Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Donderdag 28 April 2016

Gebed strategie #dag5

Soos jul elkeen weet deel ek graag gedeeltes van my strategie met julle. Vir Gebed.

☆ Ek leer self nog ☆

Om te bid is ñ Groot taak. Maar, nie noodwendig altyd ñ moeilike een nie.

{Dankbaarheid #1}

☆ Watter vertrek is jou vertrek waar jy die meeste bid?  ☆

My plek vir gebed is my hele huis en sommer my kar ook en my dagboek ... maar dit alles kom saam... hier op my "online huis" my blog...

Vandag, het ek egter iets anders op die Hart...

Ek het ñ behoefte in my Hart om vir ander te bid. God het my so geseën met omgee-mense in my lewe. Toe ek my pa verloor, het ek gedink ek is nou alleen in die wêreld... dit is juis toe dat God my anders wys... soveel blessings. Soveel liefde.

♡♡ ♡♡

Daarom, vandag, vra ek... sit asseblief jou gebedsversoek by die "comments" of e-pos dit na tersiagouws05@gmail.com

Ek wil graag bid vir jou of enige iemand anders waarvoor jy gebed nodig het. Dit kan anoniem ook wees. Laat weet my asseblief net waarvoor gebed benodig word.

{TG}

1 opmerking:

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...