Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Donderdag 06 Oktober 2016

Die belangrikste gebod ♡ Liefde ♡

In Mattheus 22 word die waarheid van God aan ons geopenbaar... as jy die hele Bybel per ongeluk sou mislees... en jy kan daai een vers raaklees en ter harte neem ... sal jy baie geseënd wees!

Jesus wys ons hier op God se Gebod ... Sy Opdrag... die grootste EEN en ook een met GELYKSTAANDE waarde...

Jy moet die Here liefhê met jou hele hart, siel en verstand... wow, né, kan jy dit ooit indink? Selfs as jy dit doen...het God jou nogsteeds méér lief as dit! Ek dink nie die menslike brein sal ooit die omvang... die kapasiteit van God se liefde kan verstaan nie!

Maar dan verras God ons nog meer... ja lees mooi wat staan daar... van gelykstaande waarde is die opdrag... jy moet jou naaste liefhê soos jy jouself liefhet. (Ek dink God het ñ goeie sin vir humor hier gehad... Hy het gewéét... al wys ons nie altyd ons liefde vir God nie... is ons as sondige mense BAIE lief vir ons self... en hier kom sê Jesus dit reguit...so lief soos wat ons, ons self het, so lief moet ons ander mense ook hê!

Doen ons dit?

24/7 oordeel ons... is ons jaloers... bitter... wil ons almal reghelp... bestuur... hulle verander... hulle lesse leer...

Lees mooi, dis nie wat God daar sê nie... Hy sê "liefhê"...

Dis al.

Soms... maak ons die lewe te moeilik. Soms, mis ons die hemel met 30 cm (soos ons dominee sou sê)... die afstand tussen jou hart en jou tong/jou denke.

Kom ons pos die oordeel "hel" toe. Kom ons los dit vir God. Dis Sy werk.

Kom ons doen ons werk. Kom ons wees lief vir God, ons self, en mekaar.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...