Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Woensdag 08 Junie 2016

Liefste Mamma-mens... ja, jý!

Vandag wil ek vir jou sê: Mamma... jý is nie alleen nie!

Ja, ek is ook een van daai ma's wat heeltyd voel ek moet my oë heeltyd op my kinders hou. Maar, mamma, ek en jy is nie perfek nie.

Soms gaan jou kinders seerkry of vir ñ oomblik onder jou oog uit verdwyn. Ja, die mense om jou, die mensdom verwag jy moét perfek wees, maar ek sê nou vir jou - dit is regtig glad nie moontlik nie. Punt.

My kinders het al van die bed afgeval, al ñ hele paar keer. Veral as mens meer as een kind het... jy het net twee hande. Dis al. Aarde, my 9 daggies oue dogtertjie was in my arms toe ek gegly en op die sement buite geval het.

Gelukkig, dank die Here, was hulle nog altyd okay as hul seerkry. Vir ñ rukkie gehuil. En ek, natuurlik, gehuil vir ure... soms vir dae.

As so iets gebeur voel jy dadelik soos die slegste ma op aarde. Jy dink aan soortgelyke gevalle waar so iets gebeur het en kinders dood is of ernstig beseer is. Jy voel dan nog slegter, want jy besef hoe gelukkig jy was dat jou kind okay is!

Jou kind het dalk al amper voor ñ bewegende kar beland. Ja, kinders is al so oorlede. En jou mamma hart breek weer in stukke aan die gedagte.

En, jy probeer dit keer. Probeer alles beveilig. Heeltyd...

Sien... kyk na my dogtertjie... sy is nog maar net twee jaar oud. Maar, moenie ñ fout maak nie, sy lyk dalk soos ñ prinses... maar sy is wild. Wilder as die Wildste Willemien. Elke kans wat sy kry om iets te probeer... hóm vat sy! Ek is heeltyd op my tone. En die res van die tyd op my kniee...!

Maar, sou daar wel nou iets ernstigs, noodlottigs gebeur het bv. as my kind raakgery is, in ñ gorilla se hok ingeklim het binne sekondes, geval en haar nek gebreek het, selfdood gepleeg het ... dan het die hele wêreld nou al geweet op "face"the music" book... dan het die hele wereld my al gestenig oor die slegte ma wat ek is. Dink jy nie om jou kind te verloor is alreeds die ergste seer nie?

Is dit nodig dat mense ander altyd probeer oordeel en vonnis? Is dit ons as mense se taak hier op aarde? Nou hoekom doen ons dit? Ons, slimmes, wat altýd van beter weet?

Ja, glo my ñ twee-jarige dogtertjie is ñ vinnige merrieperd. Ek en boetie moet omtrent keer by die skoolhek, want sy sal sommer straat toe hardloop. Sy herken nog geen gevaar nie. Al probeer ek as ñ mamma haar daagliks daarvan leer.

Ek is ñ vrou, en
ñ Mamma, en
Werk voltyds aan my huis, my kinders, my blog...

Ek is nie perfek met een van die bogenoemde take nie. In fact, ek is soms die worst housewife ever. Glo my.

Ek probeer my beste lyk ten spyte van min tyd vir myself en ñ klein budget. Ek probeer my man ondersteun tussen deur die kinders wat sy aandag soek en sy foon wat lui. Tussen deur sy admin. Hy verstaan my nie altyd nie. Party dae dink ek hy is nog ñ groter "judge" as die mensdom. Maar, ek probeer my bes, elke liewe dag. Hy weet dit.

Ek maak kos. Doen wasgoed. Maak huis skoon. Tel heeldag strooi op wat in die vloere lê. Maar, my huis word nooit ñ meesterstuk nie. Nooit!

En, nee, ek het nie ñ bediende nie, en ek hang nie elke dag in coffee shops rond nie...  (huisvrou stigma unplugged).

Ek is by die huis, tussen deur jaag ek op en af vir skole, aktiwiteite, blog gou as iemand slaap, doen wasgoed... trek gou iemand se sokkies aan... maak kos... gooi gou-gou koeldrank in... speel gou saam klei... ruil ñ doek... maak hasie melk... maak pap... maak nog pap... en nog pap. Help soek na verlore speelgoed, stop argumente wat erg raak, luister na ñ gehuil en gekerm tussen mekaar oor alles... wie se pop is dié, wie se karretjie is daai.

Effektiewe Tydsbestuur? Hahahaha.... verbeel gou jouself jy is ñ korporatiewe bestuurder en probeer ñ departement vol kleuters kry om jou besigheid te doen? Hmm... Alles wat ek doen neem dubbel die tyd!

Maar mevrou, wat van die 3 tot 4 ure wat jy tuis is, as hul skoon toe gaan?

Inkopies, wasgoed, skottelgoed, spyskaart beplanning, aktiwiteitsbeplanning vir die middag.... en die lysie gaan voort.

As jy ñ werkende mamma is... dan moet jy met ñ wakker brein van 8 tot 5 kan fokus, dink, kommunikeer en resultate lewer. Sonder om moeg te lyk! En dan, kom skof nommer 2!

Jy moet dalk mense inspireer, motiveer... Maandag tot Vrydag... en dan nog kinders voer, bad, opvoed... tussen in 24/7? En jou man...

Ja... mens raak moeg. Verloor jou fokus en vergeet goed...

Maar, jy mamma, gee nooit op nie. Elke dag probeer jy weer. Gee jou beste elke leer. Leer van gister se foute. Probeer vandag iets nuuts.
En so gaan dit aan.

Moenie dat mense en veral mense op sosiale platforms jou minderwaardig laat voel nie.

Elke ouer het baie "genade" oomblikke waar dinge ten beste uitgewerk het al kon dit die teenoorgestelde wees. Niemand wil dit erken nie, maar dis waar.

As jou hart op die regte plek is, en jy doen wat jy doen uit liefde... is jy ñ goeie mamma! Finish, klaar! Dis hoe dit is.

Liefste Mamma-mens. Jý is nie alleen nie.

{TG}
♡♡♡♡

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...