Goed, so ek skryf deesdae heeltemal te min.
Miskien steel die stad 'n klein bietjie van mens se siel. Miskien is ek te moeg. Miskien te besig.
Miskien ... miskien ... miskien ...
Ons as mense is heeltemal te bang, te versigtig, te verantwoordelik.
As ek terugdink aan ons avontuur die afgelope jaar... onthou ek min van (die baie) swaarkry oomblikke, en tog baie van al die "rus vir my siel" oomblikke.
En, nou is ek terug in die "rotte-jaagtog" (rat race...) en, ek weet nie eintlik wat ek daarmee wil maak nie.
Waar is my woorde heen?
Die beste deel van my week, is definitief Sondae. Ek is so dankbaar vir die geleentheid om weer lofprysing op so 'n intense vlak te mag ervaar. Ons is nie altyd dankbaar vir ons kerke en ons geestelike leiers nie, ons is nie altyd dankbaar vir daai outjie daar voor in die kerk wat die dromme slaan of die liedjie sing nie. Weet jy hoeveel neem dit om die Here met soveel oorgawe te dien voor duisende ander mense? Dit is op 'n heeltemal ander vlak... ek waardeer dit.
Hier is 'n skakel na Sondagaand se erediens
"Belê in iemand se lewe" (kopiereg NG Moreleta Gemeente)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking