Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Vrydag 29 April 2016

♡ Baie dankie aan my lesers ♡

My blog...

Behalwe vir die feit dat skryf my baie kalmeer, is dit ook ñ kanaal waar deur ek ander mense kan bereik en bemoedig as die lewe druk. En my ervarings kan deel - dalk beteken dit iets vir iemand, dalk laat ek net iemand bietjie lag...

Maar, dis ook ñ besigheid. Jy sien, in ñ land waar ek die "alien" is; en die Wet my nie tans toelaat om te werk nie... omdat ek nie ñ dokter of ñ engineer of ñ ouditeur of ñ aktuaris is nie ... is dit al wat ek oor het van my loopbaan.

Ek kon seker een van die bogenoemde geword het (en julle is almal regtig awesome)... maar dit was nog nooit my droom nie. Ek wou ñ kommunikeerder wees... die positiewe potlood in die skrywer se pakkie.

So, ek is vandag trots om te sê dat
{Elke-sekonde-tel} al op {1 357} page views staan vir April 2016!

Dit is seker nie so baie soos ander gevestigde blogs nie, maar vir my eerste offisiële maand is dit uitstekend! God sien my hart, Hy sien my droom, Hy gee my ook die geleentheid om tyd saam my kinders te spandeer... ek glo met Rede.

Baie, baie dankie vir elkeen van julle wat elke dag my "voete" is. Saam lees, saam bid, op jul tande byt as ek te veel "post" ... maar nogmaals my ondersteun. Ek is diep dankbaar in my hart vir elkeen van julle.

Lief vir julle
♡ TG♡

http://elkesekondetel.blogspot.com/

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...