Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Vrydag 03 Junie 2016

Winter, jy gaan nié Wen nie! {Dag 1}

Ek besit nie ñ skaal nie... maar my maatband het gegroei van 110cm na 115cm om die middellyf (ja ek sukkel nogsteeds met post-dogtertjie baba magie en sy is amper 3).

Hoekom? Want ek oefen glad nie. Eet wanneer ek eendag onthou, en alhoewel vleis my vreeslik gewig laat optel, sé ek nooit néé nie.

Die Herbalife trial-packs kyk al ñ rukkie in my kas vir my. En, ek het belowe ... na die vakansie. Nou ja, dis nou na die vakansie.

My lyf voel moeg en afgemat en ek kort ñ tel-my-oppie. So vandag is die dag! Winter, jou hele Moses! Ek veg nou terug!

Ek begin op ñ Vrydag, want om iets nuuts op Maandag te begin is altyd bad news vir my. En, om myself bietjie in te hou oor die naweek.

Alhoewel my shake vanoggend maar "boring" lyk... ek is mos ñ koste-bespaarder ook... het my wellness coach vir my oulike resepte vir smoothies gestuur wat my mond laat water. Sal beslis ñ paar van hierdie lekker opsies probeer oor die naweek.

Die herbal beverage tee is vreeslik lekker. Sit juis en drink terwyl ek tik.

Die "trial-pack" is vir 3 dae, maar ek gaan dit vir 6 dae met die ondersteuning van my coach doen... om ñ ordentlike gevoel van die produk te kry.

Baie opgewonde... hou hierdie spasie dop...

NS. Ek moet onthou om baie water te drink! {Herbalife het selfs ñ lekker aloe-ding wat jou water beter laat proe en dis goed vir jou}

Vanoggend se shake: Shake. Cranberry juice. Water. Minder as 5 minute gevat om te maak. En heel yummie!

♡♡ Sal jul later die week aan my coach voorstel, sy is nou waarskynlik in die gym ♡♡

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...