Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Dinsdag 23 Februarie 2016

Soet-suur "issues"

Vandag was 'n soet-suur, ontplof, "PMS" daggie vir my.

In Pretoria was ek een van die rustiger mense wat ek geken het. Ironies. Lyk my plattelandse tipe plekke werk net nie vir my gemoed nie. Soos 'n paljas kombers vol kleure.

'n Dag vol seisoene. 'n Alanis Morisette "Ironic" tipe dag.

Ek het myself baie jammer gekry vandag oor my kar nie kan aanskakel nie. "Renault"het een of ander tipe "kaart" waarmee jy jou motor aanskakel, en myne wil glad nie die kaart lees nie. Ek kan maklik vir 15 minute  tot 20 minute iewers sit met die "card not detected" error. Nou ja, as mens so baie goed op jou "mind" het, en op +1 tydsone werk (ek oordryf dalk bietjie maar dit voel letterlik of my dae 'n uur iewers weg het) en Windhoek is so warm soos die hel self; dan is 15 min sit sonder air-con hier, en 15min daar en 20 min hier, en 5 min daar .... genoeg om mens mal te maak ... en dit gaan nou al rukkie so aan.

Alles kos mos baie geld om te "fix". Alles. En ek is mos nou werkloos. Vryskud-werker. Huis mamma. Blogger. Dromer. Skoonmaker. Kosmaker. Fixer.

Nou ja, vandag kom en "genoeg is nou genoeg". En daar kom die soet-suur toe ook sommer (en nee, ek verwys nie na stir-fry of sous nie).

Ek het in my woede-uitbarsting besluit ek gaan niemand seermaak nie, ek gaan nie van 'n berg af spring nie, ek gaan nie myself verloor (verder) nie. En toe kom dit, die foon, hy trek laat hy waai, en hy is flenters. Bye-bye "instant, digital communication". Net so. Genoeg is nou genoeg.  SUUR - vreeslik suur.

Hierdie selfoon het al alles oorleef. Selfs twee kleuters. Maar, nie my nie.

En, bye-bye kaart, daar vlieg hy ook. Die kar wil "any way" nie aanskakel nie. Genoeg is nou "nogsteeds" genoeg. En. Raai wat? Daar werk hy. Soos 'n "genuine" wonderwerk. Hy werk! En ons stop. En skakel weer aan - en hy werk. En ons stop weer- en skakel weer aan - en hy werk! Dis nou SOET.

Nou ja, dis nou soet-suur sielkunde. More skyn die son weer.


Alanis Morisette Jagget Little Pill - 1995

"Ironic"
"An old man turned ninety-eight
He won the lottery and died the next day
It's a black fly in your Chardonnay
It's a death row pardon two minutes too late
And isn't it ironic... don't you think

It's like rain on your wedding day
It's a free ride when you've already paid
It's the good advice that you just didn't take
Who would've thought... it figures

Mr. Play It Safe was afraid to fly
He packed his suitcase and kissed his kids goodbye
He waited his whole damn life to take that flight
And as the plane crashed down he thought
"Well isn't this nice..."
And isn't it ironic... don't you think

It's like rain on your wedding day
It's a free ride when you've already paid
It's the good advice that you just didn't take
Who would've thought... it figures

Well life has a funny way of sneaking up on you
When you think everything's okay and everything's going right
And life has a funny way of helping you out when
You think everything's gone wrong and everything blows up
In your face

A traffic jam when you're already late
A no-smoking sign on your cigarette break
It's like ten thousand spoons when all you need is a knife
It's meeting the man of my dreams
And then meeting his beautiful wife
And isn't it ironic...don't you think
A little too ironic...and, yeah, I really do think...

It's like rain on your wedding day
It's a free ride when you've already paid
It's the good advice that you just didn't take
Who would've thought... it figures

Life has a funny way of sneaking up on you
Life has a funny, funny way of helping you out
Helping you out"
http://www.azlyrics.com/lyrics/alanismorissette/ironic.html


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...