Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Maandag 25 April 2016

Gebedstrategie #dag4

Ek het ñ paar "topics" vir gebed op die hart. Maar, wat ek eintlik vandag wil sê... het jy iets wat pla... maar jy voel dalk jy wil nie God daarmee pla nie want dit is so "klein"...?!

Nee, man, jy maak ñ fout. God wil juis so ñ hegte, oop verhouding met jou hê.

God praat met ons deur Paulus se getuienis in Fillipense 4:

" Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap en my kroon.

Ek vermaan vir Euodia en ek vermaan vir Sintige om eensgesind te wees in die Here.

Ja, ek vra jou ook, getroue medewerker, wees hierdie vroue behulpsaam. Hulle het saam met my die stryd gevoer in diens van die evangelie, net soos Klemens ook en my ander medewerkers, wie se name in die boek van die lewe staan.

Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!

Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.

En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.

Ek was baie bly in die Here dat julle na so 'n lang tyd weer gewys het dat julle nog aan my dink. Nie dat julle my ooit vergeet het nie, julle het net nie die kans gehad om iets te doen nie.

Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp.

Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

Nietemin het julle goed gedoen deur my in my moeilike omstandighede by te staan.

Julle in Filippi weet ook dat in die begin van my evangelieprediking, na my vertrek uit Masedonië, geen enkele gemeente behalwe julle 'n aandeel gehad het aan my rekening van inkomste en uitgawe nie.

Ook toe ek in Tessalonika was, het julle meer as een maal iets vir my behoeftes gestuur.

Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker.

Maar ek het alles ontvang en ek het meer as genoeg. Noudat ek van Epafroditos ontvang het wat julle gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Julle gawe is voor God 'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig.

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.

Aan ons God en Vader behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

Groete aan almal wat aan God behoort deur Christus Jesus. Die broers hier by my stuur vir julle groete.

Ook al die gelowiges en veral dié wat aan die huis van die keiser verbonde is, stuur vir julle groete.

Die genade van die Here Jesus Christus sal by julle wees.

Deur God se Groot genade kan en moet ons vir enige iets en alles bid!

Bid vir ñ hart v klip om vlees te word
Bid vir gesondheid
Bid vir jou finansies - elke liewe probleem
Bid vir jou baas of jou man se baas
Bid vir jou kinders se maats en hul ouers
Bid vir die regering, vir onderwysers, polisie, brandweer, verpleesters, dokters
Bid vir daai "snob" wat jou skaars wil groet
Bid vir iemand wat jou seergemaak het
Bid vir jou eie oogklappe om af te kom, jou eie hart en vir jou eie seer....

Ja, man... bid sommer oor alles vandag!

Wanneer? Staan 15 min vroeër op... in die bad... hard in die kar... in die badkamer... etenstyd... as jy ñ "smoke break" vat. Reël ñ bid tyd saam kollegas... daagliks!

Ja, man ...

{TG} ♡☆

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...