Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Sondag 14 Augustus 2016

Hardloop jou "megabytes" uit?

Ons woon in ń huis wat met koopkrag (prepaid) meters werk...

My seun, Jewan (5), is nogal ń bekkige outjie. Té bekkig.

Ek lê in die bad, hy klop aan die deur en sê ek beter nou gou klaar bad... want hy wat Jewan is gaan die lig afsit... want die "megabytes" is amper klaar...

Kan so lekker lag vir die onskuldige kinderlike wyshede.

Dis Augustus-maand... ons almal is op ons mid-winter "blues". Hardloop jy dalk ook vandag uit "megabytes" uit?

Het jy al die vreugde en vrede in jou hart ervaar wanneer God jou nuwe krag gee?

Kyk wat sê God vir ons, ñ boodskap so spesiaal en direk, in 1 Petrus 5 vers 10:

"God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.

Mag God jou nuwe krag gee, vir die volgende seisoen in jou lewe.

Mag hierdie lente-seisoen vir jou... net liefde, vreugde en vrede inhou. Net, uit-die-maag lag oomblikke, en soete herinneringe van die geliefdes wat jou moontlik reeds verlaat het.

Geniet ñ wonderlike week. Drink daai ekstra koppie koffie... die lewe is kort.

Blessings
♡TG♡

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...