Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Donderdag 15 September 2016

Ohana-liefde...

Inspirasie kom op die snaakste tye...

Ek dink vanaand aan die Israeliete in slawerny... hul reistog daarna... As hul terug kon gaan na Egipte... sou hul ooit weer slawe kon wees? Was hulle? Al daardie jare in die woestyn... het hul gegroei?

Ek dink nou aan die laaste jaar... ek is terug waar ek was.Maar, ek is meer ék as wat ék was. Anders.

Onthou jul daai gesegde... wat was was voor was, was was? ñ Kers...

Nou ja... vandaand is ek daai kers... my vlammetjie brand helder.

Sien, die jaar was rof. Ek het my hartsmens, my pa verloor. Ek het myself weer gevind. Ek het begin skryf. Was is weer ñ kers... die vlammetjie skyn helder.

Sien... ek het altyd gedink die stad het my hard gemaak... haai weet jy... ek het dit toegelaat. Gemaklike verskoning? Ons elkeen het een.

Ek het nie vanaand Windhoek se bos, stilte, nag-geluide om my nie... maar ek het familie wat wil feesvier, ek het my vriende se warm lag om my... wat meer wil ñ mens hê?

In enige situasie kan mens dankbaar wees... in enige situasie kan mens groei... kan mens liefhê... dis ñ keuse.

My vriendin sê dit al jare...tog het ek dit vanaand vir die eerste keer ingelaat... "it takes a village to raise a kid..."

Maak nie saak waar jy is nie, wees dankbaar, wees lief vir mekaar.

Watter voorbeeld het ons kinders nodig? Wat méér as dit... liefde?

Ohana-liefde
♡Tersia♡

1 opmerking:

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...