Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Maandag 08 Augustus 2016

♡Grondpaaie in die lewe...♡

"Grondpaaie in die lewe..."

Soms stuur God jou op grondpaaie... waar jy mense ontmoet wat dink hulle het alles, wat dink, hulle is allles.

Mense wat "invincible" is... mense wat nie besef hoe ver hul werklik van God af is nie, hoe ver hul werklik van "lewe" af is nie.

Jy mag finansieel goed doen, jy mag blessed wees. Maar, as jy lewe met oogklappe oor die seer en swaar om jou, as jou potjie aanhou voller word, raak jou hart al hoe meer leeg. As jou potjie oorlopens toe vol is... wat dan? Het jy bietjie uitgedeel om jouself nederig te hou? Of, het jy wel uitgedien... maar, net waar dit vir jou "gemaklik" was.

Gee jy... vir goeie sake .... wat jou reputasie bevoordeel. Terwyl, daar onder jou neus, tussen jou eie, seer en swaar is, wat jy doelbewus ignoreer?

Soms stuur God jou op grondpaaie... waar jy hierdie mense ontmoet. Raakleef. Waar hierdie mense jou moontlik ook benadeel, moontlik ook probeer seermaak, gebruik. Het jy moontlik al soveel blessings opgegee om hierdie mense tevrede te hou... omdat God sekere verantwoordelikhede op jou pad geplaas het, en jy gehoorsaam moet bly aan die verantwoordelikhede?

Wanneer die situasies jou mismoedig maak... onthou, mense kan jou seermaak met woorde, met aksies. Jou aardse lewe kan hulle baie skade aanrig. Maar, hulle kan niks aan jou doen nie, want vir jou ewigheidslewe is jy,my vriend, reeds gered.

So, terwyl jy op hierdie grondpad reis, en omring is deur "blinde vriende" ... bid vir hulle. Bid vir hulle dat harte van klip, harte van vlees sal word, bid ... om beter te verstaan waarom hulle die dinge doen wat hulle doen. Bid dat hulle oe sal oopgaan vir die waarheid. Dat God se Liefde hulle harte so sal vul, dat hulle net elke dag in Sy Wil sal beweeg. Alle besluit, binne Sy wil sal neem. Bid, elke dag. Bid vir vergifnis en genesing in die harte van mense, wat deur "blinde mense" seergemaak en tenagekom is.

Maar, wees versigtig... moenie self blind of bitter word nie. Lewe met 'n oop hart, en oop oe. Sien seer en swaar om jou raak. Sien liefde om jou raak. Seg elke dag asseblief en danke. Dink voor jy iets spreek (hierdie is ook belangrike les vir my), dink voor jy iets dink (nee, ek is nie mal nie, dit is regtig so.... dink voor jy dink). Lewe eenvoudig, wees dankbaar. Glo altyd in jou Skepper. Wanneer dit amper onmoontlik raak... glo nogsteeds. Waardeer familie en vriende en ook vreemdelinge op jou pad gestuur. Lag baie. Vergewe baie. Beweeg aan, baie. Wees vriendelik, maar bly tog gegrond in jou waardes (ferm). Wees opreg. Wees altyd jy.

En, kyk rond. Is die persoon langs jou dalk vandag siek, of honger? Hartseer? Het hulle iets nodig? Waarmee kan jy help.

Charity begins at home. Then next door, then a block away, then two blocks, then at work, then on your way home, then ... where it was not asked for, but really needed.

Wanneer jou grondpad vir jou te lank raak. Vra, ja... jy mag vra. Vra, vir nuwe krag. Vra, vir God se Wil. Hy... hou Sy beloftes. Altyd.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...