Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Dinsdag 29 Maart 2016

Die Kleed

Elijah. Elisa.

Ek eindig die laaste ruk sonder beplanning baie by hulle. Ek probeer nog verstaan hoekom.

Lees net gisteraand vir my rooikoppie uit sy Bybel hoe Elisa gevra het God moet Hom krag gee en by hom wees soos vir Elijah/Elia. Hoe Elia se lewe geneem is en die kleed op einste Elisa se skouers geval het (deur God geplaas is). Dubbele blessings.

So is elkeen van ons ook dubbel gebless, deur God se liefde en genade en vrede en beskerming ... en, en, en ... as ons dit vra; maar ook deur Sy Heilige Gees en Sy Verlossingsdood en Opstanding. Wat ñ pragtige kleed.

En hier kry ek vanoggend ñ e-pos vanaf Proverbs 31 wife met dieselfde teks en ook ñ ma se storie oor die kleed wat ons as ma's /vrouens dra (lees gerus hier):

Wearing Motherhood Well -

http://aproverbs31wife.us6.list-manage.com/track/click?u=a677f6d7c454665141fd1c682&id=846f4b7cef&e=1519711a1b

Maar, hierdie teks is beslis nie beperk tot Ma's nie.

Almal van Ons. God se Kinders.

Hierdie kleed wat ons omvou. Hy is tog altyd om ons skouers, nie waar nie?

Hoe dra ons hom? Met suur gesigte? Met tantrums? Ondankbaarheid? Afguns? Gierigheid? Selfsug? Snobbisme? Onwilligheid om te help? Skinderstories? Blaam speletjies? Leuens? Ontrouheid? Afbrekende woorde? ....

Of, dra ons hierdie kleed soos Jesus die Kruis gedra het?

Met Liefde.

{Liefde. Geduld. Vriendelikheid. Ondersteuning. Getrouheid. Dankbaarheid.....vrugte dra}

Ons is vrygespreek en vergewe deur die Kruis. Mag ons elke dag ons kleed met een groot glimlag dra.

Al voel dit soms hoe seer, hoe swaar.

Jesus was ook al daar.

{TG}

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...