Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Vrydag 31 Maart 2017

Vernuwe jou lewe. Nóú.

Uit met die oud. In met die nuwe.

Welkom by die nuwe voorkoms van my skribbelblad.

Ek het lanklaas my hart en siel op my blog vasgevang.

Maar, vanaand maak ek tyd. Ek wil graag iets waardevols met jou deel.

Hierdie was ñ bonatuurlike goeie week.

Ek het so baie geleer.

1. Laat gaan, laat God (sjoe dis nie maklik gewees nie)

2. Daar is altyd hoop.Tot wanneer jy voel daar is nie.

3. Dank God vir jou blessings klein en groot. Pas hulle op. Maar,

4. Gee - gee soveel wat jy kan...

Wat gee jy? Wát ookal jy het (of nie het nie).

Soveel dinge gebeur, en ek weet dis nié ons goeie werk nie, ons is net instrumente.

My gebed vir jou vir vernuwing is dat jy jou hart vry sal stel sal toelaat om te laat gaan van seerkry, van bekommernisse. Meer belangrik dat jy sal weet God sien die hele prent, jy sien net die huidige bladsy.

Hoe meer ons dankbaarheid wys en uitspreek hoe meer leer ons van dankbaar wees.

God beplan vir jou voorspoed. Sien dit, glo dit en dank hom daarvoor. Jy sal eendag die hele prent sien.

♡TG♡


Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...