Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Maandag 11 April 2016

Kruietee - vul jouself met nuwe krag vir die Winter-maande!

Kruietee - vul jouself met nuwe krag vir die Winter-maande! 

Bly gesond hierdie winter met kruie tee - die natuur se eie medisyne.

Daar is 'n kruie tee vir elke kwaal...
Daar is 'n kruie tee vir elke smaak...


Wanneer dit koud is daar buite en die wind waai, is daar niks soos 'n goeie ou koppie tee om jou hart op te warm nie. Maar deur die byvoeging van melk of suiker verloor ons ongelukkig baie van die gesondheidsgehalte van warm drankies.

Kruie tee is 'n groot alternatief vir die Winter-maande wanneer almal so vatbaar is vir siektes - dit is fantasties om jou liggaam gehidreerd te hou. As jy nou nie lief is vir baie water in die koue nie, en ook paar ekstra vitamines kort.

Die genesende eienskappe van kruie is 'n feit wat ver terugdateer in die mens se geskiedenis, en dit is vandag nog van toepassing. Kruietee kan sekere klein gesondheidskwessies help verbeter, maar natuurlik in meer ernstige gevalle sal ander medisyne waarskynlik die beste wees (raadpleeg dan gerus jou bekwame geneesheer).

Voeg 'n skyfie suurlemoen en gemmer by jou kruie tee vir ekstra gesondheidsvoordele, veral teen griep en verkoue.

Hier volg 'n paar van die meer algemeen beskikbare kruie-tee wat jou liggaam baie kan help:

Groen tee (... en nou trek almal se gesigtes skeef ... nee wat, dis nie SO erg nie) 

Hierdie Chinese tee hou baie voordeel in vir jou gesondheid. Onder andere 'n laer risiko vir hartsiektes en sekere soorte kanker. Groen tee kan ook help om die metaboliese tempo van jou spysverteringstelsel te verhoog. Maar, onthou, hierdie tee bevat steeds kafeïene, so gebruik dit in matigheid. Pla die bitter smaak jou? Voeg bietjie "rou" heuning by.

 "Camomile"-tee ('n lekker tee'tjie vir jou badtyd voor jy gaan slaap) 

Gemaak van blomme met ontspannende eienskappe... Hierdie tee word dikwels aanbeveel om te help met slapeloosheid of algemene angs, weens die kalmerende effek wat dit dra. Kan ook help om jou maag te kalmeer, want dit is anti-inflammatories. Maar onthou, nie raadsaam vir swanger en borsvoedende moeders om te drink nie.

Chai Tee (pret om te maak ... dink jou eie kombinasies uit ... laat my dink aan 'n goeie kollega en vriendin Carina...) 

'n Aromatiese Indiese tee gemaak van 'n groot verskeidenheid van speserye soos kaneel, kardemon, naeltjies en swartpeper. Alhoewel tradisioneel gebrou met melk, suiker en swart tee, kan dit ook geniet word sonder dit. Afhangende van watter speserye bygevoeg is, is Chai 'n groot spysverteringstelsel hulp en kan help om die immuunstelsel te versterk.

Vir heerlike Chai tee resepte gaan kyk gerus na - http://www.chai-tea.org/recipes.html - en geniet jouself.
Rooibostee (my gunsteling... want tee kritiseer nie ... tee sal verstaan) 

'nWonderlike plaaslik gebroude tee. Rooibos is vol antioksidante. Dit is ook hoog in vitamiene C en kan angstigheid help verlig/voorkom, ook goed vir sekere allergieë en spysverteringsprobleme. Andersins bekend as Heuningbos, het hierdie tee gesê om swamwerende eienskappe te besit. Geniet hom met heuning en melk, as 'n gesonde alternatief tot gewone tee.

Peppermint tee (plant hom in jou tuin, hy ryk ook sommer lekker, en hou sommer die spinnekoppe en miere ook weg...) 

Die tee se menthol eienskappe kan help met abdominale probleme. Werk ook as 'n spierverslapper. Sommige mense beweer peppermint tee verlig hoofpyne en naarheid ook. Drink saam met ander kruie soos suurlemoen balsem vir 'n heerlike keurspel van smaak.

Boegoe Tee (nog 'n plant vir jou tuin)

'n Plaaslike/inheemse plant spesifiek goed vir urienweg probleme, die antiseptiese eienskappe van boegoe kan verligting gee te vir slegte spysvertering. Lank terug het die Khoisan-mense die blare gekou om maagpyn te verlig, maar meer onlangse navorsing het byvoeg dat boegoe kan help om die bloed te reguleer sowel as die swelsel van gewrigte verminder.

Gaan kyk gerus na "ADelightfullHome" se webtuiste - waar daar 52 Doen dit Jouself Kruie tee resepte gegee word - http://adelightfulhome.com/diy-tea-recipes/

Lekker drink vriende en vriendinne!

{TG}



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...