Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Donderdag 02 Junie 2016

Is jy ñ Mamma wat Moét oorleef?

Hallo Jý.


Ja, ek kén jou.

Sommige dae dra jy jou sonbril net sodat niemand jou moeë of soms rooi gehuilde oë moet sien nie.

Miskien is jy aan die huil oppad na jou kind se rugby of netbalwedstryd, omdat dit een van daai oggende was, wat alles te veel was. Jy het te min geslaap, die kinders baklei, jy is alweer laat. Ten minste in die kar kan jy die musiek aansit en ñ paar keer diep asem haal... as die kinders jou toelaat!

Miskien het jy het so min geslaap gisteraand dat jy nie eens seker is of dit veilig is vir jou om te ry nie. Jy was die hele nag op met die baba... of met ñ siek kind. Of met al jou bekommernisse. Of met werk. Of in gebed.

Miskien het jy die kind met al die "probleme" Gesondheidsprobleme. Gedragsprobleme. Probleme wat niemand verstaan nie. Jou gesin kan nie normale dinge saam doen nie, want jou kind kan dit eenvoudig nie hanteer nie. Jy is sielsmoeg en liggaamlik uitgeput van al die dokters afsprake.

Miskien is jy die een met al die "probleme" Fisiese probleme. Geestelike gesondheidsprobleme. Jy weet wat jy nodig het om vir jouself te sorg, maar daar is so baie behoeftes wat voor jou eie behoeftes moet kom. Want ñ mamma moét net. Jy kan nie rus kry wanneer daar monde is wat toebroodjies nodig het en eina knieë is wat salf en liefde nodig het nie.

Miskien wonder jy oor jou huwelik. Omdat jul deesdae meer soos kamermaats voel, of dieselfde "fights" oor en oor het...

Miskien is jy bekommerd oor jou beste vriendin, of jou suster. Haar sms'e wat jy laat in die nag kry oor die jare lange stryd tussen haar en haar man. Is sy okay? Sy vra jou. Sy is bang. Indien sy hom verlaat? Jy is net te leeg...vir  nuttige raad.

Miskien is jý die een in 'n jarelange bakleiery. Met jou man, jou ma, jou broer of suster.

Miskien is jy raadop met jou huis, wonder jy wanneer dit ooit gaan skoon bly, of wanneer die aanbouery ooit gaan gebeur, of wanneer jy uiteindelik sal uitpak na die trek wat baie maande gelede was. Jy druk jouself. Maar jy kom nerêns.

Miskien gaan jou kind deur 'n moeilike fase. Hulle maak skokkende besluite. Hulle weet beter as dit. Maar hulle is besig om hulself seer te maak. Dit is skrikwekkend.

Miskien is jy hartseer. Jy is okay een minuut, huil die volgende. Almal wil aanbied om te help en is bekommerd oor jou, maar daar is niks wat hulle kan doen om terug te bring wat verlore is. Jy vind genesing, maar daar is oomblikke wanneer die wond net alles weer te rou raak.

Miskien is jou werklading besig om jou te versmoor, of dit is jou taak, jou kant projekte, of onderwys en aktiwiteite van jou kinders se fasilitering. Sommige dae kyk jy na jou skedule en jy voel of jy die wêreld kan oorwin. Ander dae, jy wil net jou beplanner teen die muur vasgooi. (Of miskien gebruik jy hom glad nie).

Miskien het iemand vir wie jy omgee diep seer. Die vriendin wat nie kan swanger raak nie, die een wat 'n kind moes afstaan aan die dood, die een wat struikel deur 'n egskeiding, die een wat sukkel in ñ stryd teen kanker.

Jy is desperaat om daar te wees vir hulle, maar jy is nie eens seker hoe om te begin om jouself te help nie.

Miskien is jy bekommerd oor jou kontantvloei. Daar is dae wanneer jy wonder wanneer jy ooit sal voel dat jy genoeg geld het. Genoeg om die rekeninge te betaal, genoeg om te kan sosialiseer, te spaar, genoeg om 'n goeie verjaardagpartytjie te hou, genoeg vir daardie onvoorsiene koste wat mag opduik.

Jy geniet daardie oomblikke wanneer jy net kan wegkom. Om uit te gaan saam met jou vriendinne, jou man, of net jy- jouself. Jy voel skuldig omdat jy weg wil kom, maar terselfdertyd weet jy dit is presies wat jy nodig het.

Jy voel skuldig. Jou lewe is nie so erg nie, herinner jy jouself. Daar is baie ander wat ly soveel meer as wat jy ly. Jy verstaan ​​van vreugde en dankbaarheid, jy bid, staan sterk in jou geloof. Jy doen alles reg. En tog het jy baie dae wanneer jy dit nodig het om die pofferige oë weg te steek agter jou sonbril.

Jy is moeg. Regtig moeg.

Laat ek jou iets vertel, suster. Jy is 'n fenomenale persoon.

Ja jý.

Jy werk so hard. En niemand verstaan ​​regtig al die deurmekaar klein detail wat aangaan in 'n enkele dag in jou unieke situasie nie, en waarskynlik sal hul ook nooit nie. Selfs wanneer jy ontspan, is jou gedagtes altyd vol druk, kommer of beplanning.

En weet jy hoekom?

Omdat jy lief is vir hierdie mense.Jy koester jou kinders en jou eggenoot, selfs wanneer hulle jou absoluut stapelgek maak. Jy is mal oor jou vriende, jou ouers, jou broers en susters. Jy sal reis na die maan en terug vir hulle, selfs al is jy woedend vir hulle.

Jy doen heilige werk. Die heeltyd.

Natuurlik is jy uitgeput. Want selfs al het almal vir jou vertel dat jy 'n breek nodig het, kan hierdie ketting van liefdesdade nooit tot stilstand kom nie.

Ja, jy moet sorg vir jouself, so gaan doen dit. Gaan kry ñ manicure, gaan drink ñ latte, bring ñ bottel wyn huistoe vir Dinsdagaand. Maar jy weet net so goed soos ek -  jy moet gou  weer terug na dit alles toe gaan: om jouself te gee vir almal, dag en nag, totdat jy letterlik niks meer het om te gee nie.

Dit is net hoe dit is. Dis hoe jy is.

Wees trots op jouself, vriendin. Jy is 'n vegter, 'n vrou met krag; jy voel dalk gewond. Maar, jy gaan okay wees.

As jy gelowig is, hou aan om vas te hou aan jou geloof. En eendag, wanneer die babas wat jy grootmaak, babas kry, wat babas kry, kan jy terugkyk en weet dat dit alles saak gemaak het. Die moeite werd. Elke liewe traan, elke slapelose nag.

ñ Goeie vriendin van my sê altyd... hoe eet mens ñ olifant? Stukkie vir stukkie.

Jy hét hierdie onder beheer.

{TG}

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...