Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Vrydag 29 Julie 2016

Die afgelope tyd...

... is moeilik. 

Vir almal.

Siekte

Dood

Onregverdigheid

Stres

Gesondheid

Verandering

Seer

Teleurstelling

Vrees

Skok ...?

... 2016 het sover sy klappe uitgedeel. Daar is so baie mense waaraan ek dink as ek dit sê.

Die ondenkbare is op sommige mense se paaie gestuur. En tog, al is daar omstandighede waarin mens nie sal wil oorleef nie, het ek die volgende gesien...

Mense getuig. Mense pas aan. Mense neem die lewe weer in deeglike oorsig. Mense waardeer mekaar. Mense lief mekaar. En meeste? Ten spyte van hul uitdagende omstandighede... loof en prys mense die Here... meer as ooit!

Hoekom? Omdat Sy woord so sê? Ja... maar ek dink die rede is te doene met die volgende...

Mense ervaar God... skielik, as die wêreld koud en leeg voel... voel God naby. Ten spyte van alles wat ons harte uitruk, alles wat ons verloor... wen ons! Tyd saam ons Skepper. Tyd om te besef. Tyd om te verander... van dink-mense... na doen-mense. Mense wat liefde met hande gee... mense wat "eina" verstaan.

Waarmee ookal jy vandag gekonfronteer word. Wat ookal jy vandag moet "face". Doen dit, met die wete, dat Iemand jou oplig, jou dra. Jou liefhet.

Mag julle elkeen God se Vrede opnuut ervaar vandag.

♡ TG ♡

Woensdag 20 Julie 2016

Goudgeel in die Donker #3

Of jy kom, of jy gaan
of jy sit, of jy staan.

Mag jy bly, moet jy ry?

Vreemdeling, tog al lank bekend
sekerheid word steeds geskend.

Voeg elke oomblik in God se hand
melk en heuning, in Sy land.

Maandag 18 Julie 2016

{God se tyd, is nie noodwendig jou tyd nie}



Ons gaan deur 'n rowwe tyd... dinge rondom visas en permitte gaan nie goed vir ons die laaste ruk hierdie kant nie. Ons moet binne 'n week uit die land wees, en ons wag in spanning op ons antwoord, gaan ons nog langer kan bly, of nie.

Dit is baie stresvol. Mens is ook van nature georganiseerd as dit by jou sake kom(alhoewel ek en my man nog nooit regtig baie georganiseerd was nie - om eerlik te wees). Namib is dalk net om die draai van Suid-Afrika (of die "republiek" soos meeste ouer mense hierso nog na die land verwys), maar reelings om twee verskillende lande is nooit maklik nie. Ook nie vinnig nie.

So, dan wil mens antwoorde "demand". Mens wil nou weet. Mens wil besluite maak. Vrees vir die onbekende. Vrees vir die bekende. Vrees vir die feit dat daar nie eintlik 'n plan B is nie.

Dan, besef ek net weer. God se tyd is uniek, volmaak. God se tyd, en my tyd, verskil. Waarom? Want God sien die hele plan, en ek - net 'n gedeelte daarvan.

God is nooit laat nie - hy is altyd reg op tyd! Hy verseker ons immers hiervan in Sy Woord. Hy  noem ook vir jou en my, dat sy beloftes nogsteeds geld, nogsteeds in uitvoering sal kom.



Wie sou beter weet as Koning Dawid? Wat uit sy eie koningkryk moes vlug, sy eie troon ontneem is, deur sy eie seun. Hy het egter geluister na wat God openbaar het. Hy het nie geweet wat gaan van hom word nie. Maar, God het Sy beloftes gestand gedoen. 
Psalm 37 Laat jou lewe aan die Here oor
1Van Dawid.
Moet jou nie ontstel oor skelms
en jou kwel oor skurke nie,
2want soos gras vergaan hulle gou
en soos groenigheid verdwyn hulle sommer.
3Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is,
woon en werk rustig voort.
4Vind jou vreugde in die Here,
en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
5Laat jou lewe aan die Here oor
en vertrou op Hom; Hy sal sorg.
6Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son,
jou reg soos die helder lig van die middag.
7Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou
en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie.
8Moenie kwaad word nie, laat staan die woede,
moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.
9Die skelms sal uitgeroei word,
maar dié wat hulle vertroue in die Here stel,
sal in besit bly van die land.
10Nog 'n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie;
'n mens sal hom soek waar hy was,
maar hy sal nie daar wees nie.
11Dié wat nou verdruk word, sal die land besit
en hulle verlustig in hulle welvaart.
12Die goddelose soek die ondergang van die regverdige
en bedreig sy lewe.
13Die Here lag vir die goddeloses,
want Hy sien hulle dag kom.
14Die goddeloses trek die swaard en span die boog
om die hulpelose en die arme dood te maak,
om dié wat die regte pad loop, te vermoor.
15Die goddeloses se swaarde sal hulle eie harte tref
en hulle boë sal stukkend gebreek word.
16Die bietjie van die regverdige
is beter as die rykdom van talle goddeloses,
17want die mag van die goddeloses sal verbreek word,
maar die Here sal die hulp wees van die regverdiges.
18Die Here sorg vir die lewe van die opregtes,
en wat hulle besit, sal hulle behou so lank hulle lewe.
19In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie,
in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê.
20Die goddeloses sal te gronde gaan,
die vyande van die Here sal tot niet gaan;
soos mooi weivelde wat in vlamme opgaan,
so sal hulle verdwyn.
21Die goddelose leen en betaal nie terug nie,
die regverdige kry jammer en help.
22Dié wat deur die Here geseën word, sal die land besit;
maar dié wat deur Hom vervloek is, sal uitgeroei word.
23Die Here bepaal die koers van die mens
met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom.
24As so iemand val, bly hy nie lê nie,
want die Here help hom op.
25Ek was jonk en ek het oud geword,
maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesien
of dat sy nageslag brood soek nie.
26Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente:
met sy nageslag sal dit goed gaan.
27Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is,
dan sal jy die land altyd bewoon,
28want die Here het die reg lief
en sy troue dienaars verlaat Hy nie.
Hulle sal altyd behoue bly,
maar die nageslag van die goddeloses sal uitgeroei word.
29Die regverdiges sal die land besit
en altyd daarin woon.
30Wat die regverdige praat, is wysheid,
wat hy sê, stem ooreen met die reg.
31Die openbaring van sy God is in sy hart,
sy koers is nie onseker nie.
32Die goddelose lê die regverdige voor
en soek 'n kans om hom dood te maak,
33maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nie
en laat nie toe dat hy veroordeel word
as hy voor die regbank staan nie.
34Vertrou op die Here en bly op sy weë;
Hy sal jou weer laat opstaan om die land te besit,
en jy sal die ondergang van die goddeloses aanskou.
35Ek het al gesien dat 'n slegte, roekelose mens
geil opskiet soos 'n plant,
36en toe ek weer verbykom, was hy nie meer daar nie;
ek het hom gesoek en hy was nêrens nie.
37Maar let nou op die eerbare mens,
kyk na die opregte:
die regskape man, vir hom is daar 'n toekoms.
38Dié wat hulle teen die Here verset,
word voor die voet uitgewis,
die toekoms van die goddeloses word afgesny,
39maar die regverdiges word deur die Here gered.
Hy is hulle toevlug in tyd van nood.
40Die Here help hulle en Hy bevry hulle,
Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle,
want hulle skuil by Hom.


Toe die Israeliete probleme ervaar het om by die beloofde land uit te kom, het hulle gekla en gekerm. Hulle was dors, hulle was honger. God het voorsien, dit was nogsteeds nie vir hulle goed genoeg nie. 

Ons gee gewoonlik nie om, om te wag nie... solank ons kan kla daaroor! 

Wanneer jy die reis aanpak van God se droom vir jou lewe, gaan jy soms in struikelblokke vas hardloop. God gebruik daai tye wat jy struikel om jou voor te berei en te toets. Sodat jy gereed is vir wat ookal volgende op jou wag. Sodat jy sterk kan staan in die volgende seisoen van jou geloofspad.

Indien God jou in 'n wagtydperk in jou lewe geplaas het... loof en prys Hom vir daardie tyd! Dank Hom vir die heerlikheid wat op jou wag.

Jy hou nou daardie een skewe stukkie vas, en niks wil pas nie. Maar God, sien jou volledige legkaart. En vir Hom, is dit 'n meesterstuk!

{TG}



Dinsdag 12 Julie 2016

Tye wat jy laag voel...

Ons het nou die dag gesels oor seisoene van jou hart, jou lewe.

Deel van hierdie seisoene is "af dae". Klink lekker, amper soos ñ vakansie né?

Nee... hierdie dae is wanneer jy jouself ervaar as net nog ñ mens, nog een in die "crowd".

Dis okay, want ons almal kry daai dae... ons is mens.

Maar, jy is verkeerd! Jy is dalk mens, maar jy my mens, is nie net nog ñ mens nie.

Wat het God oor jou te sê?
Korinthier het baie inligting hieroor. Natuurlik ook die res van die Bybel. Sien, God noem gereeld vir ons hoe spesiaal en uniek ons is. Miskien juis omdat God weet ons het hierdie "af dae", juis omdat hy weet hoe menslik ons twyfel en kleingeloof soms is, herinner hy ons konstant wat die waarheid is.

God vra in Sy Woord dat elkeen van ons sal glo wie Hy is. Dat elkeen van ons sal glo dat ons is, wie Hy sê ons is. En dan...?

Dat ons sal lewe asof ons dit Glo!

Hou op leuens uitspreek #eksteoud #eksteswak #ekstebang #ekkannie #ekweetnie #nienounie en erken die waarheid! Dan, kan jy begin lewe asof jy dit glo! En jou lewe sal ook verander, want jou denke het.

God sê jy is uniek. Hy sê Hy sorg vir jou. Jou hare is getel. Jy is Syne.

God sê Hy is Lief vir Jóú!

Dis die Waarheid. Sê dit gerus vandag vir Iemand.

Dinsdag 05 Julie 2016

The Zellie Collection... as Cinderella kon kiés!

Soos julle wéét doen ek graag reviews oor produkte wat my oog vang!

Nou ja, vanaand kry ek toe my Zellies in die pos... danksy flinke diens van die Zellie Namibië span... en, hierdie review kan nie eers naby my opgewondenheid kom nie...

Ek dink, ek is verlief, en nié op my man nie!

As Cinderella kon kies, sou die "fairy godmother" die glas slippers maar netjies moes wegpak.

Sy sou hierdie jellie wedges waarskynlik nog bo haar prins ook gekies het! En, alhoewel al die kleure mooi is, is ek seker die "nude" sou haar rok gekomplimenteer het!

Behalwe dat hulle so mooi en stylvol is, dra hulle so lekker!

Aan al my Cinderella-vriendinne daar buite, dis beslis die moeite werd... jy sal soos ñ prinses voel met jou Zellies aan!

Woon jy ook in Namibië? Bestel jou Zellies hier -

http://www.zellie.net/namibia.html

Vir my SA-lesers, gaan loer gerus hier:

https://www.facebook.com/zelliecollection/

Sodra jy hulle kry... trek hulle aan... sit jou gunsteling song op... en dans jou Zellies in!

♡ Geniet dit ♡

{TG}

Maandag 04 Julie 2016

Elke liewe Paadjie

Partykeer kom jy by ñ paadjie. Een waarvoor jy geweet het jy nié voorbereid is nie... een totaal onbekend aan jou.

En dan, vat jy maar daai paadjie. Party mense sal sê een tree op ñ slag... maar dis baie optimistiese woorde. Kom ons wees eerder eerlik. Jy mis so paar tree. Jy val en rol en spring en tuimel, en jy klou net vas met mag en mening. Jy weet, soos in die "movies"...

Dis meer hoe daai paadjie lyk.

Dit voel nie of jy wen nie. Maar, een ding is verseker - jy weet wie stap voor jou, langs jou,agter jou... wie dra jou. Elke "tree".

En, eendag kyk jy terug op daardie paadjie, wat jy nie wou stap nie, en jy sien... jy is nie meer dieselfde mense nie. Jy het gegroei. Jy het beleef. Geleef.

Dan... besef jy, jy hoef nie terug te draai nie... nogsteeds een tree op ñ slag... goeie dinge wag.

TG

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...