Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Sondag 19 November 2017

Swak, swakker, swakste...?

As jy swak is.

Ek is vandag hier om jou op te tel.

Nee, ek het ongelukkig nie superkragte nie. Ek is ook nie ñ engel nie.

Maar, ek is hier.

Terwyl ek hier is kan ek twee goed vir jou doen.

Ek kan vir jou hoop gee deur die boodskap wat ek vandag bring. Ek kan saam jou bid oor die uitdagings waarmee jy gekonfronteer word.

Die lewe is ñ morsige storie.

Ja, daar is baie mooi tye. Dit keer egter nie die realiteit van swaar tye nie.

Soms lyk jou omstandighede anders as wat God se beloftes lyk. Wat nou?

Jy word hartseer. Jy is kwaad. Jy verstaan glad nie.

Ek het al baie so gevoel. Kwesbaar. Kwaad vir God. Lief en kwaad gelyktydig, kan dit wees?

God het my egter baie geleer tydens my omstandighede. Jip, jy hoor reg... gedurende my moeilikste tye... was God my Leermeester.

As ek net alles kon kry wat ek wou hê in die lewe, ñ "quick fix" vir elke seerkry, vir elke probleem... wie sou ek vandag wees? Watter diepte sou my hart hê? Hoeveel begrip en deernis sou ek dan kon wys vir ander mense wat swak is?

Ons glo dalk dit is. Maar, ñ wonderwerk is nie altyd die antwoord nie.

In ons swakheid weerspieël daar soveel meer van God se sterkte en Sy krag deur ons.

Indien jy tans in ñ tydperk van seer is, ñ tydperk van worsteling en van twyfel... gaan lê jouself by Jesus se voete neer. Moenie aarsel nie. Hardloop in Sy arms in. Hul is wawyd oop om jou te ontvang. ñ Hemelse Pa se arms is altyd oop.

Dit lyk of voel dalk nie nou so nie, maar God se Beloftes is Waar en Ewig.

Lees asb. 2 Korintiërs 12.

Ek deel graag veral vers 9 met jou:

"1. Om te roem, het wel geen sin nie, maar terwyl dit dan nou moet, kom ek by gesigte en openbarings wat die Here gegee het. 2.  Ek ken 'n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit. 3-4. Ek weet ook dat hierdie man weggeruk is na die paradys toe. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit. Daar het hy woorde gehoor wat 'n mens nie kan of mag uitspreek nie. 5. Oor hierdie man sal ek roem, maar nie oor myself nie, behalwe oor my swakhede. 6. Al sou ek wil roem, sal ek tog nie dwaas wees nie, omdat ek die waarheid sal praat. Maar ek weerhou my daarvan omdat ek nie wil hê dat iemand aan my meer moet toeskryf as wat hy my sien doen of my hoor sê nie, 7. selfs nie vanweë die verhewenheid van die openbarings nie. Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. 8. Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. 9. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 10. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk."

{TG}






Saterdag 18 November 2017

Saai woorde vol liefde...

Ek kyk na ñ heruitsending van die Jurassic Park: Lost World film. Ek trap Steven Spielberg saggies uit in my gedagtes (goed, miskien hardop ook so een of twee keer). Tog hou ek nié op kyk nie. Die nuuskierigheid was seker groter as die vrees. Elke keer as mnr. of mev. "T-Rex" hul tande in ñ menselyf inslaan krul ek op soos ñ bang klein dogtertjie. Die koppe waai letterlik. Dis ñ brutale affêre.

Maar "T-Rex" is nie alleen skuldig nie. Eet ek nie baie kere ook mense op met my woorde nie? Laat my woorde nie ook soms soos "T-Rex" die koppe waai nie? Ek is baie seker dat ek al groot happe uit naastes se menswees gevat het wanneer ek nie mooi besin het oor my woorde nie.

Alhoewel dit waar is en ek natuurlik spyt voel oor die groot happe, besef ek ook, dat my tong wel 'n pragtige deel van my menslike anatomie is. Jy sien daardie eindste tong oefen ook om voortdurend opbouende woorde te saai. Woorde wat oes sal lewer in mense se lewens.

Iemand het eens gesê dat ondeurdenkte woorde twis veroorsaak, wrede woorde lewens uitmekaar kan ruk, tydige woorde spanning kan verminder, maar die "ultimate" dat ñ liefdevolle woord sal genees en seën.

Ek wil myself en ook vir jou vandag uitdaag. Laat die liefdevolle woorde vol vanuit jou hart vloei. Vandag is hier. Vandag sal nooit wéér kom nie. Wees vandag ñ seën vir iemand deur jou woorde.

Ephesians 4:29 - "Do not let any unwholesome talk come out of your mouths, but only what is helpful for building others up according to their needs, that it may benefit those who listen."

TG.








Donderdag 05 Oktober 2017

Kyk verby die "wie" en "wat". Fokus op die "hoekom".


Ons raak meestal so vasgevang in die dag se gebeure en roetine dat ons dikwels nie die tyd neem om te dink en te reflekteer nie.


Dit is dalk vir ons belangrik on te vra "wat" ons doen, maar nie so belangrik soos om te vra "hoekom" ons dit doen nie.

As jy weet hoekom het jy rede om op te staan, rede om aan te gaan, rede om deur te druk. 

As jy weet waarom jy doen wat jy doen, Dan weet jy presies waar jou passie gesetel is.

Waarom doen jy wat jy doen? Is dit omdat jy ñ passie het vir mense? ñ Toekoms will bou vir jou kinders? Mense will bewusmaak van ñ probleem?
Die vreugde is nie geanker in die "wat" jy doen nie (jy kan ñ tuisteskepper, skoonmaker, onderwyser, prokureur wees)... dit dra geen waarde. Dit dra eers waarde wanneer jy jouself vra "hoekom" doen ek dit?
ñ Duidelike "hoekom" gee jou rigting in jou lewe en in jou werk in alles wat jy doen.
Wat is jou "hoekom"? Ons elkeen s'n verskil.

Dinsdag 11 Julie 2017

Liewe Blog.."Ek wil my skoene uitskop en tussen die daisies dans."

Liewe Blog,

Vanaand skryf ek om vir jou te sê:

"Ek wil my skoene uitskop en tussen die daisies dans."

Hoe doen ñ mens dit alles? Ons is mense in verskillende beroepe, groottes, vorms, kleure en scenarios. Soos ñ pakkie "jelly beans" of "liquorice all sorts".

Ek wil emosioneel raak as ek besef hoeveel voorregte ek vandag in my lewe het. Pragtige kinders, mees belangrik ñ eggenoot wat my bystaan en liefhet en finansieël bydra.

Maar dis nogsteeds moeilik. Die dae is so vol, die ure so min. Mamma-wees tyd is ingeperk teenoor al die ander verantwoordelikhede. Vrou-wees tyd. Tussen wasgoed, natgepiepsde kleuterklere, plastiekpoppe wat die vloere vol lê, tekkies vol sand en al die nuutste seuntjie giere... ja, "spinners" en "gadgets" en "games", huiswerk en vakansie wat nie werklik vakansies is nie, want kinders moet skoolgaan as mammas werk... tussen kos en sosiale media en navorsing en verslae en probeer onthou wanneer laas het ek met my eie ma gepraat... en het ek die melk in die yskas gebêre... wonder ek, ek wonder...

"Ek wil blomme pluk en die son op my gesig voel skyn".

... hoe? Hoe kry die mammas met drie of meer kinders dit reg? Die wat voltyds werk en pappa werk weer oorsee? Die wat enkelouers is? Hoe kry hul dit reg?

Stop.

"Ek wil die reëndruppels op my arms voel neerplons en met oorgawe hardloop".

Maak dit regtig saak? Maak dit saak as die pap spreekwoordelik op die vloer beland? Maak dit saak as ons soms ons koppe verloor? Maak dit regtig saak as jy môre daai sperdatum mis? As jou broek skielik nie meer wil vas nie? Jou nuwe sykouse ñ gat in het?

Ja. Ja, dit doen.

"Ek wil in die rondte tol".

Maar, nie genoeg nie. Dit maak nie genoeg saak nie.

Hoekom nie?

Dit dra geen ewigheidswaarde nie. Realiste mag dalk dink dis ñ idealistiese opmerking. Dalk is dit.

"Ek wil lag, en lag, en lag. En, nooit ophou nie."

Wat belangrik is, is nou. Die oomblik, die spesifieke sekond. Ek kan jou nóu vashou. Nóu troos. Nóu aanmoedig. Nóu liefhê. Nóu saam jou lag. Nóu na jou luister. Dis al wat tel. Liefde is altyd beskikbaar om uit te deel. Die hart het nie sperdatums nie. Ons moet ons sekondes reg benut. Realisties genoeg? Tog, doen ons dit nie, né?

"Ek wil op die sagte groen gras neerval en om en om en om rol tot ek onder kom en stop."

Liewe Blog, ek skryf net om vir jou te sê...

"Mag ek en elkeen wat hier lees die vreugde van kind wees altyd onthou en herontdek. Sodat ek en jý met die hart van ñ kind deur die lewe kan gaan."

♡TG♡

Vrydag 31 Maart 2017

Vernuwe jou lewe. Nóú.

Uit met die oud. In met die nuwe.

Welkom by die nuwe voorkoms van my skribbelblad.

Ek het lanklaas my hart en siel op my blog vasgevang.

Maar, vanaand maak ek tyd. Ek wil graag iets waardevols met jou deel.

Hierdie was ñ bonatuurlike goeie week.

Ek het so baie geleer.

1. Laat gaan, laat God (sjoe dis nie maklik gewees nie)

2. Daar is altyd hoop.Tot wanneer jy voel daar is nie.

3. Dank God vir jou blessings klein en groot. Pas hulle op. Maar,

4. Gee - gee soveel wat jy kan...

Wat gee jy? Wát ookal jy het (of nie het nie).

Soveel dinge gebeur, en ek weet dis nié ons goeie werk nie, ons is net instrumente.

My gebed vir jou vir vernuwing is dat jy jou hart vry sal stel sal toelaat om te laat gaan van seerkry, van bekommernisse. Meer belangrik dat jy sal weet God sien die hele prent, jy sien net die huidige bladsy.

Hoe meer ons dankbaarheid wys en uitspreek hoe meer leer ons van dankbaar wees.

God beplan vir jou voorspoed. Sien dit, glo dit en dank hom daarvoor. Jy sal eendag die hele prent sien.

♡TG♡


Woensdag 01 Februarie 2017

Reuke van ñ merkwaardige man

Wat het jou neus met liefde te doen?

As jy iemand lief het ruik jy hulle tot in jou menswees.

Die reuk van ryp mango vrugte, bring my terug tot by Pa. Mes in die hand, moet ek regtig vir jou ook een skil? Goed, maar die tweede een skil jy self.Die soet reuk van ringetjies tjips...  herinneringe aan kos karretjies en kiosks lank terug.Die aanloklike aroma van biltong met ñ vetjie, of anders daarsonder, hoe mens dit met valstande moet eet, kan jy net wonder.Uie, knoffel ... gemeng met Black Label. Niemand wil té naby kom, nie eens die duiwel. Die geur van sonneblomme, vars gepluk langs die pad. Dit is alles die reuke van ñ merkwaardige man. My Pa.

Woensdag 04 Januarie 2017

2017 - Verander jou lewe só!


2017 - Verander jou lewe só!

Begin met die klein goedjies. Doen dit noú! Hier is 21 sinvolle idees:

1. Glo jy is goed genoeg. Altyd!

Glo in Jouself. Altyd. Beweeg eerder met selfvertroue en moenie jouself onnodig uitstres nie.

2. Lees etikette op jou kos

Ja dis reg, lees... lees jy instruksies as jy ñ resep volg? Wat van die resep vir ñ gesonde liggaam? Lees wat jy in jou mond instop!

3. Gaan stap (meer)

'n Halfuur ñ dag se stappie kan jou kanse vir hartsiektes, vetsug, beroerte, tipe 2 diabetes, osteoporose en ook sekere kanker verminder volgens die Amerikaanse Hartstigting. En, dit laat jou ook goed voel.

4. Steek jou sweeties en chips weg!

Nee, nié heeltemal... maar bere dit binne die kas waar jy dit nié sien nie. Sonder ñ visuele prent van kos in jou gedagtes.sal jy langer sonder kos kan bly! As jy die sjokolade op die kas los... sê hy vir jou brein "eet my, eet my asb".

5. Maak elke oggend jou bed op.

6. Kla minder, lag meer!

7. As jy nie gemotiveerd voel nie... druk jouself om vir 20 min hard en gefokus te werk! Of, in plaas van om op Facebook te wees of voor die tv te lê bel jou familie of antwoord ñ belangrike boodskap. Dalk is jy nie meer daarna so moeg nie!

8. Doen iets "nice" vir iemand anders.

9. As jy iets koop/kry, gee iets weg.

10. Slaap meer. Slaap op skedule!
7-9 ure per nag.

11. Negatiewe mense om jou? Hardloop! "Pos" hulle! Hou jou afstand!

12. Eet iets voor jy gaan kos koop.

13. Wys elke dag meer dankbaarheid

14. Eet minder suiker!

15. Sit die verlede agter jou. Laat foute gaan! Vergewe jouself en ander!

16. Vervang die woord "okay" met iets beters!

17. Hou dagboek van jou lewe. Tyd vlieg. Reflekteer!

18. Drink water as jy opstaan en gaan slaap.

19. Minder sout op jou kos

20. Stop. Dink langer voor jy reageer!

21. Spandeer meer tyd buite!

Voorspoedige 2017. Have fun!
♡TG♡

Sondag 27 November 2016

Jy is nie gekloon nie. Wees jouself.

Ek dink ons as mense word soms baie seergemaak of negatief deur hoe ander mense teenoor ons optree of reageer.

Ek sê nie jy mag jou maar soos ñ skurk gedra nie, maar wat e k wel wil duidelik maak is die feit dat... as jy jouself heeltyd gaan steur en meet aan ander se grille en giere gaan jy nooit gelukkig kan wees nie.

Dis belangrik om altyd te weet wié jy is; en wie jy nié is nie. Ongeag die weer. Ongeag die "crowd".

Moenie toelaat dat mense jou drome vertrap en afmaak as nietig nie.

God het jou geskape met ñ begeerte in jou hart. Leef Sy droom vir jou lewe. Gee jou beste. Elke dag. Elke sekonde.

Laat dit tel.


Vrydag 18 November 2016

Drolle, trolle en snolle in die drinkwater!

Die wêreld is vol snaakse mense.

Jip.

Die meeste mense wat ek al ooit ontmoet het is nice. Ons familie en vriende is regtig almal great mense. Ons is so gelukkig. Goed.

Maar kry jy dié mense... die minderheid-spesie.

Ongeskik?
Agteraf?
Skinderbekke?
Onbehulpsaam?
Oordeel alles?
Demanding?
Glad met die mond?
Kyk waar hul ander kan verkleineer
Raak verbaal "abusive"

Dit breek my hart. Laat my bloed kook.

Mnr... Mev.... hoe sal jy voel as mense so met joú maak?

Waar het jy geleer dat dit okay is om so met ander mense te maak?

Dis soms moeilik om te bid vir jou naaste as jy met sulke challenging mense op jou hande sit.

Ek lees vandag ñ belangrike artikel... die skrywer sê.... lang storie kort... behandel ander soos jy graag behandel wil word.

En, elkeen het ñ geveg. Wees níce.

Bid vir ñ kalm gesindheid sodat jy met hierdie minderheid "knorpotte" ook simply níce kan wees!

Donderdag 10 November 2016

Nog ñ dankbare dag

Ek is alewig vies vir die kar.

Hy is oud.
Hy is nog nie afbetaal nie.
Hy breek.
Hy kos baie geld,geld,geld... heeltyd.

Ek werk in ñ bemarkingsafdeling by ñ welsynsorganisasie.

Vandag toe ek huistoe gaan stop een van die inwoners my en vertel my hoe mooi my kar is. Sy vertel vir my dat sy mal is oor my kar vandat sy hom die eerste dag wat ek daar inry gesien het. Sy gaan verder... dis haar droomkar.

En my hart smelt.

Ek is so ondankbaar! Hier praat ek elke dag van dankbaar wees, en kyk hoe lelik ondankbaar is ek! Sies!

Ek ry huistoe in my 2006 model karretjie... met ñ nuwe smile op my gesig, asof ek hom nou net uit die boks gekry het, met ñ nuwe strik op.

♡♡ Want, ék is baie blessed ♡♡

Woensdag 09 November 2016

Almal veg die hardste

Almal veg ñ groot geveg. Ons elkee met ander omstandighede, ander probleme, ander maniere om met probleme te "cope".

Waar daar min of selfs geen hoop is nie wil ek vandag sê... aanhouer wen.

Veg die geveg soos ñ dapper soldaat. Soldaat van vrede. Gewapen met God se wapens... kalmte, geduld, liefde, selfbeheersing...

Dit is nie altyd maklik nie. Ek sukkel gereël.

In ñ gebroke werêld is al wat vir ons oor is om te GLO!

Om altyd positief te wees, te spreek... ongeag die omstandighede!

Maar hoe?

... deur jou denke positief te hou!

Jaag weg daai slegte stoute duiwels in jou kop. Kies POSITIEWE gedagtes!

♡♡♡

Dinsdag 08 November 2016

Hallo julle! ♡Waar was ek?♡

Ek mis regtig my blog. My crowd. My lekker artikels.

Maar, om vir welsyn te werk is nie vir sussies nie. .. en daar is mense wat my nodig het.

So leer ek ook nuwe dinge van geduld, van meer doen met minder, van behoefte.

Van God se seën.

Mag jou week "gatskop" wonderlik wees!

♡TG♡ 

Maandag 31 Oktober 2016

Vertroue is ñ "eina" woord

Vertroue.

Soms ontmoet jy net iemand en maak nie saak hoe hard jy daardie persoon probeer vertrou nie, hul aksies maak dat jy die heeltyd twyfel.

Die opregtheid ontbreek. Daai tipe persoon wat soos ñ kletterende blik bord is... en almal se sake is almal sin. Soms is die intensies goed, maar die respek vir privaatheid bestaan glad nie.

En dan weer, die persoon wat soet stories het, een mooi belofte op die ander. En wanneer dit aksie-tyd is, dan is die druiwe suur dan "backfire" alles.

Of iemand, wat dit nie eers subtiel doen nie, hul breek en verneuk net om elke hoek en draai.

Ek het al geleer om nie sommer mense te vertrou nie. Maar, daar is ook sterre in hierdie wêreld, mense wat jou opreg liefde gee... al verdien jy dit glad nie. Mense wat nie iets terug verwag nie, maar die wêreld ñ beter plek vir hul naaste maak.

As ek nou in ñ persoonlike opset moet dink... dink ek altyd aan my Pa. Hy was beslis nie perfek nie. En gelukkig sê God dat Hy Jesus Sy Seun sien as Hy na ons kyk (as ons kies om in Sy seun Jesus te leef) en nie ons menslike foute nie.

Maar, een ding van my Pa... jy kon met enigiets na hom toe gaan. Hy sou nie dit privaat hou. Hy sou help waar hy kan, en niemand hoef te weet nie.

Dit laat my soveel dink aan ons Hemelse Pappa. Jy kan God vertrou. Met jou hele hart. En niks, sal dit verander nie. God ken jou hart, jou seer, jou struikelblokke, vrese en jou vreugdes.

Hy weet dat alles Okay sal wees omdat Sy seun reeds vir jou gesterf het. En Hy, bewaar jou, jy kan met enige iets na Hom toe gaan. Hý het nie die wêreld se opinie daaroor nodig nie.

Amazing! Ons dien ñ Lewende God.

Amen.




Vrydag 28 Oktober 2016

Should you ever say "no" to awesome opportunities? Yes! But why?

The world constantly tells us how bad it is to be a "quitter"... "don't quit"...

I truly believe one should not give up in life. But, today I opened my eyes to a very important lesson.

You can say no of excellent opportunities. You see, life is all about opportunities, everyone tells you this. Well, to me, life is all about NOT wasting any time :-)

So, I need to be able to say no to excellent opportunities some times, if it steals important time from my children, who I love dearly.

You see, what is more important, than giving your children TIME?

When I find myself dwelling off track from my purpose as a mother and a human being... then I just remember about Jesus and his lesson about the children:

Matthew 19:13-15

Then the little children were brought to Jesus for Him to place His hands on them and pray for them; and the disciples rebuked those who brought them. But Jesus said, “Let the little children come to Me, and do not hinder them! For the kingdom of heaven” belongs to such as these. And after He had placed His hands on them, He went on from there.…

Choose your opportunities wisely. Remember, money and experience are lovely earthly things, but they can never replace the one gift: time.

Maandag 24 Oktober 2016

Ons as vroue

Ek is seker julle het dalk geskok gestaan met die vorige artikels wat ek "geshare" het oor die knaende vrou.

Wat was interessant oor hierdie artikels?


Wel. kom ons kyk, dit is uit 'n man se perspektief geskryf...

Ons wil tog ook maar hulle koppe verstaan soms?

En, alhoewel dit dalk nie altyd waar is nie, is ons almal maar soms bietjie knaend?

Veral, as ons onder druk is.

Vandag wil ek net noem. ek weet dit is nie maklik om 'n vrou te wees nie. En ook nie, om 'n man gelukkig te maak nie.

Ek bid sommer vir jul elkeen vandag, vir kalmte van gees, vir krag, en vir sommer net baie, baie genade van Bo,

Heerlike week aan al my blom-vriendinne.

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...