Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Maandag 25 Desember 2017

Kersfeeswense

Die voorreg om vandag elke sekonde saam familie te spandeer. Heerllik te lag en te eet. Dit raak so diep aan my hart. Gisteraand het ons elkeen gesê waarvoor ons dankbaar is en ñ liggie gebrand vir elkeen wat elders is of reeds vertrek het na die Ewige Tuiste.

2017 was ñ jaar vir die Dankbare Hart. Dankie Koning van my Hart vir alles. Die waardevolle lesse, die ou herinneringe, die nuwe vreugdes, die deurbrake en selfs ook die teleurstellings.

Honderde babas was al gebore, gebore om eendag Konings te word. U, Liewe Heer, was ñ Koningin, eerste, wat gekies het om Gebore te word en ook te Sterf om ons te kan red.

Ek is lief vir u met al die mooi in my, met al die lelik in my, met al my vreugdes en smarte. Met my hele menswees. Net soos ek is. Maar, ek sal altyd strewe om meer soos U te wees.

Geseënde Geboortedag Liefste Jesus.

My strewe vir 2018 is om meer soos U te wees en minder soos ek. Voorspoedige 2018!!!

{Tersia Gouws}

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...