Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Sondag 18 Julie 2021

Word jou wêreld uitmekaar geruk?

Voel jy ook dat jou wêreld uitmekaar geruk word? Geplunder word? Ineenstort?

Ek wil vanaand met julle praat oor ñ krisis wat Jesus en sy beste vriende in die gesig gestaar het.

Jesus was uitgeput na ñ dag van geestelike werk en het gaan lê om te rus. Die dissipels was in beheer van die boot waarop Jesus ook was. Die dissipels was gesoute vissermanne, hulle het groot geword op die see en al menige kere tevore storms trotseer. Hul was ervare seevaarders en het hul storie geken.

Maar, daar het ñ storm gekom. Hierdie storm was anders, meer aggressief en ongenaakbaar as enige gewone storm. ñ Storm so wreed en kragtig soos nooit tevore. Hierdie storm het Jesus geteiken en ook hulle wat saam Hom op die boot was.

Die ervare seemanne was vreesbevange. Hulle was moedeloos, angstig en al hul hoop was verlore. In hul oomblik van vrees het hulle Jesus wakker gemaak. Hy het hulle vermaan... waarom is julle so kleingelowig? Hy het die seewaters en die wind, die ontoombare storm stil gemaak.

"Wie is hierdie man?" het hulle gewonder.

🌻🌻🌻

Vandag wil ek net vir jou sê... ek weet nie watse storm jy trotseer nie. Dit is dalk werkloosheid, skuld, depressie, alleenheid, gesondheid, mishandeling, die dood van ñ geliefde of vrees vir die onbekende...

Ek weet nie wat jou storm is nie en ek weet ook nie hoe om jou storm stil te maak nie. Ek weet wel die volgende. Ek wil vandag vir jou sê: God IS lief vir jou.

Gaan hammer op Sy deur, klop Hom wakker. Vra sy hulp. Hy het die antwoorde wat jy soek. Hy sál jou storm stil kom maak!

~ TG
🙏🏻🙏🏻🙏🏻

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...