Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Dinsdag 07 Junie 2016

Doen julle gesin die goed graag saam? Of wat?

My mamma inspirasie kon ek nie vandag post nie ... daar het 'n gogga ingesluip.. na al my harde tikwerk. Maar, ek sal hom beslis later die week met jul deel.

Vandag ... help my asb met hierdie een ... familie tradisies om te begin vir jou gesin...

Sjoe, dit kan wees dat jy iets wat jou ouers altyd vir jou gedoen het graag vir jou kids wil doen. Omdat dit vir jou spesiaal was en jou geliefd laat voel het. Of jy wil dalk iets nuuts begin. Iets wat jy nooit geken het nie?

Die tyd is nou. Want soos ek elke keer vir julle herhaal. Tyd is Min. Elke sekonde tel.

Moenie wag nie.

Hoe begin mens 'n nuwe tradisie? Wel, jy kommunikeer aan jou gesin wat die tradisie is... en jy skeduleer gereelde herhalings daarvan.

Ek het die ding begin om met elke verjaarsdag die dag vir die persoon te begin met cupcake en kersie... en ons sing mekaar wakker met hierdie... En, self in die swaarste tye, het ons altyd plan gemaak om hierby te hou (glo my mens kan nogal kreatief raak as jy moet). Maar, dis ons ding.

Wat is julle ding?

Kalenders om af te tel tot by kersfees?
Saam na 'n boom gaan soek vir Kersfees? Ek onthou jare terug, ons het sulke kersfeesbome in ons voortuin gehad, wat my pa mooi gesond en lewend gehou het... baie jare het ons stuk van hierdie boom in ons huis gehad vir kersfees. {Jy kan hom selfs weer herplant indien moontlik}


Koekies saam die kinders bak in die vakansies?

Roomys eet op Sondae?

Einde van die maand uitstappies?

Vadersdag, moedersdag, verjaarsdagkaartjies saam versier?

Comment gerus met enige oulike idees ...

Dink vandag aan iets spesiaals, wat jy en jou kinders saam kan doen... veral in die week.


Geniet jul daggie xxx
TG

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...