Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Donderdag 05 Oktober 2017

Kyk verby die "wie" en "wat". Fokus op die "hoekom".


Ons raak meestal so vasgevang in die dag se gebeure en roetine dat ons dikwels nie die tyd neem om te dink en te reflekteer nie.


Dit is dalk vir ons belangrik on te vra "wat" ons doen, maar nie so belangrik soos om te vra "hoekom" ons dit doen nie.

As jy weet hoekom het jy rede om op te staan, rede om aan te gaan, rede om deur te druk. 

As jy weet waarom jy doen wat jy doen, Dan weet jy presies waar jou passie gesetel is.

Waarom doen jy wat jy doen? Is dit omdat jy ñ passie het vir mense? ñ Toekoms will bou vir jou kinders? Mense will bewusmaak van ñ probleem?
Die vreugde is nie geanker in die "wat" jy doen nie (jy kan ñ tuisteskepper, skoonmaker, onderwyser, prokureur wees)... dit dra geen waarde. Dit dra eers waarde wanneer jy jouself vra "hoekom" doen ek dit?
ñ Duidelike "hoekom" gee jou rigting in jou lewe en in jou werk in alles wat jy doen.
Wat is jou "hoekom"? Ons elkeen s'n verskil.

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...