Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Vrydag 29 Julie 2016

Die afgelope tyd...

... is moeilik. 

Vir almal.

Siekte

Dood

Onregverdigheid

Stres

Gesondheid

Verandering

Seer

Teleurstelling

Vrees

Skok ...?

... 2016 het sover sy klappe uitgedeel. Daar is so baie mense waaraan ek dink as ek dit sê.

Die ondenkbare is op sommige mense se paaie gestuur. En tog, al is daar omstandighede waarin mens nie sal wil oorleef nie, het ek die volgende gesien...

Mense getuig. Mense pas aan. Mense neem die lewe weer in deeglike oorsig. Mense waardeer mekaar. Mense lief mekaar. En meeste? Ten spyte van hul uitdagende omstandighede... loof en prys mense die Here... meer as ooit!

Hoekom? Omdat Sy woord so sê? Ja... maar ek dink die rede is te doene met die volgende...

Mense ervaar God... skielik, as die wêreld koud en leeg voel... voel God naby. Ten spyte van alles wat ons harte uitruk, alles wat ons verloor... wen ons! Tyd saam ons Skepper. Tyd om te besef. Tyd om te verander... van dink-mense... na doen-mense. Mense wat liefde met hande gee... mense wat "eina" verstaan.

Waarmee ookal jy vandag gekonfronteer word. Wat ookal jy vandag moet "face". Doen dit, met die wete, dat Iemand jou oplig, jou dra. Jou liefhet.

Mag julle elkeen God se Vrede opnuut ervaar vandag.

♡ TG ♡

Woensdag 20 Julie 2016

Goudgeel in die Donker #3

Of jy kom, of jy gaan
of jy sit, of jy staan.

Mag jy bly, moet jy ry?

Vreemdeling, tog al lank bekend
sekerheid word steeds geskend.

Voeg elke oomblik in God se hand
melk en heuning, in Sy land.

Maandag 18 Julie 2016

{God se tyd, is nie noodwendig jou tyd nie}



Ons gaan deur 'n rowwe tyd... dinge rondom visas en permitte gaan nie goed vir ons die laaste ruk hierdie kant nie. Ons moet binne 'n week uit die land wees, en ons wag in spanning op ons antwoord, gaan ons nog langer kan bly, of nie.

Dit is baie stresvol. Mens is ook van nature georganiseerd as dit by jou sake kom(alhoewel ek en my man nog nooit regtig baie georganiseerd was nie - om eerlik te wees). Namib is dalk net om die draai van Suid-Afrika (of die "republiek" soos meeste ouer mense hierso nog na die land verwys), maar reelings om twee verskillende lande is nooit maklik nie. Ook nie vinnig nie.

So, dan wil mens antwoorde "demand". Mens wil nou weet. Mens wil besluite maak. Vrees vir die onbekende. Vrees vir die bekende. Vrees vir die feit dat daar nie eintlik 'n plan B is nie.

Dan, besef ek net weer. God se tyd is uniek, volmaak. God se tyd, en my tyd, verskil. Waarom? Want God sien die hele plan, en ek - net 'n gedeelte daarvan.

God is nooit laat nie - hy is altyd reg op tyd! Hy verseker ons immers hiervan in Sy Woord. Hy  noem ook vir jou en my, dat sy beloftes nogsteeds geld, nogsteeds in uitvoering sal kom.



Wie sou beter weet as Koning Dawid? Wat uit sy eie koningkryk moes vlug, sy eie troon ontneem is, deur sy eie seun. Hy het egter geluister na wat God openbaar het. Hy het nie geweet wat gaan van hom word nie. Maar, God het Sy beloftes gestand gedoen. 
Psalm 37 Laat jou lewe aan die Here oor
1Van Dawid.
Moet jou nie ontstel oor skelms
en jou kwel oor skurke nie,
2want soos gras vergaan hulle gou
en soos groenigheid verdwyn hulle sommer.
3Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is,
woon en werk rustig voort.
4Vind jou vreugde in die Here,
en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
5Laat jou lewe aan die Here oor
en vertrou op Hom; Hy sal sorg.
6Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son,
jou reg soos die helder lig van die middag.
7Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou
en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie.
8Moenie kwaad word nie, laat staan die woede,
moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.
9Die skelms sal uitgeroei word,
maar dié wat hulle vertroue in die Here stel,
sal in besit bly van die land.
10Nog 'n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie;
'n mens sal hom soek waar hy was,
maar hy sal nie daar wees nie.
11Dié wat nou verdruk word, sal die land besit
en hulle verlustig in hulle welvaart.
12Die goddelose soek die ondergang van die regverdige
en bedreig sy lewe.
13Die Here lag vir die goddeloses,
want Hy sien hulle dag kom.
14Die goddeloses trek die swaard en span die boog
om die hulpelose en die arme dood te maak,
om dié wat die regte pad loop, te vermoor.
15Die goddeloses se swaarde sal hulle eie harte tref
en hulle boë sal stukkend gebreek word.
16Die bietjie van die regverdige
is beter as die rykdom van talle goddeloses,
17want die mag van die goddeloses sal verbreek word,
maar die Here sal die hulp wees van die regverdiges.
18Die Here sorg vir die lewe van die opregtes,
en wat hulle besit, sal hulle behou so lank hulle lewe.
19In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie,
in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê.
20Die goddeloses sal te gronde gaan,
die vyande van die Here sal tot niet gaan;
soos mooi weivelde wat in vlamme opgaan,
so sal hulle verdwyn.
21Die goddelose leen en betaal nie terug nie,
die regverdige kry jammer en help.
22Dié wat deur die Here geseën word, sal die land besit;
maar dié wat deur Hom vervloek is, sal uitgeroei word.
23Die Here bepaal die koers van die mens
met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom.
24As so iemand val, bly hy nie lê nie,
want die Here help hom op.
25Ek was jonk en ek het oud geword,
maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesien
of dat sy nageslag brood soek nie.
26Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente:
met sy nageslag sal dit goed gaan.
27Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is,
dan sal jy die land altyd bewoon,
28want die Here het die reg lief
en sy troue dienaars verlaat Hy nie.
Hulle sal altyd behoue bly,
maar die nageslag van die goddeloses sal uitgeroei word.
29Die regverdiges sal die land besit
en altyd daarin woon.
30Wat die regverdige praat, is wysheid,
wat hy sê, stem ooreen met die reg.
31Die openbaring van sy God is in sy hart,
sy koers is nie onseker nie.
32Die goddelose lê die regverdige voor
en soek 'n kans om hom dood te maak,
33maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nie
en laat nie toe dat hy veroordeel word
as hy voor die regbank staan nie.
34Vertrou op die Here en bly op sy weë;
Hy sal jou weer laat opstaan om die land te besit,
en jy sal die ondergang van die goddeloses aanskou.
35Ek het al gesien dat 'n slegte, roekelose mens
geil opskiet soos 'n plant,
36en toe ek weer verbykom, was hy nie meer daar nie;
ek het hom gesoek en hy was nêrens nie.
37Maar let nou op die eerbare mens,
kyk na die opregte:
die regskape man, vir hom is daar 'n toekoms.
38Dié wat hulle teen die Here verset,
word voor die voet uitgewis,
die toekoms van die goddeloses word afgesny,
39maar die regverdiges word deur die Here gered.
Hy is hulle toevlug in tyd van nood.
40Die Here help hulle en Hy bevry hulle,
Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle,
want hulle skuil by Hom.


Toe die Israeliete probleme ervaar het om by die beloofde land uit te kom, het hulle gekla en gekerm. Hulle was dors, hulle was honger. God het voorsien, dit was nogsteeds nie vir hulle goed genoeg nie. 

Ons gee gewoonlik nie om, om te wag nie... solank ons kan kla daaroor! 

Wanneer jy die reis aanpak van God se droom vir jou lewe, gaan jy soms in struikelblokke vas hardloop. God gebruik daai tye wat jy struikel om jou voor te berei en te toets. Sodat jy gereed is vir wat ookal volgende op jou wag. Sodat jy sterk kan staan in die volgende seisoen van jou geloofspad.

Indien God jou in 'n wagtydperk in jou lewe geplaas het... loof en prys Hom vir daardie tyd! Dank Hom vir die heerlikheid wat op jou wag.

Jy hou nou daardie een skewe stukkie vas, en niks wil pas nie. Maar God, sien jou volledige legkaart. En vir Hom, is dit 'n meesterstuk!

{TG}



Dinsdag 12 Julie 2016

Tye wat jy laag voel...

Ons het nou die dag gesels oor seisoene van jou hart, jou lewe.

Deel van hierdie seisoene is "af dae". Klink lekker, amper soos ñ vakansie né?

Nee... hierdie dae is wanneer jy jouself ervaar as net nog ñ mens, nog een in die "crowd".

Dis okay, want ons almal kry daai dae... ons is mens.

Maar, jy is verkeerd! Jy is dalk mens, maar jy my mens, is nie net nog ñ mens nie.

Wat het God oor jou te sê?
Korinthier het baie inligting hieroor. Natuurlik ook die res van die Bybel. Sien, God noem gereeld vir ons hoe spesiaal en uniek ons is. Miskien juis omdat God weet ons het hierdie "af dae", juis omdat hy weet hoe menslik ons twyfel en kleingeloof soms is, herinner hy ons konstant wat die waarheid is.

God vra in Sy Woord dat elkeen van ons sal glo wie Hy is. Dat elkeen van ons sal glo dat ons is, wie Hy sê ons is. En dan...?

Dat ons sal lewe asof ons dit Glo!

Hou op leuens uitspreek #eksteoud #eksteswak #ekstebang #ekkannie #ekweetnie #nienounie en erken die waarheid! Dan, kan jy begin lewe asof jy dit glo! En jou lewe sal ook verander, want jou denke het.

God sê jy is uniek. Hy sê Hy sorg vir jou. Jou hare is getel. Jy is Syne.

God sê Hy is Lief vir Jóú!

Dis die Waarheid. Sê dit gerus vandag vir Iemand.

Dinsdag 05 Julie 2016

The Zellie Collection... as Cinderella kon kiés!

Soos julle wéét doen ek graag reviews oor produkte wat my oog vang!

Nou ja, vanaand kry ek toe my Zellies in die pos... danksy flinke diens van die Zellie Namibië span... en, hierdie review kan nie eers naby my opgewondenheid kom nie...

Ek dink, ek is verlief, en nié op my man nie!

As Cinderella kon kies, sou die "fairy godmother" die glas slippers maar netjies moes wegpak.

Sy sou hierdie jellie wedges waarskynlik nog bo haar prins ook gekies het! En, alhoewel al die kleure mooi is, is ek seker die "nude" sou haar rok gekomplimenteer het!

Behalwe dat hulle so mooi en stylvol is, dra hulle so lekker!

Aan al my Cinderella-vriendinne daar buite, dis beslis die moeite werd... jy sal soos ñ prinses voel met jou Zellies aan!

Woon jy ook in Namibië? Bestel jou Zellies hier -

http://www.zellie.net/namibia.html

Vir my SA-lesers, gaan loer gerus hier:

https://www.facebook.com/zelliecollection/

Sodra jy hulle kry... trek hulle aan... sit jou gunsteling song op... en dans jou Zellies in!

♡ Geniet dit ♡

{TG}

Maandag 04 Julie 2016

Elke liewe Paadjie

Partykeer kom jy by ñ paadjie. Een waarvoor jy geweet het jy nié voorbereid is nie... een totaal onbekend aan jou.

En dan, vat jy maar daai paadjie. Party mense sal sê een tree op ñ slag... maar dis baie optimistiese woorde. Kom ons wees eerder eerlik. Jy mis so paar tree. Jy val en rol en spring en tuimel, en jy klou net vas met mag en mening. Jy weet, soos in die "movies"...

Dis meer hoe daai paadjie lyk.

Dit voel nie of jy wen nie. Maar, een ding is verseker - jy weet wie stap voor jou, langs jou,agter jou... wie dra jou. Elke "tree".

En, eendag kyk jy terug op daardie paadjie, wat jy nie wou stap nie, en jy sien... jy is nie meer dieselfde mense nie. Jy het gegroei. Jy het beleef. Geleef.

Dan... besef jy, jy hoef nie terug te draai nie... nogsteeds een tree op ñ slag... goeie dinge wag.

TG

Woensdag 29 Junie 2016

3 Places in Windhoek that caught my attention so far

My first place...Christ Church...

The Christ Church (or Christuskirche) is a historic landmark and Lutheran church in Windhoek.

After the end of the wars between the Germans and the Khoi-khoi, Herero, and Ovambo in 1907, the ground breaking ceremony took place and on October 16, 1910 the church was opened and dedicated as the Church of Peace.

The Lutheran church, which was built in the Gothic revival style with Art Nouveau elements, stands in the historic center of Windhoek. Its 24 m high spire was made, like the rest of the church, out of quartzsandstone mined at Guche-Ganus Farm in the vicinity of present Avis Dam.

The portal and the altar were made of marble from Italy. The clock and part of the roof was shipped from Germany, as were the three bronze bells cast by Franz Schilling. They bear the inscriptions "Ehre sei Gott in der Höhe" (Glory to God in the highest), "Friede auf Erden" (Peace on earth), and "Den Menschen ein Wohlgefallen" (Goodwill towards men). During a confirmation service in the 1960 the clapper of the main bell came loose, smashed through the window and fell on the street. Window bars were installed in reaction to this.

The colorful stained lead glass windows in the sanctuary were a gift from EmperorWilhelm II. In the late 1990s a tourist noticed that all of them were installed with the sun protection on the inside. In the two years following this discovery, all window elements were restored and turned around.

The Church is located on c/o Robert Mugabe and Fidel Castro Street near the Parliament Gardens and Tintenpalast.

My second place...

Wimpy, Marua Mall. Wimpy, am I joking? No jokes. This Wimpy feels like home. The R25 breakfast is almost too much too eat (but tastes so good, trust me, you will eat it all). Fast and friendly service. With worship songs in the background... ans also a bible verse with your coffee and cookie. This is a favorite of mine because of the atmosphere.

My third place...

Joe's Beerhouse. Its not only the beer that makes Joe's Beerhouse so great. They have pretty lekker tasty meals on their menu, and a kiddies menu. They have drumming circle nights on Wednesdays, with free entry. What an experience. Not to be missed.

Next time, we will look at some more places that I think you will like a lot.

♡TG♡


Maandag 27 Junie 2016

Is dit Winter in jou Lewe, Winter in jou Hart?

Ek dink vandag aan ñ metafoor oor die vier seisoene. Winter word geassosieer met ñ tydperk om af te skakel, stilweg te reflekteer, ñ herstelfase asook ñ tydperk van rus.

Is dit winter in jou lewe? Winter in jou hart?

Ek is op ñ stilstand, sonder dat ek dit kan bekostig. Daar is soveel idees in my kop, as mens die dag ophou werk dink mens jy sal nou tyd kry vir alles wat jy nog altyd wou doen... omdat ek skryf en bemark en leergierig is, is meeste van daai goed agter ñ rekenaar se skerm. En, ek was verkeerd, ek kry nie tyd nie.

Ek moet begin, maar ek kom net nie aan die gang nie.

Ek wil huistoe gaan. Ek wil ook nie. Ek weet nie. Want, tot my brein staan stil.

Ons familie en vriende in Suid-Afrika is die wonderlikste. Oor jare opgebou, niemand kan hul ooit vervang nie. Niemand is hulle nie. Ek wil by hulle wees. Maar, dan sien ek elke dag al die negatiewe dinge in die nuus... dan staan ek weer stil. Verlorene in Niemandsland.

Winter is vir my depressie-maande. Ek wil eintlik niemand sien nie. Net met my komberse cuddle... en weer wakker word as dit somer is. Soos Olof, die "happy snowman"... só bly is ek oor somer.

Jou hart se winter verskil dalk van myne. Maar, waarskynlik, wens ons altwee hom verby.

Maar, ons weet... winter is ook nodig!

Sien winter is tyd om te reflekteer op wat verby is... ñ tyd om insig te oes van wat in jou lewe gebeur het. Sodat jy, beter kan saai, as dit lente is. Beter kan groei as dit weer somer is, en beter kan oes as dit herfs is.

Aanvaar hierdie Winter in jou Lewe met ope arms. Weet net, dis tyd wat jy nodig het. Gun jouself dit.

Skakel af. Herlaai. En, verbly jou in die feit dat elke somer beter is as die vorige!

♡Tersia-groete♡

Maandag 20 Junie 2016

Eish, ... nie meer perfek nie!

So, ek was bietjie stil die laaste week. Maar vandag is ek hier om te verklaar:

Ek probeer nie meer perfek wees nie!

Wie het dit ooit al reggekry? Dink jy dat jý dalk perfek is, wel dan is daardie seker jóu fout my mens!

Ons ontmoet alewig mense, van hulle goeie mense, wat jou in boksies wil pas. Wil hê jy moet jouself kategoriseer. Alles op ñ sekere manier doen. Is dit jý? Nou waarom laat ons dit soms toe? Wat vir jou werk, werk nie noodwendig vir my nie...

Hoekom nie? Want ons is uniek. Anders gemaak. Elkeen. Ander waardes, ander persepsies, ander siele, ander gewoontes, en, ander vrese.

Hou perfeksie jou terug, keer dit jou om die lewe te lewe, wat God vir jou beskikbaar gestel het?

“I’m talking about living a life that is driven more strongly by curiosity than by fear.” — Elizabeth Gilbert, Big Magic

Kyk gerus na Elizabeth Gilbert se boek, Big Magic, hierdie week. ñ Boek oor kreatiewe leefstyle. Met ñ spesiale uitdaging in haar boek.

Gilbert skryf onder andere:

“I’ve watched far too many brilliant and gifted female creators say, ‘I am 99.8 percent qualified for this task, but until I master that last smidgen of ability, I will hold myself back just to be on the safe side."

“Now, I cannot imagine where women ever got the idea that they must be perfect in order to be loved or successful. (Ha ha! Just kidding! I can totally imagine: We got it from every single message society has ever sent us! Thanks, all of human history!)”

Waar né?

Jy kan dalk nie skryf of verf of dans of sing nie. Dit maak jou nie, nié ñ kreatiewe mens nie.

Jy sien, jou lewe is ñ kreatiewe projek. Jou lewe is een van God se Meesterstukke. Jy, is egter ook gedeeltelik ñ ontwerper van jou lewe, jou toekoms.

Is jy dalk so besig met jou projekplan... dat jy elke kleinste, fynste detail wil in plek stel, voor jy jou paadjie vorentoe "ontwerp". So, dat jy soveel tyd mors op hierdie beplanning.

Kosbare tyd, tyd waarmee jy kon gelewe het?!

My mens, om perfek te wees, is vir my Tersia Gouws, die "boringste" gedagte. Jy kan nie speel nie, jy kan nie skep nie, jy moet binne die boks bly, binne die lyne inkleur.

Jy "label" jouself. Ek, Tersia, is ook skuldig hieraan. Ek "label" myself bloggee, skrywer, dromer, ma, bemarker... maar net hier maak ek die grootste fout. Want, net hier stel ek mos nou vir myself limiete?

My lewe, het nog nooit, en ek glo ook, sal nooit netjies, perfek in bokse en in kategoriee pas nie.

Party dinge is ek nie. Party dinge is ek ook dankbaar ek is nie. En party dinge wil ek ook nooit wees nie!

Vasgevang in die boks is een van hulle.

Miskien het ek genoeg skottelgoed om my ñ week besig te hou. Miskien kan ek al tente bou met my wasgoed. Miskien hou ek van rame teen my mure, kleurvol met fotos. Miskien hou ek van ñ simpel gesprek met my vriendinne of miskien hou ek van ñ glasie wyn op geleentheid. Miskien mis ek die dae wat ek sjokolade kon eet saam met kondensmelk? Miskien, miskien, is dit net wie ék is. En wie jy is, maak my nie minder ék nie, wie jy is, maak my nie minder spesiaal nie.

En, wees jy dan nou maar jy. Want jy is ook - Uniek.

Belangrike les. Kom ons oordeel mekaar dan nie. As jy nogsteeds my in ñ ander boksie probeer druk... vat dan maar jou "girl scout" balkie terug. Ek speel nie meer saam nie! Klaar!

In my lewensprojek, sal ek... ék wees! Finish en klaar.

Ek sê nie jy mag glad nie beplan nie. Maar, ek sê wel gebruik jou tyd slim, en beplan n lewe wat reg is vir jou. Wat fokus op dit wat werklik belangrik is, en minder fokus op die "nittie-grittie" goed.

Vergeet van verleentheid en jou trots of jou naam. Dink aan die ervaring waarop jy kan uitmis.

Lewe nuuskierig, sonder vrees.

Vrees leer ons dat ons altyd die reëls moet volg. Maar, nuuskierigheid laat ons alles bevraagteken. En dit, is hoé jy leer.

Die dag wanneer jy ophou om perfek te probeer wees... sal jou skouers ligter voel. Dan kan jy regtig ñ mens wees! Ja, regtig egtig! Aanvaar jou foute, en wees gaaf teenoor ander mense se foute!

Gee ander mense oom bietjie aftyd... om foute te mag maak! Draai af daai oordeel-knoppie!

Moenie so hard op jouself en ander wees nie... let it go!

En geniet jou deurmekaar lewe as dit vir jou werk, want kreatiwiteit is baie keer maar morsig hoor! Of geniet jou orde, as dit jou kreatief laat voel!

Onthou, jý is Uniek. En, jy is net ñ Mens. Al jou sekondes is genade oomblikke van Bo!

♡TG♡

Dinsdag 14 Junie 2016

What your sadness can teach you

What your sadness can teach you

Ek deel graag hierdie e-pos...

Tersia,

We all face times in our lives when things are so intensely difficult, it's almost too much to bear. 

Whether it's the loss of a job, a loved one or an unexpected devastation that shakes you to your core (like the senseless tragedy in Orlando this past weekend), the pain is sharp, deep and very real. The problem is that most of us have little to no training in how to deal with these challenges times or this level of pain — emotionally, intellectually or spiritually.

My dear friend and acclaimed author, speaker and activist Marianne Williamson is here to share her perspective on what it takes to turn our tears to triumph.

Marianne argues that psychic pain, like physical pain, exists for a reason – and must be listened to for the message it conveys. She also believes the epidemic of depression we’re seeing today should be seen for what it really is: a collective cry for the healing of our hearts.

If you or someone you love is experiencing one of those deeply challenging times, this MarieTV is a must watch. Even if you're not — her perspective on sadness and depression is important to hear. Especially since modern culture often urges us to numb our pain and deny our struggles to maintain a perfectly happy (and false) self-image.

display images to learn how to transform depression, sadness and grief

Marianne is one of the most gifted writers, speakers and spiritual teachers of our generation. Personally, I learned a lot from this episode and I hope you will too.

A few highlights include:

Why asking yourself "How can I end this grief immediately?" is the wrong question to ask, and what to ask instead
The spiritual principles that deliver us from our pain and how to apply them
How to reconcile feeling deeply sad, empty or depressed — especially when everything in your life is "technically" going fine
How to genuinely support someone who is grieving or depressed

We end this episode with a beautiful prayer from Marianne's new book, Tears to Triumph. I was so moved by it that we also made her prayer a downloadable audio so you can listen to it as often as needed, or share it with those you love.

You can get it here. As Marianne shares…

"In avoiding our sadness we avoid our lives. Learning from our sadness can bear great fruit, and avoiding it can have hidden costs. Our choice is between feeling the sharp pains of self-discovery or enduring the dull ache of unconsciousness that will last for the rest of our lives."

Once you've had a chance to watch, Marianne and I would love to hear from you. Join us in the discussion.

Thank you, as always for reading. And, for allowing me the privilege to share this work with you each week.

With all my love,

XO

Marie

P.S. If you or someone you love is in the midst of a deeply challenging time, please forward this email. It might be the exact shift in perspective they need most right now.

Maandag 13 Junie 2016

Is daar ñ Berg voor Jou? Klim hom!

Is daar ñ Berg voor jou? Klim hom!

Laasweek het vriendinne lekker gegiggel oor die goeie raad van ñ kosbare vriendin wat ek met jul gedeel het. Hoe eet mens ñ olifant? Stukkie vir Stukkie.

Wel, vandag is alle grappies op ñ stokkie.

Ek wil vandag vir jou sê:

Is daar ñ Berg voor jou? Klim hom!

Jy sien, hoeveel keer aanvaar ons wat die vyand vir ons sê? Net omdat dit makliker is?

Dis te moeilik. Jy kan nie. Iets sal foutgaan. Jy het nie genoeg guts nie. Dis nie veilig nie. Jy het nie tyd nie.

Dan draai ons om. Dan hardloop ons vir die 1ste span. Ons gaan kruip weg. Waar nogal? In ons "comfort zone".

Wat is jou berg?

Skeep jy jouself af want tyd is 'n berg voor jou? Dalk skeep jy jou man, jou kids, jou ouers af?

Dalk daai "ekstra myl taak by die werk"... dis nie vir jou nie, want wie loop nou die ekstra myl... mense sal dalk dink ek is ñ "gatkruiper" of ek probeer roem vang.

Dalk is jou berg jou finansies. Jou gesondheid. Jou doel in die lewe. Jy self sal weet. As jy nie weet nie. Moet jy uitvind. Wat is jou berg?

Gister "explore" ek en my man bietjie. Ons kom by ñ hoë paadjie. Ons begin hom ry. Maar ry toe weer af in tru-rat want... wat is aan die ander kant? Sê nou daar is nie omdraai plek nie? Ons wil nie die kinders in gevaar stel of die voertuig nie. So ry ons toe huistoe.

Vanoggend, het ek per voet, daardie paadjie gaan uitklim. Dit was hoog .. dit was asenrowend. Ek het by ñ reservoir uitgekom. Ek het langs die pad gesien dat selfs die gehardste dissels, die mooiste blomme kan dra. Ek was dankbaar ek het nie ñ slang gesien nie. En ek moes vir ñ paar meter met die terugkoms stadig en gebukkend loop omdat die klippe glad was en die paadjie af baie reguit.

Maar, dit maak nie saak nie. Ek hét my Berg geklim.

♡Mag jul ñ Wonderlike Maandag beleef. Blessings ♡

{TG}

Woensdag 08 Junie 2016

Liefste Mamma-mens... ja, jý!

Vandag wil ek vir jou sê: Mamma... jý is nie alleen nie!

Ja, ek is ook een van daai ma's wat heeltyd voel ek moet my oë heeltyd op my kinders hou. Maar, mamma, ek en jy is nie perfek nie.

Soms gaan jou kinders seerkry of vir ñ oomblik onder jou oog uit verdwyn. Ja, die mense om jou, die mensdom verwag jy moét perfek wees, maar ek sê nou vir jou - dit is regtig glad nie moontlik nie. Punt.

My kinders het al van die bed afgeval, al ñ hele paar keer. Veral as mens meer as een kind het... jy het net twee hande. Dis al. Aarde, my 9 daggies oue dogtertjie was in my arms toe ek gegly en op die sement buite geval het.

Gelukkig, dank die Here, was hulle nog altyd okay as hul seerkry. Vir ñ rukkie gehuil. En ek, natuurlik, gehuil vir ure... soms vir dae.

As so iets gebeur voel jy dadelik soos die slegste ma op aarde. Jy dink aan soortgelyke gevalle waar so iets gebeur het en kinders dood is of ernstig beseer is. Jy voel dan nog slegter, want jy besef hoe gelukkig jy was dat jou kind okay is!

Jou kind het dalk al amper voor ñ bewegende kar beland. Ja, kinders is al so oorlede. En jou mamma hart breek weer in stukke aan die gedagte.

En, jy probeer dit keer. Probeer alles beveilig. Heeltyd...

Sien... kyk na my dogtertjie... sy is nog maar net twee jaar oud. Maar, moenie ñ fout maak nie, sy lyk dalk soos ñ prinses... maar sy is wild. Wilder as die Wildste Willemien. Elke kans wat sy kry om iets te probeer... hóm vat sy! Ek is heeltyd op my tone. En die res van die tyd op my kniee...!

Maar, sou daar wel nou iets ernstigs, noodlottigs gebeur het bv. as my kind raakgery is, in ñ gorilla se hok ingeklim het binne sekondes, geval en haar nek gebreek het, selfdood gepleeg het ... dan het die hele wêreld nou al geweet op "face"the music" book... dan het die hele wereld my al gestenig oor die slegte ma wat ek is. Dink jy nie om jou kind te verloor is alreeds die ergste seer nie?

Is dit nodig dat mense ander altyd probeer oordeel en vonnis? Is dit ons as mense se taak hier op aarde? Nou hoekom doen ons dit? Ons, slimmes, wat altýd van beter weet?

Ja, glo my ñ twee-jarige dogtertjie is ñ vinnige merrieperd. Ek en boetie moet omtrent keer by die skoolhek, want sy sal sommer straat toe hardloop. Sy herken nog geen gevaar nie. Al probeer ek as ñ mamma haar daagliks daarvan leer.

Ek is ñ vrou, en
ñ Mamma, en
Werk voltyds aan my huis, my kinders, my blog...

Ek is nie perfek met een van die bogenoemde take nie. In fact, ek is soms die worst housewife ever. Glo my.

Ek probeer my beste lyk ten spyte van min tyd vir myself en ñ klein budget. Ek probeer my man ondersteun tussen deur die kinders wat sy aandag soek en sy foon wat lui. Tussen deur sy admin. Hy verstaan my nie altyd nie. Party dae dink ek hy is nog ñ groter "judge" as die mensdom. Maar, ek probeer my bes, elke liewe dag. Hy weet dit.

Ek maak kos. Doen wasgoed. Maak huis skoon. Tel heeldag strooi op wat in die vloere lê. Maar, my huis word nooit ñ meesterstuk nie. Nooit!

En, nee, ek het nie ñ bediende nie, en ek hang nie elke dag in coffee shops rond nie...  (huisvrou stigma unplugged).

Ek is by die huis, tussen deur jaag ek op en af vir skole, aktiwiteite, blog gou as iemand slaap, doen wasgoed... trek gou iemand se sokkies aan... maak kos... gooi gou-gou koeldrank in... speel gou saam klei... ruil ñ doek... maak hasie melk... maak pap... maak nog pap... en nog pap. Help soek na verlore speelgoed, stop argumente wat erg raak, luister na ñ gehuil en gekerm tussen mekaar oor alles... wie se pop is dié, wie se karretjie is daai.

Effektiewe Tydsbestuur? Hahahaha.... verbeel gou jouself jy is ñ korporatiewe bestuurder en probeer ñ departement vol kleuters kry om jou besigheid te doen? Hmm... Alles wat ek doen neem dubbel die tyd!

Maar mevrou, wat van die 3 tot 4 ure wat jy tuis is, as hul skoon toe gaan?

Inkopies, wasgoed, skottelgoed, spyskaart beplanning, aktiwiteitsbeplanning vir die middag.... en die lysie gaan voort.

As jy ñ werkende mamma is... dan moet jy met ñ wakker brein van 8 tot 5 kan fokus, dink, kommunikeer en resultate lewer. Sonder om moeg te lyk! En dan, kom skof nommer 2!

Jy moet dalk mense inspireer, motiveer... Maandag tot Vrydag... en dan nog kinders voer, bad, opvoed... tussen in 24/7? En jou man...

Ja... mens raak moeg. Verloor jou fokus en vergeet goed...

Maar, jy mamma, gee nooit op nie. Elke dag probeer jy weer. Gee jou beste elke leer. Leer van gister se foute. Probeer vandag iets nuuts.
En so gaan dit aan.

Moenie dat mense en veral mense op sosiale platforms jou minderwaardig laat voel nie.

Elke ouer het baie "genade" oomblikke waar dinge ten beste uitgewerk het al kon dit die teenoorgestelde wees. Niemand wil dit erken nie, maar dis waar.

As jou hart op die regte plek is, en jy doen wat jy doen uit liefde... is jy ñ goeie mamma! Finish, klaar! Dis hoe dit is.

Liefste Mamma-mens. Jý is nie alleen nie.

{TG}
♡♡♡♡

God says... I've got this!

A few days ago I was unloading some groceries. I have to climb some stairs, and my car was packed full.

I was thankful for the privilege to be able to buy food, but also less thankful for the stairs!

As I was carrying the bags up the stairs ... for the third or fourth time... almost done... and I thought about my husband... lol, funny?

No seriously... on the weekend he would quickly unload the car for me and carry everything upstairs. Quick job - done. I did not have to do a thing. Just attend to the kids.

He quickly lightened my load, without moaning or making it seem like effort. 

Just like my stair climbing adventures most of us are carrying some heavy loads through life.

To be honest , I don’t know any person who doesn’t have some sort of problem or issue to deal with.

Psalm 55 tells us: “Give your burdens to the Lord. He will carry them.”

You don’t have to carry them by yourself.

Take a moment right now and turn to Jesus with any heavy weights that are pressing you down. Invite Him to carry them for you. Allow Him. He is Capable.

The Story behind Wonderbag!


Sarah Collins, founder of Wonderbag, couldn't sleep. It was 2008, and rolling blackouts had darkened the city of Johannesburg. There were severe, ongoing energy shortages throughout South Africa, and everyone was affected. Cities and towns, hospitals and schools—all had power only once every several days, and then only for a few hours. It was during one of these blackouts that Sarah leapt out of bed at two in the morning and woke up her roommate. "I've got it!" she said. "I know how I'm going to change the world.”

The next day, Sarah created the prototype for her heat-retention cooker, the Wonderbag. After food is brought to a boil, the pot is placed in the heavily-lined bag where it slow-cooks for up to 8 hours. "Finding firewood for cooking takes a huge amount of rural women's time," explains Sarah, "and gathering it is very dangerous. The wood fires used to cook then cause indoor pollution, a leading cause of death worldwide in children under five. Having the Wonderbag would empower the women to feed their families, generate an income, and save them time."

Wonderbag was born!

How it works

Wonderbag is a simple but revolutionary, non-electric portable slow cooker. It continues to cook food which has been brought to the boil by conventional methods for up to 8 hours without the use of additional electricity or fuel.

Boil it, Bag it, Slow cook it, Share it!

Check it out:
https://c.trackmytarget.com/qe59e0

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...