Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Sondag 06 Maart 2016

"Sad" vir my "Dad"

Daar word gesê mense hanteer hartseer of trauma -wat deesdae die "fancy" woord is op verskillende maniere. Feite. Maar, om 'n geliefde te verloor bly maar seer, maak nie saak wat jou styl is nie. Daardie persoon is weg. Klaar.

Geen briewe. Geen boeke. Geen oproepe. Geen braai-kuiers.

Hartseer doen verskillende dinge - dit laat jou ophou eet, meer eet,  naar, moeg, siek, lam. Histeries. Verslae. Meer huil. Minder huil.
Onthou wat jy al vergeet het, en selfs vergeet wat jy onthou het. Dit laat jou minder voel en meer voel.

Maar, hartseer laat jou ook besef. Besef, hoeveel jy het om voor dankbaar te wees, wie belangrik is in jou lewe en wie net jou tyd mors. Wie jou liefhet en wie jou nodig het. Besef, hoe geleend, tyd is. En hoe ver God se genade strek. Dit laat jou nuwe geleenthede kweek en dwing jou om tog positief te bly. Geluk in jou ongeluk te vind.

Hartseer laat jou groei, en tog, al wil jy dit nie erken nie doen dit jou soms goed.

DIE BONUSJAAR.



*Elke sekonde tel*

*Elke sekonde tel*

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...