Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Dinsdag 20 Desember 2022

Nie goed genoeg nie!


 Stelling A: "You were born... pre-approved"


Glo jy dit? 


Stelling B: "You were unsuccessful..."


Jy kán nie, jy is nie goed genoeg nie. Ongelukkig nie gekwalifiseerd genoeg hiervoor nie. Jammer, nie mooi genoeg, nie ryk genoeg, maer genoeg, "in" genoeg of slim genoeg nie. Te direk, te vriendelik, te kwaai, te skaam, te.senuweeagtig, te stadig. Skies, jy haal nie die lys nie....en die vertoonkas van jou teleurstellings groei.


Glo jy dit?


Ons is geneig om die wêreld te glo. Ons self deur die mense om ons se opiniebrille te bekyk. Ons volgens hulle waardeskale te weeg.


God sê ons is "pre-approved"... ja, vooraf deur Hom goedgekeur. Dit wat die mense dan vir jou sê dat jy nié is nie, dit kom nie uit Sy mond uit nie en dis beslis nie God se Hart vir jou lewe nie. 


Kies vandag wie jy gaan glo.

Dit gaan jou hele lewe bepaal.


Jy, ek, ons ís pre-approved.

TG🌻

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...