Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Maandag 27 Junie 2016

Is dit Winter in jou Lewe, Winter in jou Hart?

Ek dink vandag aan ñ metafoor oor die vier seisoene. Winter word geassosieer met ñ tydperk om af te skakel, stilweg te reflekteer, ñ herstelfase asook ñ tydperk van rus.

Is dit winter in jou lewe? Winter in jou hart?

Ek is op ñ stilstand, sonder dat ek dit kan bekostig. Daar is soveel idees in my kop, as mens die dag ophou werk dink mens jy sal nou tyd kry vir alles wat jy nog altyd wou doen... omdat ek skryf en bemark en leergierig is, is meeste van daai goed agter ñ rekenaar se skerm. En, ek was verkeerd, ek kry nie tyd nie.

Ek moet begin, maar ek kom net nie aan die gang nie.

Ek wil huistoe gaan. Ek wil ook nie. Ek weet nie. Want, tot my brein staan stil.

Ons familie en vriende in Suid-Afrika is die wonderlikste. Oor jare opgebou, niemand kan hul ooit vervang nie. Niemand is hulle nie. Ek wil by hulle wees. Maar, dan sien ek elke dag al die negatiewe dinge in die nuus... dan staan ek weer stil. Verlorene in Niemandsland.

Winter is vir my depressie-maande. Ek wil eintlik niemand sien nie. Net met my komberse cuddle... en weer wakker word as dit somer is. Soos Olof, die "happy snowman"... só bly is ek oor somer.

Jou hart se winter verskil dalk van myne. Maar, waarskynlik, wens ons altwee hom verby.

Maar, ons weet... winter is ook nodig!

Sien winter is tyd om te reflekteer op wat verby is... ñ tyd om insig te oes van wat in jou lewe gebeur het. Sodat jy, beter kan saai, as dit lente is. Beter kan groei as dit weer somer is, en beter kan oes as dit herfs is.

Aanvaar hierdie Winter in jou Lewe met ope arms. Weet net, dis tyd wat jy nodig het. Gun jouself dit.

Skakel af. Herlaai. En, verbly jou in die feit dat elke somer beter is as die vorige!

♡Tersia-groete♡

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...