Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Saterdag 13 November 2021

Wees opreg, eg teenoor jouself en ook teenoor ander


Jy het dalk die voorreg om alles van almal te weet. Dit beteken nie jy moet dit met almal deel nie. Bewaar die vertroue wat mense in jou stel soos goud.

Paulus help ons mooi deur te verduidelik ons moet nie ons liefde ñ skynheilige vertoning laat wees nie, maar eerder ñ opregte omgee liefde.

Jy was dalk skuldig hieraan in die verlede. Hoe nou gemaak vir die nuwe blaadjie wat jy wil omslaan?

  • Moenie mense met mekaar bespreek nie. Indien daar nie ñ goeie, opregte rede vir die gesprek is nie, is dit skinder.
  • Bou vriendskappe met persone wat ñ goedaardige ingesteldheid en positiewe uitkyk op die lewe het.
  • Liefde is ñ doen-woord. Los die praat, en neem aksie.
  • Dink oor ñ situasie voordat jy reageer. Jy is die eienaar en bestuurder van jou reaksies.
  • Doen bybelstudie en baie navorsing oor die maniere waarop jy ñ opregte, egte vriend of vriendin kan wees.
Die skakels waarop jy hierbo kan klik bied interessante en waardevolle leesstof.

Onthou as jy ernstig is om jou aksies te verander moet jy die tyd en die navorsing insit. Mens gaan nie op ñ reis sonder ñ kaart of ñ navigatorstelsel nie.

Gaan kyk ook na die volgende hulpbronne:

  • https://www.kruispad.net/beste-vriende-vir-altyd/
  • https://bybelskool.com/johannes-1512-17-wat-n-vriend-het-ons-in-jesus/
Love God Greatly is ‘n pragtige gemeenskap van vrouens wat ‘n verskeidenheid soorte van tegnologie gebruik om mekaar verantwoordbaar te hou in God se  Woord. Sluit gerus by hul aan vir ñ netwerk van ondersteuning, en lees ook wat hul te sê het oor vriendskap.

Mag julle geseën word met die wysheid om ñ goeie vriend te wees, en mag julle ook goeie vriendskap ontvang. 


Groete
Tersia

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...