Vertroue.
Soms ontmoet jy net iemand en maak nie saak hoe hard jy daardie persoon probeer vertrou nie, hul aksies maak dat jy die heeltyd twyfel.
Die opregtheid ontbreek. Daai tipe persoon wat soos ñ kletterende blik bord is... en almal se sake is almal sin. Soms is die intensies goed, maar die respek vir privaatheid bestaan glad nie.
En dan weer, die persoon wat soet stories het, een mooi belofte op die ander. En wanneer dit aksie-tyd is, dan is die druiwe suur dan "backfire" alles.
Of iemand, wat dit nie eers subtiel doen nie, hul breek en verneuk net om elke hoek en draai.
Ek het al geleer om nie sommer mense te vertrou nie. Maar, daar is ook sterre in hierdie wêreld, mense wat jou opreg liefde gee... al verdien jy dit glad nie. Mense wat nie iets terug verwag nie, maar die wêreld ñ beter plek vir hul naaste maak.
As ek nou in ñ persoonlike opset moet dink... dink ek altyd aan my Pa. Hy was beslis nie perfek nie. En gelukkig sê God dat Hy Jesus Sy Seun sien as Hy na ons kyk (as ons kies om in Sy seun Jesus te leef) en nie ons menslike foute nie.
Maar, een ding van my Pa... jy kon met enigiets na hom toe gaan. Hy sou nie dit privaat hou. Hy sou help waar hy kan, en niemand hoef te weet nie.
Dit laat my soveel dink aan ons Hemelse Pappa. Jy kan God vertrou. Met jou hele hart. En niks, sal dit verander nie. God ken jou hart, jou seer, jou struikelblokke, vrese en jou vreugdes.
Hy weet dat alles Okay sal wees omdat Sy seun reeds vir jou gesterf het. En Hy, bewaar jou, jy kan met enige iets na Hom toe gaan. Hý het nie die wêreld se opinie daaroor nodig nie.
Amazing! Ons dien ñ Lewende God.
Amen.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking