Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Maandag 10 Oktober 2016

God is nie Dood nie - Hy Lewe Verseker!

Ons het gister God's not Dead 2 uitgeneem op dvd.

Alhoewel die storielyn op baie dieselfde tipe materiaal as God's not Dead 1 gegrond is... kan mens een ding nie weggooi nie... dit herinner jou so vel aan die realiteit... wonderwerke is om ons.  God is groot, God is goed, God is altyd daar!

Die feit dat ateiste getuig hoe feite bestaan dat Jesus wel gelewe het (of jy nou in hom glo of nie), die feit dat hulle van ongelowig na gelowig verander het, deur 'n ingeligte besluit te maak dat God bestaan... dit is "wow"... en dan dink ek aan ons wat so gelukkig was om met God in ons lewe groot te word... ons is soms die wat die minste besef hoe groot God is!

Wanneer God iets groot in jou hart doen in jou slegte tye... moet Hom asseblief nie terug op die rak sit in jou goeie tye nie. Dit is 'n belangrike les... uit vele belangrike lesse in die rolprent.

Die beste gedeelte vir my was waar die hoofkarakter (Melissa Joan Harte speel die rol van Grace) in 'n stryd geworstel is oor waarom sy nou dat sy deur hierdie beproewing gaan... waar sy geoordeel word oor haar Christenskap... nie God se nabyheid ervaar nie. Soos wat sy Hom altyd ervaar het.... en dan kry sy goeie raad... As 'n onderwyser ... kommunikeer jy met jou kinders terwyl hul besig is met 'n toets? En, wat hierna gebeur is net 'n hoendervleis oomblik,., naas News Boys se pragtige "song" en die karakter se getuienis in die hof waar sy breekpunt bereik, is hierdie seker vir my die mooiste oomblik in die rolprent... (jy sal self moet kyk as jy wil sien waarvan ek praat).

In 'n wereld vol lelik, vol oordeel, vol seer staan ons nie altyd vir God nie, ons hoef nie God te verdedig nie, maar ons moet Hom wel Verteenwoordig!!!


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...