Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Dinsdag 30 Augustus 2016

ñ Vriend van Jesus?


Word jy herken as een van Jesus se vriende?

Hulle is ook herken as manne wat saam met Jesus was.

... Handelinge 4:13

My gedagtes haak vas by hoofstuk 4 wanneer ek deur Handelinge lees.

Lees dit weer, en weer.

Beskou as een wat saam met Jesus was...
kan jy jou indink dat dit jou getuienis is? Wow...

Natuurlik in hierdie konteks, beteken die woorde... dat die mense Petrus en Johannes dopgehou het en oor hul bediening hulle letterlik (h)erken het as dissipels van Jesus. Hulle (h)erken hulle as mense wat jare van hul lewe in noue vriendskap saam met Jesus self deurgebring het.

Maar ek glo ons het die geleentheid as kinders van God om 'n soortgelyke erkenning te geniet.

Het jy al ooit daaraan gedink? Het jy al die maniere wat Jesus ons geleer het om te lewe beskou? Wanneer ons is lief vir ons bure en ñ nederige pad saam Hom stap, wanneer ons sagmoedige en rein van gees optree, wanneer ons die ekstra myl loop, streef na ñ suiwer hart, en gee aan diegene in nood sonder om te skroom, wanneer ons is lief vir ons vyande en  vurige geloof lewe. Dan, wys ons wel... dat ons saam Jesus was.

Wanneer mense sien waar ons optrede werklik vandaan kom het hulle die kans om ons te erken as dié wat saam met Jesus was.

Ek lewe nie altyd so mooi nie. Dit breek my hart om te sê, maar dit is waar. En ek is seker ek is nie alleen in daardie belydenis nie.

Wat gebeur as ons vir ons self bietjie hoër standaarde stel? Ons self uitdaag om beter te lewe, te lewe vir Hom? Hoe sou jy optree as Jesus saam jou geloop het? As hy saam jou uit was gisteraand? As hy saam jou ñ probleem moes uitsorteer? Sou jy kalmer gewees het? Vriendeliker? Mooier woorde gebruik het?

Wel, Hy is... altyd daar. Waarom lewe ons dan nie so nie? Waarom vergeet ons Hy is daar?

Wat gebeur ... as ons kies om op so 'n manier te "operate" dat die mense rondom ons, ons as mense wat saam met Jesus was ... kan herken?

Ek weet nie van julle nie, maar ek wil dit as my getuienis hê... soos die dissipels. Ek wil getuig dat dit die hoogste erkenning van my lewe was.

Selfs meer as om vrou vir my man te kon wees of ma van my kinders of dogter van my ouers... selfs meer as enige professionele titel.

Ek wil geken word ​​as een wat saam met Jesus was.

Sondag 21 Augustus 2016

Watter waarborge is daar in die lewe?

Hierdie eén lewe op aarde bied nie baie waarborge nie. As dit maar was soos wanneer jy iets gaan koop... en jy kry ñ twee jaar waarborg... of jy betaal ekstra vir daardie verlengde waarborg tydperk.

Maar, dit is nie.

Benjamin Franklin, een van die stigters van Amerika en bekende skrywer en politikus het die volgende stelling gemaak:

 “In this world, nothing can be said to be certain, except death and taxes.”

Dood en belasting.

Ek is ñ Christen... en dit bring vir my gerusstelling oor iets in hierdie wêreld... meer as net dood en belasting.

Ek weet verseker dat Jesus lééf...

... ek weet verseker dat Hý my reeds gered en vrygespreek het.

Ek weet elke oomblik is ñ genade-geskenk.

Ek weet dat die liefde wat ek nou op aarde ervaar in my familie en vriende... dat ek dit ontelbaar meer in Christus sal ervaar wanneer ek op ñ dag hierdie wêreld sal verlaat. Ek sal hulle nie hoef te mis nie... want ek sal hulle deur Hom ervaar, waar ek by Sy voete gaan sit.

... laaste, maar... die belangrikste... ek weet dat God my liefhet. Elke liewe dag en nag... en daarna.

Daar is soveel meer waarborge in Christus... as net dood en belasting.

Geniet jul Sondag.
Tersia

Donderdag 18 Augustus 2016

Opportunity? Geleentheid?

"Opportunity"... al ooit gewonder hoekom dit so ñ vreeslike lang woord is? Die Afrikaanse weergawe beskryf dit nogal mooi "geleentheid"... iets wat aan jou geleen is.

En soos dit in Engels gesê word... "with great gift comes great responsibility."

Is dit dalk hoekom mens bang is om nuwe geleenthede aan te pak... die gedagte dat dit groot verantwoording gaan kos?

Of... dink jy anders daaroor... "Moenie dink nie, doen net".

Ongelukkig, werk die lewe nie altyd so maklik nie... hoe ouer jy raak hoe meer verantwoorselikhede dra jy... hoe minder kanse waag jy.

Ek glo ñ geleentheid is net ñ geleentheid as dit van God af kom.

En tog, so min ken ons God werklik in ons besluite. Ons vra hom... maar wag ons vir die antwoord... soek ons Sy doel met ñ passie? Of is ons louwarm op die grenslyn van ons eie lewens?

Jesus Christus het ons vrygespreek. Hy het die werklike prys betaal sodat elkeen van ons die geleentheid het om te kan lewe, te sterwe, en weer te kan lewe. Vir ewig.

Sy lewe verloor. Vir ons.

Wat doen jy met daardie geleentheid wat hy vir jou gekoop het aan die kruis?  As jy dink aan die pad wat Hy gestap het... dan, dink jy mooi oor jou pad. Wees suinig... moenie jouself maklik weggee vir geleenthede wat nie opbouend is tot God se Koningkryk nie.

En... wees oop... vir geleenthede wat ñ verskil maak. Wat moontlik nie maklik is nie... maar wel moontlik is. Vertrou.

Moenie vasgevang raak in spinnerakke wat jou visie toe weef nie.

Leef elke oomblik raak. Dit is "geleentheid"!




Sondag 14 Augustus 2016

Hardloop jou "megabytes" uit?

Ons woon in ń huis wat met koopkrag (prepaid) meters werk...

My seun, Jewan (5), is nogal ń bekkige outjie. Té bekkig.

Ek lê in die bad, hy klop aan die deur en sê ek beter nou gou klaar bad... want hy wat Jewan is gaan die lig afsit... want die "megabytes" is amper klaar...

Kan so lekker lag vir die onskuldige kinderlike wyshede.

Dis Augustus-maand... ons almal is op ons mid-winter "blues". Hardloop jy dalk ook vandag uit "megabytes" uit?

Het jy al die vreugde en vrede in jou hart ervaar wanneer God jou nuwe krag gee?

Kyk wat sê God vir ons, ñ boodskap so spesiaal en direk, in 1 Petrus 5 vers 10:

"God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.

Mag God jou nuwe krag gee, vir die volgende seisoen in jou lewe.

Mag hierdie lente-seisoen vir jou... net liefde, vreugde en vrede inhou. Net, uit-die-maag lag oomblikke, en soete herinneringe van die geliefdes wat jou moontlik reeds verlaat het.

Geniet ñ wonderlike week. Drink daai ekstra koppie koffie... die lewe is kort.

Blessings
♡TG♡

Can you see the wood for the trees?

If someone can't see the wood for the trees, they get so caught up in small details ... that they fail to understand the bigger picture.

Can you see the bigger picture for your life?

The most wonderful feeling in life is loosing everything, that was never important. And starting over again with everyone that are really important.

This opens up a whole new world. A whole new perspective. An entire sense of being... and being grateful. For every blessing. Every little blessing. Every big blessing. Every single moment. Every day.

Your husband. Children. Family. Friends. Animals. Yourself ... any of them? All of them.

This makes life worth it.

Can you see the truth?

Step away from anything that brings harm to what is important. But, also, work hard when necessary, for what is important.

Feeling trapped today? Exhausted? Can't breathe? Step away. Anything that makes you feel like this... is not important any more!

See the Wood for the Trees. Be Free.

Live your life. Today.

Maandag 08 Augustus 2016

♡Grondpaaie in die lewe...♡

"Grondpaaie in die lewe..."

Soms stuur God jou op grondpaaie... waar jy mense ontmoet wat dink hulle het alles, wat dink, hulle is allles.

Mense wat "invincible" is... mense wat nie besef hoe ver hul werklik van God af is nie, hoe ver hul werklik van "lewe" af is nie.

Jy mag finansieel goed doen, jy mag blessed wees. Maar, as jy lewe met oogklappe oor die seer en swaar om jou, as jou potjie aanhou voller word, raak jou hart al hoe meer leeg. As jou potjie oorlopens toe vol is... wat dan? Het jy bietjie uitgedeel om jouself nederig te hou? Of, het jy wel uitgedien... maar, net waar dit vir jou "gemaklik" was.

Gee jy... vir goeie sake .... wat jou reputasie bevoordeel. Terwyl, daar onder jou neus, tussen jou eie, seer en swaar is, wat jy doelbewus ignoreer?

Soms stuur God jou op grondpaaie... waar jy hierdie mense ontmoet. Raakleef. Waar hierdie mense jou moontlik ook benadeel, moontlik ook probeer seermaak, gebruik. Het jy moontlik al soveel blessings opgegee om hierdie mense tevrede te hou... omdat God sekere verantwoordelikhede op jou pad geplaas het, en jy gehoorsaam moet bly aan die verantwoordelikhede?

Wanneer die situasies jou mismoedig maak... onthou, mense kan jou seermaak met woorde, met aksies. Jou aardse lewe kan hulle baie skade aanrig. Maar, hulle kan niks aan jou doen nie, want vir jou ewigheidslewe is jy,my vriend, reeds gered.

So, terwyl jy op hierdie grondpad reis, en omring is deur "blinde vriende" ... bid vir hulle. Bid vir hulle dat harte van klip, harte van vlees sal word, bid ... om beter te verstaan waarom hulle die dinge doen wat hulle doen. Bid dat hulle oe sal oopgaan vir die waarheid. Dat God se Liefde hulle harte so sal vul, dat hulle net elke dag in Sy Wil sal beweeg. Alle besluit, binne Sy wil sal neem. Bid, elke dag. Bid vir vergifnis en genesing in die harte van mense, wat deur "blinde mense" seergemaak en tenagekom is.

Maar, wees versigtig... moenie self blind of bitter word nie. Lewe met 'n oop hart, en oop oe. Sien seer en swaar om jou raak. Sien liefde om jou raak. Seg elke dag asseblief en danke. Dink voor jy iets spreek (hierdie is ook belangrike les vir my), dink voor jy iets dink (nee, ek is nie mal nie, dit is regtig so.... dink voor jy dink). Lewe eenvoudig, wees dankbaar. Glo altyd in jou Skepper. Wanneer dit amper onmoontlik raak... glo nogsteeds. Waardeer familie en vriende en ook vreemdelinge op jou pad gestuur. Lag baie. Vergewe baie. Beweeg aan, baie. Wees vriendelik, maar bly tog gegrond in jou waardes (ferm). Wees opreg. Wees altyd jy.

En, kyk rond. Is die persoon langs jou dalk vandag siek, of honger? Hartseer? Het hulle iets nodig? Waarmee kan jy help.

Charity begins at home. Then next door, then a block away, then two blocks, then at work, then on your way home, then ... where it was not asked for, but really needed.

Wanneer jou grondpad vir jou te lank raak. Vra, ja... jy mag vra. Vra, vir nuwe krag. Vra, vir God se Wil. Hy... hou Sy beloftes. Altyd.

Vrydag 29 Julie 2016

Die afgelope tyd...

... is moeilik. 

Vir almal.

Siekte

Dood

Onregverdigheid

Stres

Gesondheid

Verandering

Seer

Teleurstelling

Vrees

Skok ...?

... 2016 het sover sy klappe uitgedeel. Daar is so baie mense waaraan ek dink as ek dit sê.

Die ondenkbare is op sommige mense se paaie gestuur. En tog, al is daar omstandighede waarin mens nie sal wil oorleef nie, het ek die volgende gesien...

Mense getuig. Mense pas aan. Mense neem die lewe weer in deeglike oorsig. Mense waardeer mekaar. Mense lief mekaar. En meeste? Ten spyte van hul uitdagende omstandighede... loof en prys mense die Here... meer as ooit!

Hoekom? Omdat Sy woord so sê? Ja... maar ek dink die rede is te doene met die volgende...

Mense ervaar God... skielik, as die wêreld koud en leeg voel... voel God naby. Ten spyte van alles wat ons harte uitruk, alles wat ons verloor... wen ons! Tyd saam ons Skepper. Tyd om te besef. Tyd om te verander... van dink-mense... na doen-mense. Mense wat liefde met hande gee... mense wat "eina" verstaan.

Waarmee ookal jy vandag gekonfronteer word. Wat ookal jy vandag moet "face". Doen dit, met die wete, dat Iemand jou oplig, jou dra. Jou liefhet.

Mag julle elkeen God se Vrede opnuut ervaar vandag.

♡ TG ♡

Woensdag 20 Julie 2016

Goudgeel in die Donker #3

Of jy kom, of jy gaan
of jy sit, of jy staan.

Mag jy bly, moet jy ry?

Vreemdeling, tog al lank bekend
sekerheid word steeds geskend.

Voeg elke oomblik in God se hand
melk en heuning, in Sy land.

Maandag 18 Julie 2016

{God se tyd, is nie noodwendig jou tyd nie}



Ons gaan deur 'n rowwe tyd... dinge rondom visas en permitte gaan nie goed vir ons die laaste ruk hierdie kant nie. Ons moet binne 'n week uit die land wees, en ons wag in spanning op ons antwoord, gaan ons nog langer kan bly, of nie.

Dit is baie stresvol. Mens is ook van nature georganiseerd as dit by jou sake kom(alhoewel ek en my man nog nooit regtig baie georganiseerd was nie - om eerlik te wees). Namib is dalk net om die draai van Suid-Afrika (of die "republiek" soos meeste ouer mense hierso nog na die land verwys), maar reelings om twee verskillende lande is nooit maklik nie. Ook nie vinnig nie.

So, dan wil mens antwoorde "demand". Mens wil nou weet. Mens wil besluite maak. Vrees vir die onbekende. Vrees vir die bekende. Vrees vir die feit dat daar nie eintlik 'n plan B is nie.

Dan, besef ek net weer. God se tyd is uniek, volmaak. God se tyd, en my tyd, verskil. Waarom? Want God sien die hele plan, en ek - net 'n gedeelte daarvan.

God is nooit laat nie - hy is altyd reg op tyd! Hy verseker ons immers hiervan in Sy Woord. Hy  noem ook vir jou en my, dat sy beloftes nogsteeds geld, nogsteeds in uitvoering sal kom.



Wie sou beter weet as Koning Dawid? Wat uit sy eie koningkryk moes vlug, sy eie troon ontneem is, deur sy eie seun. Hy het egter geluister na wat God openbaar het. Hy het nie geweet wat gaan van hom word nie. Maar, God het Sy beloftes gestand gedoen. 
Psalm 37 Laat jou lewe aan die Here oor
1Van Dawid.
Moet jou nie ontstel oor skelms
en jou kwel oor skurke nie,
2want soos gras vergaan hulle gou
en soos groenigheid verdwyn hulle sommer.
3Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is,
woon en werk rustig voort.
4Vind jou vreugde in die Here,
en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
5Laat jou lewe aan die Here oor
en vertrou op Hom; Hy sal sorg.
6Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son,
jou reg soos die helder lig van die middag.
7Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou
en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie.
8Moenie kwaad word nie, laat staan die woede,
moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.
9Die skelms sal uitgeroei word,
maar dié wat hulle vertroue in die Here stel,
sal in besit bly van die land.
10Nog 'n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie;
'n mens sal hom soek waar hy was,
maar hy sal nie daar wees nie.
11Dié wat nou verdruk word, sal die land besit
en hulle verlustig in hulle welvaart.
12Die goddelose soek die ondergang van die regverdige
en bedreig sy lewe.
13Die Here lag vir die goddeloses,
want Hy sien hulle dag kom.
14Die goddeloses trek die swaard en span die boog
om die hulpelose en die arme dood te maak,
om dié wat die regte pad loop, te vermoor.
15Die goddeloses se swaarde sal hulle eie harte tref
en hulle boë sal stukkend gebreek word.
16Die bietjie van die regverdige
is beter as die rykdom van talle goddeloses,
17want die mag van die goddeloses sal verbreek word,
maar die Here sal die hulp wees van die regverdiges.
18Die Here sorg vir die lewe van die opregtes,
en wat hulle besit, sal hulle behou so lank hulle lewe.
19In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie,
in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê.
20Die goddeloses sal te gronde gaan,
die vyande van die Here sal tot niet gaan;
soos mooi weivelde wat in vlamme opgaan,
so sal hulle verdwyn.
21Die goddelose leen en betaal nie terug nie,
die regverdige kry jammer en help.
22Dié wat deur die Here geseën word, sal die land besit;
maar dié wat deur Hom vervloek is, sal uitgeroei word.
23Die Here bepaal die koers van die mens
met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom.
24As so iemand val, bly hy nie lê nie,
want die Here help hom op.
25Ek was jonk en ek het oud geword,
maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesien
of dat sy nageslag brood soek nie.
26Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente:
met sy nageslag sal dit goed gaan.
27Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is,
dan sal jy die land altyd bewoon,
28want die Here het die reg lief
en sy troue dienaars verlaat Hy nie.
Hulle sal altyd behoue bly,
maar die nageslag van die goddeloses sal uitgeroei word.
29Die regverdiges sal die land besit
en altyd daarin woon.
30Wat die regverdige praat, is wysheid,
wat hy sê, stem ooreen met die reg.
31Die openbaring van sy God is in sy hart,
sy koers is nie onseker nie.
32Die goddelose lê die regverdige voor
en soek 'n kans om hom dood te maak,
33maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nie
en laat nie toe dat hy veroordeel word
as hy voor die regbank staan nie.
34Vertrou op die Here en bly op sy weë;
Hy sal jou weer laat opstaan om die land te besit,
en jy sal die ondergang van die goddeloses aanskou.
35Ek het al gesien dat 'n slegte, roekelose mens
geil opskiet soos 'n plant,
36en toe ek weer verbykom, was hy nie meer daar nie;
ek het hom gesoek en hy was nêrens nie.
37Maar let nou op die eerbare mens,
kyk na die opregte:
die regskape man, vir hom is daar 'n toekoms.
38Dié wat hulle teen die Here verset,
word voor die voet uitgewis,
die toekoms van die goddeloses word afgesny,
39maar die regverdiges word deur die Here gered.
Hy is hulle toevlug in tyd van nood.
40Die Here help hulle en Hy bevry hulle,
Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle,
want hulle skuil by Hom.


Toe die Israeliete probleme ervaar het om by die beloofde land uit te kom, het hulle gekla en gekerm. Hulle was dors, hulle was honger. God het voorsien, dit was nogsteeds nie vir hulle goed genoeg nie. 

Ons gee gewoonlik nie om, om te wag nie... solank ons kan kla daaroor! 

Wanneer jy die reis aanpak van God se droom vir jou lewe, gaan jy soms in struikelblokke vas hardloop. God gebruik daai tye wat jy struikel om jou voor te berei en te toets. Sodat jy gereed is vir wat ookal volgende op jou wag. Sodat jy sterk kan staan in die volgende seisoen van jou geloofspad.

Indien God jou in 'n wagtydperk in jou lewe geplaas het... loof en prys Hom vir daardie tyd! Dank Hom vir die heerlikheid wat op jou wag.

Jy hou nou daardie een skewe stukkie vas, en niks wil pas nie. Maar God, sien jou volledige legkaart. En vir Hom, is dit 'n meesterstuk!

{TG}



Dinsdag 12 Julie 2016

Tye wat jy laag voel...

Ons het nou die dag gesels oor seisoene van jou hart, jou lewe.

Deel van hierdie seisoene is "af dae". Klink lekker, amper soos ñ vakansie né?

Nee... hierdie dae is wanneer jy jouself ervaar as net nog ñ mens, nog een in die "crowd".

Dis okay, want ons almal kry daai dae... ons is mens.

Maar, jy is verkeerd! Jy is dalk mens, maar jy my mens, is nie net nog ñ mens nie.

Wat het God oor jou te sê?
Korinthier het baie inligting hieroor. Natuurlik ook die res van die Bybel. Sien, God noem gereeld vir ons hoe spesiaal en uniek ons is. Miskien juis omdat God weet ons het hierdie "af dae", juis omdat hy weet hoe menslik ons twyfel en kleingeloof soms is, herinner hy ons konstant wat die waarheid is.

God vra in Sy Woord dat elkeen van ons sal glo wie Hy is. Dat elkeen van ons sal glo dat ons is, wie Hy sê ons is. En dan...?

Dat ons sal lewe asof ons dit Glo!

Hou op leuens uitspreek #eksteoud #eksteswak #ekstebang #ekkannie #ekweetnie #nienounie en erken die waarheid! Dan, kan jy begin lewe asof jy dit glo! En jou lewe sal ook verander, want jou denke het.

God sê jy is uniek. Hy sê Hy sorg vir jou. Jou hare is getel. Jy is Syne.

God sê Hy is Lief vir Jóú!

Dis die Waarheid. Sê dit gerus vandag vir Iemand.

Dinsdag 05 Julie 2016

The Zellie Collection... as Cinderella kon kiés!

Soos julle wéét doen ek graag reviews oor produkte wat my oog vang!

Nou ja, vanaand kry ek toe my Zellies in die pos... danksy flinke diens van die Zellie Namibië span... en, hierdie review kan nie eers naby my opgewondenheid kom nie...

Ek dink, ek is verlief, en nié op my man nie!

As Cinderella kon kies, sou die "fairy godmother" die glas slippers maar netjies moes wegpak.

Sy sou hierdie jellie wedges waarskynlik nog bo haar prins ook gekies het! En, alhoewel al die kleure mooi is, is ek seker die "nude" sou haar rok gekomplimenteer het!

Behalwe dat hulle so mooi en stylvol is, dra hulle so lekker!

Aan al my Cinderella-vriendinne daar buite, dis beslis die moeite werd... jy sal soos ñ prinses voel met jou Zellies aan!

Woon jy ook in Namibië? Bestel jou Zellies hier -

http://www.zellie.net/namibia.html

Vir my SA-lesers, gaan loer gerus hier:

https://www.facebook.com/zelliecollection/

Sodra jy hulle kry... trek hulle aan... sit jou gunsteling song op... en dans jou Zellies in!

♡ Geniet dit ♡

{TG}

Maandag 04 Julie 2016

Elke liewe Paadjie

Partykeer kom jy by ñ paadjie. Een waarvoor jy geweet het jy nié voorbereid is nie... een totaal onbekend aan jou.

En dan, vat jy maar daai paadjie. Party mense sal sê een tree op ñ slag... maar dis baie optimistiese woorde. Kom ons wees eerder eerlik. Jy mis so paar tree. Jy val en rol en spring en tuimel, en jy klou net vas met mag en mening. Jy weet, soos in die "movies"...

Dis meer hoe daai paadjie lyk.

Dit voel nie of jy wen nie. Maar, een ding is verseker - jy weet wie stap voor jou, langs jou,agter jou... wie dra jou. Elke "tree".

En, eendag kyk jy terug op daardie paadjie, wat jy nie wou stap nie, en jy sien... jy is nie meer dieselfde mense nie. Jy het gegroei. Jy het beleef. Geleef.

Dan... besef jy, jy hoef nie terug te draai nie... nogsteeds een tree op ñ slag... goeie dinge wag.

TG

Woensdag 29 Junie 2016

3 Places in Windhoek that caught my attention so far

My first place...Christ Church...

The Christ Church (or Christuskirche) is a historic landmark and Lutheran church in Windhoek.

After the end of the wars between the Germans and the Khoi-khoi, Herero, and Ovambo in 1907, the ground breaking ceremony took place and on October 16, 1910 the church was opened and dedicated as the Church of Peace.

The Lutheran church, which was built in the Gothic revival style with Art Nouveau elements, stands in the historic center of Windhoek. Its 24 m high spire was made, like the rest of the church, out of quartzsandstone mined at Guche-Ganus Farm in the vicinity of present Avis Dam.

The portal and the altar were made of marble from Italy. The clock and part of the roof was shipped from Germany, as were the three bronze bells cast by Franz Schilling. They bear the inscriptions "Ehre sei Gott in der Höhe" (Glory to God in the highest), "Friede auf Erden" (Peace on earth), and "Den Menschen ein Wohlgefallen" (Goodwill towards men). During a confirmation service in the 1960 the clapper of the main bell came loose, smashed through the window and fell on the street. Window bars were installed in reaction to this.

The colorful stained lead glass windows in the sanctuary were a gift from EmperorWilhelm II. In the late 1990s a tourist noticed that all of them were installed with the sun protection on the inside. In the two years following this discovery, all window elements were restored and turned around.

The Church is located on c/o Robert Mugabe and Fidel Castro Street near the Parliament Gardens and Tintenpalast.

My second place...

Wimpy, Marua Mall. Wimpy, am I joking? No jokes. This Wimpy feels like home. The R25 breakfast is almost too much too eat (but tastes so good, trust me, you will eat it all). Fast and friendly service. With worship songs in the background... ans also a bible verse with your coffee and cookie. This is a favorite of mine because of the atmosphere.

My third place...

Joe's Beerhouse. Its not only the beer that makes Joe's Beerhouse so great. They have pretty lekker tasty meals on their menu, and a kiddies menu. They have drumming circle nights on Wednesdays, with free entry. What an experience. Not to be missed.

Next time, we will look at some more places that I think you will like a lot.

♡TG♡


Maandag 27 Junie 2016

Is dit Winter in jou Lewe, Winter in jou Hart?

Ek dink vandag aan ñ metafoor oor die vier seisoene. Winter word geassosieer met ñ tydperk om af te skakel, stilweg te reflekteer, ñ herstelfase asook ñ tydperk van rus.

Is dit winter in jou lewe? Winter in jou hart?

Ek is op ñ stilstand, sonder dat ek dit kan bekostig. Daar is soveel idees in my kop, as mens die dag ophou werk dink mens jy sal nou tyd kry vir alles wat jy nog altyd wou doen... omdat ek skryf en bemark en leergierig is, is meeste van daai goed agter ñ rekenaar se skerm. En, ek was verkeerd, ek kry nie tyd nie.

Ek moet begin, maar ek kom net nie aan die gang nie.

Ek wil huistoe gaan. Ek wil ook nie. Ek weet nie. Want, tot my brein staan stil.

Ons familie en vriende in Suid-Afrika is die wonderlikste. Oor jare opgebou, niemand kan hul ooit vervang nie. Niemand is hulle nie. Ek wil by hulle wees. Maar, dan sien ek elke dag al die negatiewe dinge in die nuus... dan staan ek weer stil. Verlorene in Niemandsland.

Winter is vir my depressie-maande. Ek wil eintlik niemand sien nie. Net met my komberse cuddle... en weer wakker word as dit somer is. Soos Olof, die "happy snowman"... só bly is ek oor somer.

Jou hart se winter verskil dalk van myne. Maar, waarskynlik, wens ons altwee hom verby.

Maar, ons weet... winter is ook nodig!

Sien winter is tyd om te reflekteer op wat verby is... ñ tyd om insig te oes van wat in jou lewe gebeur het. Sodat jy, beter kan saai, as dit lente is. Beter kan groei as dit weer somer is, en beter kan oes as dit herfs is.

Aanvaar hierdie Winter in jou Lewe met ope arms. Weet net, dis tyd wat jy nodig het. Gun jouself dit.

Skakel af. Herlaai. En, verbly jou in die feit dat elke somer beter is as die vorige!

♡Tersia-groete♡

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...