Sy was mooi... maar nie die tydskrif-model tipe mooi nie. Haar lippe was nie altyd rooi nie.
Soms was dit pienk, soms bruin, soms was dit droog, soms sopnat... maar wat ookal oor daai lippe gekom het... was mooi, stroopsoet en sag.
Haar liggaam se mates was nie perfek nie, maar die mates van haar hart was perfek afgemeet, genoeg vir elkeen, selfs meer.
En soms was sy sterk, hard... want dit was ook deel van haar... lesse wat geleer moes word.
Sy was uniek. Sy was jý. Sy was mamma. Of dogter. Of mejuffrou. Of mevrou. Of mevrou dokter. Of juffrou. Of suster. Of vriendin. Of meer as een van daai. Of dalk almal?
Maar... sy was vrou. Sy was mens. Sy was lief.
Dankie Heer ... vir vrouens, van elke kleur en geur, grootte en soort. Dankie vir vroue-harte wat omgee en mekaar dra.
Die blomme (of dit nou roos, jakaranda, sonneblom, lelie, kaktus-blom, daisy, petunia of veldblommetjie is) wat hierdie werêld ñ kleurvolle, geurige, vrolike plek maak.
Geniet jul Oktober, dames.
Onthou... jy is waardevol. Jy is jý.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking