Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Vrydag 14 Oktober 2016

Die stad se ligte skitter en ons raak blinder...

Hierdie was 'n rowwe week met die nuus van Pravin Gordhan tussen die waterbeperkings en drama by Universiteite tot by die gyselaarsdrama wat in The Meadows Landgoed in Moreletapark afgespeel het.

Ons het reg agter hierdie kompleks gewoon. Ons het baie vriende in die area. Dis 'n rustige area, 'n lekker leef area.

Ek het onlangs teruggekom van Namibie, en 'n meer plattelandse bestaan in hulle hoofstad.

Soms trek die stad mens in, vat jou mee, met die stroom-af, of stroom-op. Soms verloor mens jou geld, jou werk, jou geleenthede, jou reputasie of selfs... jou kop.

Ons samelewing het in 'n mate een van toe deure, van veroordeling, van materialisme geword.

Ons is almal in een of ander manier skuldig.

Wanneer ons kyk na die gebeure in ons land, in ons woonbuurte, in ons huise en heel belangrikste in ons harte... moet ons soms net bietjie begin besef. Ons moet stilraak. Want ons dink ons luister, ons dink ons hoor, maar ons doen nie.

Dis 'n 50/50 situasie. Sien, Suid-Afrikaners het al baie gewys ... ons kan saamstaan, maar ook al die teenoorgestelde.

Kom ons gee mekaar bietjie "rope", kom ons verdra mekaar so bietjie meer, kom ons leef mekaar raak. Kom ons sien mekaar se seer en nood en "issues" raak. Kom ons vergeet partykeer van al ons "challenges" en kom ons raak net weer "basies" en "plat". Kom ons gaan nog 'n stappie verder... kom ons wees "genuine" lief vir mekaar. Al hou ons nie van mekaar se gewoontes nie, kom ons wees lief vir mekaar.

Ons het soveel om voor dankbaar te wees, want, in al die onsekerheid, het ons mekaar...

Kom ons onthou dit. Vandag. En ook die volgende dag, as ons deel is van hom.

Someone once said: "Be kind for everyone is fighting a great battle".

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...