Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Sondag 21 Augustus 2016

Watter waarborge is daar in die lewe?

Hierdie eén lewe op aarde bied nie baie waarborge nie. As dit maar was soos wanneer jy iets gaan koop... en jy kry ñ twee jaar waarborg... of jy betaal ekstra vir daardie verlengde waarborg tydperk.

Maar, dit is nie.

Benjamin Franklin, een van die stigters van Amerika en bekende skrywer en politikus het die volgende stelling gemaak:

 “In this world, nothing can be said to be certain, except death and taxes.”

Dood en belasting.

Ek is ñ Christen... en dit bring vir my gerusstelling oor iets in hierdie wêreld... meer as net dood en belasting.

Ek weet verseker dat Jesus lééf...

... ek weet verseker dat Hý my reeds gered en vrygespreek het.

Ek weet elke oomblik is ñ genade-geskenk.

Ek weet dat die liefde wat ek nou op aarde ervaar in my familie en vriende... dat ek dit ontelbaar meer in Christus sal ervaar wanneer ek op ñ dag hierdie wêreld sal verlaat. Ek sal hulle nie hoef te mis nie... want ek sal hulle deur Hom ervaar, waar ek by Sy voete gaan sit.

... laaste, maar... die belangrikste... ek weet dat God my liefhet. Elke liewe dag en nag... en daarna.

Daar is soveel meer waarborge in Christus... as net dood en belasting.

Geniet jul Sondag.
Tersia

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...