Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Woensdag 14 September 2016

Gehoorsaam ek?

Voordat ons woestynland toe getrek het, en self nou dat ons terug geboorteland toe getrek het dra Deuteronomium groot waarde in my lewe.

Dis asof God aanhou om my na daardie deel van die Bybel toe te stuur... al is dit al vir 12 maande.

En met goeie rede. Dalk... luister ek nogsteeds nie?

“Julle moet die Here julle God liefhê en altyd sy opdragte gehoorsaam: al sy voorskrifte en bepalings en gebooie.

Deuteronomium vertel van die Israeliete se stryd, hul ondankbaarheid, hul onvermoë om na God te luister. Dit vertel van God se duidelike instruksies... Gehoorsaamheid.

Die teks praat van heen en weer trek tussen land van slawerny en beloofde land.

En ons bid vir reën... so dikwels... en ek lees...

Deut 11...

16“Wees versigtig om nie verlei te word en weg te draai van die Here om ander gode te aanbid nie.17As julle dit doen, sal die woede van die Here teen julle ontvlam. Hy sal die hemel toesluit sodat dit nie reën nie en julle oeste misluk. Dan sal julle gou omkom in die goeie land wat die Here aan julle gee.18Verbind julleself heelhartig aan hierdie woorde van die Here. Bind die woorde aan julle hande as ’n herinneringsteken en dra dit as ’n teken op julle voorkoppe. 19Leer dit vir jou kinders. Praat met hulle daaroor by die huis en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy weer opstaan. 20Skryf dit op die deurkosyne van jou huis en op jou stadspoorte. 21Dan sal julle en julle nageslag lank, so lank as wat die hemel bo die aarde is, kan bly in die land wat die Here aan julle voorouers belowe het.

Ons gooi so dikwels die Ou Testament eenkant... seker omdat ons vrees om bietjie in die bek geruk te word?

Ek het hierdie jaar geleer... as mens gehoorsaam is aan God... is jy geseënd ongeag waar jy woon:
“Jy sal geseën wees in die stad, jy sal geseën wees in die oop veld.


Gehoorsaam wees is nie altyd maklik nie. Nie altyd lekker nie. Nie altyd met vet gesmeer nie.

Daar is soveel mooi beloftes in God se verbond met Sy volk...

“As jy luister na die Here jou God se gebooie wat ek jou vandag gee, as jy hulle gehoorsaam en daarvolgens lewe en nie ander gode aanhang en dien en so afwyk van alles wat ek jou vandag beveel nie, sal die Here jou God jou die kop maak, nie die stert nie, en sal jy altyd bo wees, nie onder nie.
God wil hê Sy kinders moet in selfvertroue kan lewe, gehoorsaam en vol vertroue in Hom.

Deut 28 vers 46 leer ons dat Gebooie tog nog in vandag se tyd as waarskuwingstekens kan dien vir ñ mens se lewenspad...


46
Die gebooie en voorskrifte moet altyd vir jou en jou kinders 'n waarskuwingsteken wees.
47
“As jy die Here jou God nie met vreugde en blydskap dien nie omdat jy baie besit,

En dan, my gunsteling deel... as deel van hierdie gehoorsaamheid... God sê... ons moet Hom met vreugde en blydskap dien!

ñ Dankbare lewe... vir Hom leef! 

♡♡ Mag daar besluite gemaak word die week... op ñ gehoorsame wyse... met vreugde♡♡

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...