Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Dinsdag 30 Augustus 2016

ñ Vriend van Jesus?


Word jy herken as een van Jesus se vriende?

Hulle is ook herken as manne wat saam met Jesus was.

... Handelinge 4:13

My gedagtes haak vas by hoofstuk 4 wanneer ek deur Handelinge lees.

Lees dit weer, en weer.

Beskou as een wat saam met Jesus was...
kan jy jou indink dat dit jou getuienis is? Wow...

Natuurlik in hierdie konteks, beteken die woorde... dat die mense Petrus en Johannes dopgehou het en oor hul bediening hulle letterlik (h)erken het as dissipels van Jesus. Hulle (h)erken hulle as mense wat jare van hul lewe in noue vriendskap saam met Jesus self deurgebring het.

Maar ek glo ons het die geleentheid as kinders van God om 'n soortgelyke erkenning te geniet.

Het jy al ooit daaraan gedink? Het jy al die maniere wat Jesus ons geleer het om te lewe beskou? Wanneer ons is lief vir ons bure en ñ nederige pad saam Hom stap, wanneer ons sagmoedige en rein van gees optree, wanneer ons die ekstra myl loop, streef na ñ suiwer hart, en gee aan diegene in nood sonder om te skroom, wanneer ons is lief vir ons vyande en  vurige geloof lewe. Dan, wys ons wel... dat ons saam Jesus was.

Wanneer mense sien waar ons optrede werklik vandaan kom het hulle die kans om ons te erken as dié wat saam met Jesus was.

Ek lewe nie altyd so mooi nie. Dit breek my hart om te sê, maar dit is waar. En ek is seker ek is nie alleen in daardie belydenis nie.

Wat gebeur as ons vir ons self bietjie hoër standaarde stel? Ons self uitdaag om beter te lewe, te lewe vir Hom? Hoe sou jy optree as Jesus saam jou geloop het? As hy saam jou uit was gisteraand? As hy saam jou ñ probleem moes uitsorteer? Sou jy kalmer gewees het? Vriendeliker? Mooier woorde gebruik het?

Wel, Hy is... altyd daar. Waarom lewe ons dan nie so nie? Waarom vergeet ons Hy is daar?

Wat gebeur ... as ons kies om op so 'n manier te "operate" dat die mense rondom ons, ons as mense wat saam met Jesus was ... kan herken?

Ek weet nie van julle nie, maar ek wil dit as my getuienis hê... soos die dissipels. Ek wil getuig dat dit die hoogste erkenning van my lewe was.

Selfs meer as om vrou vir my man te kon wees of ma van my kinders of dogter van my ouers... selfs meer as enige professionele titel.

Ek wil geken word ​​as een wat saam met Jesus was.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...