Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Maandag 20 Junie 2016

Eish, ... nie meer perfek nie!

So, ek was bietjie stil die laaste week. Maar vandag is ek hier om te verklaar:

Ek probeer nie meer perfek wees nie!

Wie het dit ooit al reggekry? Dink jy dat jý dalk perfek is, wel dan is daardie seker jóu fout my mens!

Ons ontmoet alewig mense, van hulle goeie mense, wat jou in boksies wil pas. Wil hê jy moet jouself kategoriseer. Alles op ñ sekere manier doen. Is dit jý? Nou waarom laat ons dit soms toe? Wat vir jou werk, werk nie noodwendig vir my nie...

Hoekom nie? Want ons is uniek. Anders gemaak. Elkeen. Ander waardes, ander persepsies, ander siele, ander gewoontes, en, ander vrese.

Hou perfeksie jou terug, keer dit jou om die lewe te lewe, wat God vir jou beskikbaar gestel het?

“I’m talking about living a life that is driven more strongly by curiosity than by fear.” — Elizabeth Gilbert, Big Magic

Kyk gerus na Elizabeth Gilbert se boek, Big Magic, hierdie week. ñ Boek oor kreatiewe leefstyle. Met ñ spesiale uitdaging in haar boek.

Gilbert skryf onder andere:

“I’ve watched far too many brilliant and gifted female creators say, ‘I am 99.8 percent qualified for this task, but until I master that last smidgen of ability, I will hold myself back just to be on the safe side."

“Now, I cannot imagine where women ever got the idea that they must be perfect in order to be loved or successful. (Ha ha! Just kidding! I can totally imagine: We got it from every single message society has ever sent us! Thanks, all of human history!)”

Waar né?

Jy kan dalk nie skryf of verf of dans of sing nie. Dit maak jou nie, nié ñ kreatiewe mens nie.

Jy sien, jou lewe is ñ kreatiewe projek. Jou lewe is een van God se Meesterstukke. Jy, is egter ook gedeeltelik ñ ontwerper van jou lewe, jou toekoms.

Is jy dalk so besig met jou projekplan... dat jy elke kleinste, fynste detail wil in plek stel, voor jy jou paadjie vorentoe "ontwerp". So, dat jy soveel tyd mors op hierdie beplanning.

Kosbare tyd, tyd waarmee jy kon gelewe het?!

My mens, om perfek te wees, is vir my Tersia Gouws, die "boringste" gedagte. Jy kan nie speel nie, jy kan nie skep nie, jy moet binne die boks bly, binne die lyne inkleur.

Jy "label" jouself. Ek, Tersia, is ook skuldig hieraan. Ek "label" myself bloggee, skrywer, dromer, ma, bemarker... maar net hier maak ek die grootste fout. Want, net hier stel ek mos nou vir myself limiete?

My lewe, het nog nooit, en ek glo ook, sal nooit netjies, perfek in bokse en in kategoriee pas nie.

Party dinge is ek nie. Party dinge is ek ook dankbaar ek is nie. En party dinge wil ek ook nooit wees nie!

Vasgevang in die boks is een van hulle.

Miskien het ek genoeg skottelgoed om my ñ week besig te hou. Miskien kan ek al tente bou met my wasgoed. Miskien hou ek van rame teen my mure, kleurvol met fotos. Miskien hou ek van ñ simpel gesprek met my vriendinne of miskien hou ek van ñ glasie wyn op geleentheid. Miskien mis ek die dae wat ek sjokolade kon eet saam met kondensmelk? Miskien, miskien, is dit net wie ék is. En wie jy is, maak my nie minder ék nie, wie jy is, maak my nie minder spesiaal nie.

En, wees jy dan nou maar jy. Want jy is ook - Uniek.

Belangrike les. Kom ons oordeel mekaar dan nie. As jy nogsteeds my in ñ ander boksie probeer druk... vat dan maar jou "girl scout" balkie terug. Ek speel nie meer saam nie! Klaar!

In my lewensprojek, sal ek... ék wees! Finish en klaar.

Ek sê nie jy mag glad nie beplan nie. Maar, ek sê wel gebruik jou tyd slim, en beplan n lewe wat reg is vir jou. Wat fokus op dit wat werklik belangrik is, en minder fokus op die "nittie-grittie" goed.

Vergeet van verleentheid en jou trots of jou naam. Dink aan die ervaring waarop jy kan uitmis.

Lewe nuuskierig, sonder vrees.

Vrees leer ons dat ons altyd die reëls moet volg. Maar, nuuskierigheid laat ons alles bevraagteken. En dit, is hoé jy leer.

Die dag wanneer jy ophou om perfek te probeer wees... sal jou skouers ligter voel. Dan kan jy regtig ñ mens wees! Ja, regtig egtig! Aanvaar jou foute, en wees gaaf teenoor ander mense se foute!

Gee ander mense oom bietjie aftyd... om foute te mag maak! Draai af daai oordeel-knoppie!

Moenie so hard op jouself en ander wees nie... let it go!

En geniet jou deurmekaar lewe as dit vir jou werk, want kreatiwiteit is baie keer maar morsig hoor! Of geniet jou orde, as dit jou kreatief laat voel!

Onthou, jý is Uniek. En, jy is net ñ Mens. Al jou sekondes is genade oomblikke van Bo!

♡TG♡

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...