Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Woensdag 30 Maart 2016

Wanneer jou dag sommer net "gagga"begin...

Ons almal het daardie dae ... jy word wakker en het 'n vreemde gevoel dat vandag nie die gelukkigste van dae sal wees nie. Jy druk "snooze" te veel kere en nou het jy nie tyd om te stort nie, of jy mis jou alarm heeltemal. Jy kry jouself uit die bed gesleep en val oor 'n skoen of speelding. Daar is geen warm water oor in jou stort nie. Jy mors jou koffie, en al die padvarke kry jy op jou pad werk toe. Of soos met my vanoggend, my kind piepie my hele broek nat.

Dit is 'n sneeubal effek en as ons toelaat dat die ketting van slegte oepse voortgaan, sal dit ons hele dag verwoes.

Hier is: hoe om 'n dag wat heeltemal verskriklik begin... te verbeter.

1. Skep asem en raak kalm:

Bel jou ma, beste vriend, of kollega en praat oor alles wat gebeur het. Begin die gesprek met "Goed, ek moet net 3 minute neem om te "moan" oor my oggend en dan kan ons praat oor iets wat 'n bietjie meer positief is. " Op dié manier, sal jy nie bekend staan as die irriterende vriend wat al die tyd kla nie. Net om uit jou woede te kom help baie anders manifesteer dit deur die hele dag. Ook, as jy "vent" kan jy besef dat dit nie so erg is nie.

2. Bederf Jou:

Wat sal jou beter laat voel? Vind jou vinnige "pick-me-up" en doen dit so gou as moontlik. 'n Stappie deur die kantoor weg van jou lessenaar, 'n duur koffie wat jy nooit kry nie, want jy weet dit is duur, 'n stukkie van die sjokolade, 'n mooi gesonde middagete by jou gunsteling restaurant. ñ Nuwe paar skoene. Elkeen het die dinge wat hulle beter laat voel. Vind jou ding en doen dit onmiddellik om aan jouself 'n paar positiewe gedagtes te gee.

3. Wees jou eie stem van Rede

Hierdie stap kan vereis dat jy jouself 'n bietjie om moet praat. Nadat jy afgekoel het en jouself 'n rede gegee het om 'n bietjie gelukkiger te voel, neem 'n oomblik om te besef hoe dankbaar jy is dat daardie klein gebeurtenisse, die enigste slegte dinge is wat vandag met jou gebeur het. Trap op speelgoed - jou kind sin? Dit beteken dat jy 'n familie het en 'n gesonde, gelukkige kind met 'n aktiewe verbeelding wat jou liefhet.

Koffie gemors? Miskien was dit nie die regte "outfit" vir daai belangrike vergadering nie...

Ek verstaan ​​dat sommige dae is daar 'n paar  nadelige dinge wat gebeur en dankbaar voel is die laaste ding wat jy wil doen. Probeer dit tog. Ek belowe dit sal help.

4. Visualiseer die res van jou dag

Jy weet waarskynlik wat gaan die res van die dag gebeur op jou skedule. Soms nie. Waar moontlik, maak 'n lysie van elke vergadering ... hoe jy huistoe ry van die werk af... of enige ander beplande gebeurtenis. Visualiseer dit dan vooraf. Maak dit aangenaam in jou geestesoog. Senuweeagtig oor 'n aanbieding? Visualiseer jouself - dat dit pret is - en beïndruk almal in die kamer. Wanneer jy dit doen, leer jy ​​jou brein dat dit wel moontlik vir jou is om 'n ongelooflike res van jou dag te kan hê, want jy kan alreeds gesien dat dit gebeur!

5. Glimlag

Ek is seker jy het dit al baie voorheen gehoor. Glo dit of nie, 'n nagebootste glimlag maak jou wel outomaties gelukkiger. Ek sê nie sit op jou lessenaar met 'n grillerige glimlag op jou gesig nie... hahahaha... nee, probeer net om te glimlag vir die volgende persoon wat daar verbyloop. Vra die persoon wat jou koffie bring of kruideniersware dra hoe hul dag gaan. Dit is bietjie afleiding van die goed wat jou pla.

Dit is "ok" om jammer vir jouself te voel vir 'n oomblik, en ek besef dat dit sommige dae moeilik is om op die positiewe te fokus. Onthou net dat jy as mens... mamma/pappa/vrou/man/ouma/oupa wat ookal jou titel of rol is... dit soms nodig kry om tot stilstand te kom. Die rooi ligte is soms tekens dat mens net ñ breek moet vat...

Soms het ons nodig om tuis te bly met ons siek kinders, sodat ons 'n bietjie ekstra tyd spandeer saam met hulle.

Vertel jouself die tipiese "alles gebeur vir 'n rede"storie... DIT is 'n verbasende goeie manier om jou emosies beter te verstaan, ​​en regverdig ons slegte tye.

Het jy 'n spesiale manier om jou "slegste" dag te draai?

Deel dit gerus met my ... by die ♡Comments♡

{TG}

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...