Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Maandag 13 Junie 2016

Is daar ñ Berg voor Jou? Klim hom!

Is daar ñ Berg voor jou? Klim hom!

Laasweek het vriendinne lekker gegiggel oor die goeie raad van ñ kosbare vriendin wat ek met jul gedeel het. Hoe eet mens ñ olifant? Stukkie vir Stukkie.

Wel, vandag is alle grappies op ñ stokkie.

Ek wil vandag vir jou sê:

Is daar ñ Berg voor jou? Klim hom!

Jy sien, hoeveel keer aanvaar ons wat die vyand vir ons sê? Net omdat dit makliker is?

Dis te moeilik. Jy kan nie. Iets sal foutgaan. Jy het nie genoeg guts nie. Dis nie veilig nie. Jy het nie tyd nie.

Dan draai ons om. Dan hardloop ons vir die 1ste span. Ons gaan kruip weg. Waar nogal? In ons "comfort zone".

Wat is jou berg?

Skeep jy jouself af want tyd is 'n berg voor jou? Dalk skeep jy jou man, jou kids, jou ouers af?

Dalk daai "ekstra myl taak by die werk"... dis nie vir jou nie, want wie loop nou die ekstra myl... mense sal dalk dink ek is ñ "gatkruiper" of ek probeer roem vang.

Dalk is jou berg jou finansies. Jou gesondheid. Jou doel in die lewe. Jy self sal weet. As jy nie weet nie. Moet jy uitvind. Wat is jou berg?

Gister "explore" ek en my man bietjie. Ons kom by ñ hoë paadjie. Ons begin hom ry. Maar ry toe weer af in tru-rat want... wat is aan die ander kant? Sê nou daar is nie omdraai plek nie? Ons wil nie die kinders in gevaar stel of die voertuig nie. So ry ons toe huistoe.

Vanoggend, het ek per voet, daardie paadjie gaan uitklim. Dit was hoog .. dit was asenrowend. Ek het by ñ reservoir uitgekom. Ek het langs die pad gesien dat selfs die gehardste dissels, die mooiste blomme kan dra. Ek was dankbaar ek het nie ñ slang gesien nie. En ek moes vir ñ paar meter met die terugkoms stadig en gebukkend loop omdat die klippe glad was en die paadjie af baie reguit.

Maar, dit maak nie saak nie. Ek hét my Berg geklim.

♡Mag jul ñ Wonderlike Maandag beleef. Blessings ♡

{TG}

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...