Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Woensdag 20 April 2016

Gebed strategie #dag2

Geduld.... is 'n goeie rede vir gebed.

Liewe Heer, ek probeer om liefdevol, goedhartig en geduldig te wees. Heer, selfs met my beste pogings, is ek sondig, en kry ek dit nie altyd reg nie.

Here, ek beveel die satan in die Naam van Jesus om weg te gaan uit ons huis en uit ons lewe uit! "Hierdie huis is onder nuwe bestuur!"

Vader, ek besef dat volmaakte liefde nie deur my as mens alleen gewys kan word nie. Maar, slegs deur U wat in my is, wat deur my werk.
Here, maak my ñ kanaal van u volmaakte Agape liefde.

Ek verklaar dat ek gretig sal wees om te hoor, stadig om te praat, te oordeel en kwaad te word. Soos U in Johannes 1:19 onderrig. Here, help my asb hiermee.

Help my om te onthou dat my woorde die kondisie van my hart reflekteer en help my om weg te bly van negatiewe opmerkings af - weerhou my tong.

Dis ñ uittreksel uit dag 2 se gebed... verder ook vir my gesin gebid...vir geduld. Finansies, reen, familie wat gebed nodig het...ensv...maar nie sonder om DANKIE te sê nie. Dankbaarheid so belangrike deel v gebed.

God het reeds hier kom Red! Satan kan sy aanvalle laat vaar!

God is my vesting...by hom is ek en my gesin veilig!

♡ Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die Koningkryk van die Hemel♡

{TG}

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...