Huwelike wat gebou is om 'n leeftyd te hou...
Ek is dankbaar dat ek nog nooit deur die pynlike ervaring van egskeiding moes gaan nie. Maar, ek was wel betrokke in verskeie ernstige langtermyn verhoudings, wat my baie geleer het oor wat ek van ñ man verwag, en ook waar ek my liefdestaal moet aanpas.
Dit is maar die een groot ding van liefde in die lewe... liefde beteken verskillende dinge vir verskillende mense. Jy kan nie iemand dwing om van liefde op ñ sekere manier te hou nie, jy moet terugstaan, aanpas, opoffer... en tog ook... jou eie mens kan bly, nie jouself verloor nie.
Baie mense "settle" vir ongelukkige verhoudings bv. waar daar manipulasie is, vrees, vrees vir die onbekende, geld en sekuriteit, of ander redes...
En sommige mense probeer te hard, maar gebruik verkeerde "taktiek". Jy kan hope liefde gee en dan wonder waarom word dit nie aanvaar of terug beantwoord nie... vraag is:gee jy die liefde wat jy graag wil gee óf gee jy die liefde wat daai persoon graag wil hê, na hunker, nodig het? Verander jou "taktiek".
Daar is nie plek vir selfsug en hardkoppigheid in liefde nie... nee, jy moet leer of verloor.
Alhoewel ons, ons naaste moet liefhê soos ons self, is hulle individue... uniek in eie reg, en moet ons hulle die liefde gee, wat hul nodig het om te blom.
Dieselfde met kinders... jy kan nie ñ kind dwing nie, hul gedagtes is opreg en uniek hul eie. Moenie ñ boompie knak omdat hy anders as jou boompie lyk en groei nie.
So, Willard Harley junior het geskryf oor Hoe om ñ pad te stap met 'n bakleierig en knaende vrou... en kom ons vrouens kry bietjie "balls"... kom ons lees met groot oop kop watter idees Willard uitspreek.
Opsomming van sy filosofie:
"Dit is beter om te lewe in 'n woestyn as 'n bakleierig en knaende vrou (Spreuke 21:19)"
Baie mans word uit hul huise verdryf as gevolg van hul vroue wat net sal nie kan ophou kritiek gee op alles wat hul doen, sê en nie doen, nie. Wat hierdie manne soek, is gewoonlik net een ding (nee... nie DAAI een ding nie) ... die manne soek vrede, maar wat hulle kry is die teenoorgestelde - oorlog.
Wat kan hulle doen om die egskeiding wat gewoonlik hul ontsnapping is te voorkom? Meer tot die punt, wat kan hulle doen om hulle vrouens te bevredig sodat hulle sal ophou om so krities te wees?
Hul verhaal begin gewoonlik op dieselfde manier. Tydens hofmakery, en die res van die grootste deel van hul huwelik, lyk hul vroue baie gelukkig en ondersteunend teenoor hulle. Hulle voel dat hulle huwelike is net volmaak. Maar geleidelik met tyd, raak hulle vrouens bakleierig. Hulle begin om te argumenteer oor skynbaar onbenullige sake, net om later om verskoning vra... blameer dit op 'n slegte dag. Soos hul probleme meer word, so ook word die intensiteit van hul kritiek. Kort voor lank het hierdie mans hulself in ñ situasie waar hul meer tyd spandeer by die werk of in vrye tyd sonder hulle vroue, net om 'n bietjie rus en vrede te hê. En dat maak juis dít hul vrouens nog meer befoeterd. Ongeag van hoe hard die man ń man probeer wees, die konstante vloei van kritiek word uiteindelik ondraaglik... Uiteindelik het hulle hulself in so ñ situasie.... woon apart, of woon saam maar het uitmekaar gedryf, en wonder hoe hulle in staat is, indien enige, om hul huwelike te red.
Deel 2... lees môre weer saam vir die res van hierdie artikel ...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking