Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Saterdag 18 November 2017

Saai woorde vol liefde...

Ek kyk na ñ heruitsending van die Jurassic Park: Lost World film. Ek trap Steven Spielberg saggies uit in my gedagtes (goed, miskien hardop ook so een of twee keer). Tog hou ek nié op kyk nie. Die nuuskierigheid was seker groter as die vrees. Elke keer as mnr. of mev. "T-Rex" hul tande in ñ menselyf inslaan krul ek op soos ñ bang klein dogtertjie. Die koppe waai letterlik. Dis ñ brutale affêre.

Maar "T-Rex" is nie alleen skuldig nie. Eet ek nie baie kere ook mense op met my woorde nie? Laat my woorde nie ook soms soos "T-Rex" die koppe waai nie? Ek is baie seker dat ek al groot happe uit naastes se menswees gevat het wanneer ek nie mooi besin het oor my woorde nie.

Alhoewel dit waar is en ek natuurlik spyt voel oor die groot happe, besef ek ook, dat my tong wel 'n pragtige deel van my menslike anatomie is. Jy sien daardie eindste tong oefen ook om voortdurend opbouende woorde te saai. Woorde wat oes sal lewer in mense se lewens.

Iemand het eens gesê dat ondeurdenkte woorde twis veroorsaak, wrede woorde lewens uitmekaar kan ruk, tydige woorde spanning kan verminder, maar die "ultimate" dat ñ liefdevolle woord sal genees en seën.

Ek wil myself en ook vir jou vandag uitdaag. Laat die liefdevolle woorde vol vanuit jou hart vloei. Vandag is hier. Vandag sal nooit wéér kom nie. Wees vandag ñ seën vir iemand deur jou woorde.

Ephesians 4:29 - "Do not let any unwholesome talk come out of your mouths, but only what is helpful for building others up according to their needs, that it may benefit those who listen."

TG.








Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...