Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Sondag 27 November 2016

Jy is nie gekloon nie. Wees jouself.

Ek dink ons as mense word soms baie seergemaak of negatief deur hoe ander mense teenoor ons optree of reageer.

Ek sê nie jy mag jou maar soos ñ skurk gedra nie, maar wat e k wel wil duidelik maak is die feit dat... as jy jouself heeltyd gaan steur en meet aan ander se grille en giere gaan jy nooit gelukkig kan wees nie.

Dis belangrik om altyd te weet wié jy is; en wie jy nié is nie. Ongeag die weer. Ongeag die "crowd".

Moenie toelaat dat mense jou drome vertrap en afmaak as nietig nie.

God het jou geskape met ñ begeerte in jou hart. Leef Sy droom vir jou lewe. Gee jou beste. Elke dag. Elke sekonde.

Laat dit tel.


Vrydag 18 November 2016

Drolle, trolle en snolle in die drinkwater!

Die wêreld is vol snaakse mense.

Jip.

Die meeste mense wat ek al ooit ontmoet het is nice. Ons familie en vriende is regtig almal great mense. Ons is so gelukkig. Goed.

Maar kry jy dié mense... die minderheid-spesie.

Ongeskik?
Agteraf?
Skinderbekke?
Onbehulpsaam?
Oordeel alles?
Demanding?
Glad met die mond?
Kyk waar hul ander kan verkleineer
Raak verbaal "abusive"

Dit breek my hart. Laat my bloed kook.

Mnr... Mev.... hoe sal jy voel as mense so met joú maak?

Waar het jy geleer dat dit okay is om so met ander mense te maak?

Dis soms moeilik om te bid vir jou naaste as jy met sulke challenging mense op jou hande sit.

Ek lees vandag ñ belangrike artikel... die skrywer sê.... lang storie kort... behandel ander soos jy graag behandel wil word.

En, elkeen het ñ geveg. Wees níce.

Bid vir ñ kalm gesindheid sodat jy met hierdie minderheid "knorpotte" ook simply níce kan wees!

Donderdag 10 November 2016

Nog ñ dankbare dag

Ek is alewig vies vir die kar.

Hy is oud.
Hy is nog nie afbetaal nie.
Hy breek.
Hy kos baie geld,geld,geld... heeltyd.

Ek werk in ñ bemarkingsafdeling by ñ welsynsorganisasie.

Vandag toe ek huistoe gaan stop een van die inwoners my en vertel my hoe mooi my kar is. Sy vertel vir my dat sy mal is oor my kar vandat sy hom die eerste dag wat ek daar inry gesien het. Sy gaan verder... dis haar droomkar.

En my hart smelt.

Ek is so ondankbaar! Hier praat ek elke dag van dankbaar wees, en kyk hoe lelik ondankbaar is ek! Sies!

Ek ry huistoe in my 2006 model karretjie... met ñ nuwe smile op my gesig, asof ek hom nou net uit die boks gekry het, met ñ nuwe strik op.

♡♡ Want, ék is baie blessed ♡♡

Woensdag 09 November 2016

Almal veg die hardste

Almal veg ñ groot geveg. Ons elkee met ander omstandighede, ander probleme, ander maniere om met probleme te "cope".

Waar daar min of selfs geen hoop is nie wil ek vandag sê... aanhouer wen.

Veg die geveg soos ñ dapper soldaat. Soldaat van vrede. Gewapen met God se wapens... kalmte, geduld, liefde, selfbeheersing...

Dit is nie altyd maklik nie. Ek sukkel gereël.

In ñ gebroke werêld is al wat vir ons oor is om te GLO!

Om altyd positief te wees, te spreek... ongeag die omstandighede!

Maar hoe?

... deur jou denke positief te hou!

Jaag weg daai slegte stoute duiwels in jou kop. Kies POSITIEWE gedagtes!

♡♡♡

Dinsdag 08 November 2016

Hallo julle! ♡Waar was ek?♡

Ek mis regtig my blog. My crowd. My lekker artikels.

Maar, om vir welsyn te werk is nie vir sussies nie. .. en daar is mense wat my nodig het.

So leer ek ook nuwe dinge van geduld, van meer doen met minder, van behoefte.

Van God se seën.

Mag jou week "gatskop" wonderlik wees!

♡TG♡ 

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...