vir hom ñ groot, blink kamera gekoop om alles wat vir hom mooi is op aarde af te neem. Hy wens eerder hy kon die maan daarmee afneem. Miskien eendag.

Jare gaan verby waarin Daniël elke dag 'n mooi foto neem en hy is dankbaar vir sy tyd saam sy Pappa en Mamma. Hulle is so goed vir hom. Daniël mag nie mense om hom hê nie, dit kan hom vinnigvisieker sieker laat word, maar hy voel nooi alleen nie, want hy het ñ gelukkige lewe.

Op ñ dag toe Daniël tien jaar oud is neem Pappa en Mamma hom na die besige stad toe. Daniël se lyfie is nou moeg en hy het ekstra sorg by die hospitaal in die stad nodig. Dis die eerste keer in baie jare dat Daniël in die stad kom. Hy verkyk hom aan die mense. Hy kan nie verstaan hoekom soveel mense so ongelukkig lyk nie. Hy glimlag altyd al voel hy soms siek, maar mense in die stad... Dit lyk og iemand hul glimlagte gesteel het. Oral langs die pad is daar mense wat geld vra, honger kinders en tot mense wat sonder komberse in die strate lê en slaap. Daniël se hart is baie seer. Teen die tyd wat hulle huurmotor by die hospitaal stop stroom die trane teel Daniël se wange af. 

Waarom moet mense so ongelukkig lyk? Waarom moet kinders sonder huise wees en mense sonder kos en komberse in die strate woon? Daniël se Mamma probeer hom rustig maak, maar kan hom nie troos nie. Vir Daniël moet die wêreld dan mooi plek wees, net so mooi soos die maan.

Daniël se Mamma verduidelik vir hom dat nie alle mense dieselfde geskenk in die lewe kry nie en elke mens het ander voetspore om op hierdie aarde te trap. Mamma wou hê Daniël moes vergeet van ander se seer want hy moes begin voorberei vir sy eie reis na Jesus toe, maar Daniël kon nie ophou dink aan die mense wat verlore voetspore trap nie. Hy wou nie hê mense moet ongelukkig en alleen wees nie.

Daardie nag het Daniël vir God belowe dat wanneer hy doodgaan hy daar sal wees vir elke mens op aarde. 

Daardie nag is Daniël dood. God het Daniël se wens bewaarheid. God het vir hom ñ spesiale plekkie gegee om te woon op die maan. 

So as jy dalk vanaand wonder of daar ñ man in die maan woon... kyk net op. 

Jy sal vir klein Daniël sien glimlag vir elke liewe kind en mens op aarde sodat hulle nie ooit alleen is nie. As jy regtig mooi kyk sal jy die groot, blink kamera in sy hand sien waarmee hy die maan verken en agter hom ñ silwer ry voetspore...

Die storie van Daniël en sy Maan word opgedra aan elke liewe, gelukkige kindjie op aarde. Mag jy altyd weet hoe spesiaal jou drome en wense vir God is maak nie saak hoe onmoontlik dit klink nie en mag jy altyd weet jy is nooit, maar nooit alleen nie. Maak nie saak wie jy is, wat jy aantrek of waar jy woon nie, jy is deur God uitgekies om jou eie spesiale silwer spore te trap. 

~ TG

Maandag 07 Mei 2018

Jou pantoffels kan iemand se drome bewaarheid! Make someones dreams come true with your slippers!

Is dit nie fantasties nie? Maak ñ verskil deur jou pantoffels te dra! What do you have to do to give hope to a sick child? It's that easy - wear your slippers! Isn't this amazing? National Slipper Day and the Reach for a Dream Foundation are selling a limited stock of slippers. You can show your support and help a child’s dream come true by purchasing a pair as well as wristbands at various stores countrywide. ##SLIPPER DAY IS ON 11 MAY 2018## R10 per wristband From any Pick n Pay, Wimpy or Reach For A Dream branch. Let us support children with life-threatening illnesses. Kom ons ondersteun kinders met lewensgevaarlike siektestoestande. P.S ** Free coffee from Wimpy on 11th May 2018
Read more here. Lees meer hier: https://reachforadream.org.za/campaigns/slippers-day/ Reach for a Dream is a registered non-profit organisation. Their NPO-number is: 004-109.

Sondag 06 Mei 2018

Gee jou hart... Give your heart

Die volgende paar weke gaan hierdie blog fokus op nie-winsgewende organisasies en hul impak.

Hoekom? Om hierdie dorp, stad, land, wêreld ñ beter plek te maak. Een tree op ń slag.

Ek daag jóú uit om een van hierdie organisasies te kies en in hulle te belê hetsy deur jou tyd, vaardighede of geld.

Onthou, elke sekonde tel. Spring weg!

The next few weeks this blog will focus on non-profit organisations.

Why? To make this world a better place. One step at a time.

I challenge you to choose one of these organisations and invest in them through your time, skills or money.

Remember, every second counts. Now is the time!

Dinsdag 13 Maart 2018

Die Ysterpot


Rustyd. Sinoniem hiermee is skryftyd.

As my gesin slaap kan ek skryf. Daar is soveel waaroor ek wil skryf, maar tyd is min en soos jul reeds weet - elke sekonde tel. Daar is nog iets wat sinoniem met rustyd is in ons huis. Storietyd.

Daarom kies ek vandag ñ storie as simbool vir ñ belangrike onderwerp. Een waarmee ek definitief self ook worstel.

Die ysterpot.

Ek lees vir my kinders 'n storie uit 'n ouerige afrikaanse storieboek. Die verhaal klink baie soos Jan en die boontjierank, maar met 'n "kinkel" in die kabel.

Jan se naam is Pieter en die boontjierank is 'n ysterpot. 

So het die einste Pieter sy ma se laaste koei verkoop in ruil vir die ysterpot wat met 'n fyn stemmetie gefluister het: "Koop my, koop my." Dadelik dink ek aan ons Eienaar, ons Vader. Ons het darem nie nodig om te sê "Koop my, koop my" soos die ysterpotjie nie, want Jesus het ons immers reeds vrygekoop aan die kruis. Tog, sal dit nie wonderlik wees as ons met dieselfde ywer en opgewondenheid van die ysterpot in die aangesig van ons Eienaar kan uitroep "Koop my, koop my" nie? Dit is belangrik om God met ywer te dien. Ander mense sien ons voorbeeld raak. Ons kinders veral. Onthou altyd wie kyk vir jou.

Die tweede les wat wat ek by hierdie ysterpot leer, is die les van geloof. Die moeder is ontnugter deur die onverantwoordelike, roekelose besluit wat haar seun geneem het. Dink net haar ongeloof en haar seerkry in hierdie desperate situasie… sy stuur haar seun weg met hulle laaste koei, dis al wat hulle het, maar sy vertrou hom. Hy sal die koei verkoop. Vanaand sal hulle iets hê om te eet. Haar seun kom terug sonder die koei met net ‘n leë ysterpot. Tog, ten spyte van sy naïewe besluit glo die seun daar is ‘n rede waarom hy die ysterpot se stem moes hoor. Al is sy ma se reaksie negatief doen Pieter tog wat die leë ysterpot sê en hy sit die pot op die vuur.

Die derde punt wat my fasineer van hierdie verhaal is die kontras tussen die regverdige en onregverdige. Dit is somtyds maklik om moed te verloor as ek sien hoe skurke soms wegkom met alles en onregverdige mense seerkry. Dit laat my dadelik aan God dink. Hy het vir ons ore gegee. Hoeveel te meer hoor hy ons nie altyd ook nie?

Die seun en sy ma is verskeie kere sonder hul mede wete beroof deur ‘n ryk man wat op die heuwel woon. Alhoewel Pieter en sy ma vir die ryk man gewerk het, het die man hul nogsteeds skelm van hul koeie beroof.

Die huppelende, jubelende pot spring tot by die skuur van die ryk man en kom terug gevul met koring.

Meeste van die tyd huppel, jubel en spring on sook vir Jesus. Tog, bring ons nie vol potte terug na die Meester toe nie. Wie kan ek en jy hierdie week in liefde dien? Vir wie kan ons uitdeel uit ons oorvol potte uit?

Dan kom die laaste opvallende punt in hierdie verhaal, een wat dui op rekenskap en wat ook daarop dui dat slegte gebeure of tye nie vir ewig is nie.

 Die skelm, ryk man betrap die pot wat sy geld gevat het. Die man steek sy hand in die pot om sy geld uit te kry, dan sy kop en dan sommer op die ou einde sy hele lyf. Die deksel van die pot klap toe en daar trek die pot. Die pot huppel, jubel en spring tot by die einde van die wêreld. Niemand het ooit weer Pieter en sy ma se goed gesteel nie.

 

Te goed om waar te wees? Seker. Maar, soos hierdie storie, het elke hoofstuk in ons lewens ‘n begin, ‘n einde en ook ‘n les om te leer.

Kan ons elkeen nie maar so ‘n bietjie meer soos ‘n ysterpot wees nie?

~ TG.

Oorspronklik geskryf vir:
https://voelgoed.co.za/die-ysterpot/

Vrydag 09 Maart 2018

Hou moed... ek wil, ek kan, ek sal, ek hét!!!

Somtyds voel dit vir my of die wêreld om my skielik inmekaar sak.

 Dis so maklik om negatief te word. Om negatiewe dinge te sê. Om gedrewe te wees deur emosie.

 Dis egter juis midde in ons swakheid dat ons sterk is.

Sterker as wat ons ooit sal besef.
Hou moed.

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...