Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Saterdag 04 Junie 2016

Wintér, jy gaan nie wén nie {Dag 2}

So, vanoggend word ek wakker... geen stem. So, lyk my winter veg nou terug.

Wel, sy hele alie... hy gaan mý nogsteeds nie wen nie.

Ek het dag 1 van my Herbalife-challenge suksesvol afgelê. Gister het ek meer energie gehad as enige ander dag.

Na ek 3 liter water gedrink het, het ek ook sommer baie oefening ingekry, want ek moes gereeld hardloop om te piepie.

Ek het ook lekker lemoene geëet saam ñ proteine... en my middagete was ñ lekker koffie shake... was regtig lekker!

Het myself beloon vir aandete met ñ klein stukkie steak (en oortree met ñ klein stukkoe aartappel).

My coach was amazing. Sy was 24/7 op haar foon beskikbaar en het my ondersteun deur elke 3 ure! Met al my vrae!

Nou... ñ amazing motivering vir dag 2... ñ foto gekry van my ma... met haar shake vir ontbyt
(sy het ook nou die uitdaging aangepak!). In haar geval (diabeet) om gesonde spiere te bou!

♡♡ Vertel jul later meer oor my wellness coach♡♡

NS. Beste van alles... ek sit in Namibië en sy in die Kaap. Maar sy doen soveel moeite! Wie het gesê ñ wellness coach moét jou sien of naby wees?!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...