Wat het jou neus met liefde te doen?
As jy iemand lief het ruik jy hulle tot in jou menswees.
Die reuk van ryp mango vrugte, bring my terug tot by Pa. Mes in die hand, moet ek regtig vir jou ook een skil? Goed, maar die tweede een skil jy self.Die soet reuk van ringetjies tjips... herinneringe aan kos karretjies en kiosks lank terug.Die aanloklike aroma van biltong met ñ vetjie, of anders daarsonder, hoe mens dit met valstande moet eet, kan jy net wonder.Uie, knoffel ... gemeng met Black Label. Niemand wil té naby kom, nie eens die duiwel. Die geur van sonneblomme, vars gepluk langs die pad. Dit is alles die reuke van ñ merkwaardige man. My Pa.