Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Donderdag 18 Augustus 2016

Opportunity? Geleentheid?

"Opportunity"... al ooit gewonder hoekom dit so ñ vreeslike lang woord is? Die Afrikaanse weergawe beskryf dit nogal mooi "geleentheid"... iets wat aan jou geleen is.

En soos dit in Engels gesê word... "with great gift comes great responsibility."

Is dit dalk hoekom mens bang is om nuwe geleenthede aan te pak... die gedagte dat dit groot verantwoording gaan kos?

Of... dink jy anders daaroor... "Moenie dink nie, doen net".

Ongelukkig, werk die lewe nie altyd so maklik nie... hoe ouer jy raak hoe meer verantwoorselikhede dra jy... hoe minder kanse waag jy.

Ek glo ñ geleentheid is net ñ geleentheid as dit van God af kom.

En tog, so min ken ons God werklik in ons besluite. Ons vra hom... maar wag ons vir die antwoord... soek ons Sy doel met ñ passie? Of is ons louwarm op die grenslyn van ons eie lewens?

Jesus Christus het ons vrygespreek. Hy het die werklike prys betaal sodat elkeen van ons die geleentheid het om te kan lewe, te sterwe, en weer te kan lewe. Vir ewig.

Sy lewe verloor. Vir ons.

Wat doen jy met daardie geleentheid wat hy vir jou gekoop het aan die kruis?  As jy dink aan die pad wat Hy gestap het... dan, dink jy mooi oor jou pad. Wees suinig... moenie jouself maklik weggee vir geleenthede wat nie opbouend is tot God se Koningkryk nie.

En... wees oop... vir geleenthede wat ñ verskil maak. Wat moontlik nie maklik is nie... maar wel moontlik is. Vertrou.

Moenie vasgevang raak in spinnerakke wat jou visie toe weef nie.

Leef elke oomblik raak. Dit is "geleentheid"!




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...