Ek is alewig vies vir die kar.
Hy is oud.
Hy is nog nie afbetaal nie.
Hy breek.
Hy kos baie geld,geld,geld... heeltyd.
Ek werk in ñ bemarkingsafdeling by ñ welsynsorganisasie.
Vandag toe ek huistoe gaan stop een van die inwoners my en vertel my hoe mooi my kar is. Sy vertel vir my dat sy mal is oor my kar vandat sy hom die eerste dag wat ek daar inry gesien het. Sy gaan verder... dis haar droomkar.
En my hart smelt.
Ek is so ondankbaar! Hier praat ek elke dag van dankbaar wees, en kyk hoe lelik ondankbaar is ek! Sies!
Ek ry huistoe in my 2006 model karretjie... met ñ nuwe smile op my gesig, asof ek hom nou net uit die boks gekry het, met ñ nuwe strik op.
♡♡ Want, ék is baie blessed ♡♡
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking