Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Vrydag 15 April 2016

♡♡Hoe hanteer mens kleuter tantrums?♡♡

♡♡Hoe hanteer mens kleuter tantrums?♡♡

Dit is daardie deel van die dag wat jy vrees... Jou kind het jou op die rand van jou geduld met sy oorverdowende, aardsverbryselende gille en jy is op die punt om beheer te wil neem ... op die manier wat jy die beste ken ... deur selfs harder terug te skree... stop, ja man ja, stop net daar! Haal asem my mens...

Om die frustrasie weg te hou vir 'n rukkie, kan jy regtig leer uit wat ek nou hier wil sê.

{Hoekom gooi jou kind tantrums?}

Tantrums is algemeen in kinders (seuns en meisies) tot op die ouderdom van 2 jaar (terrible two's)...

Woedebuie wissel van eenvoudige huil en huil tot volslae dak af skree, aggressief raak deur gooi van voorwerpe (ek het gister ñ skoen teen die kop gekry) of om die asem op te hou.

Sommige gelukkige ouers kom daarmee weg.. hulle het kinders wat selde tantrums gooi... maar dit is skaars gevalle.

Tantrums is normaal as deel van die ontwikkelingsiklus van die kind en dui op moegheid of slaperigheid, hongerte of prikkelbaarheid of hul kry nie hul sin nie ... en weet nog nie hoe om hul emosies te bestuur nie.

{Hoe gaan die liggaam te werk om hierdie tipe gedrag te verander soos hul ouer word?}

Terwyl kinders ouer word en veral tussen die ouderdom van 18 maande en 4 jaar groei, begin hulle stadig leer van die hantering van hul verhoogde emosionele gevoelens... sonder die hulp van hul ouers. Dit gebeur as deel van die kognitiewe ontwikkeling van die brein.

♡♡Maar, wat nou gemaak?♡♡

{Vind die hoofrede vir jou kleuter se tantrum}

Die eerste ding wat jy dalk wil probeer wanneer jou kind 'n tantrum gooi, is om die werklike rede agter sy frustrasie te probeer verstaan. Soos ek hierbo noem, kan die redes gewoonlik verband hou met kos, melk, soek aandag , of wys ongemak van 'n vuil doek.

{Bly kalm}

Dit is een van die mees doeltreffenste maniere vir hantering van kleuter-uitbarstings. Dit is altyd baie belangrik om kalm te bly wanneer jou kind 'n tantrum gooi.

In plaas daarvan, om te begin skree op jou kind of hom/haar te probeer slaan.. dit gaan die situasie net vererger. Om kalm te bly help ook om vir jou kind ñ rustige atmosfeer te skep en sodoende stres te verminder vir beide van julle.

{Gee jou kindjie ruimte}

As jou kind 'n tantrum gooi, gee vir hom / haar spasie... om hulle uiteindelik te help om hulself in beheer te kry. Maar, terwyl jy jou kind ruimte gee, maak seker dat daar niks in sy pad is wat hom eintlik kan seermaak nie.

{Lei jou Kind se Gedagtes Af}

Sagte afleiding... bv. begin aktiwiteit waarvan jou kind baie hou of trek "funny faces".

{Bied belonings aan  vir goeie gedrag}

Wanneer jy uitgaam vir 'n ete in 'n restaurant, kan dit 'n goeie tyd vir jou wees om jou kind 'n bietjie om te koop bv. sjokolade of deur hom 'n video te laat kyk as hy hom gedra. Moenie bekommerd wees nie, dit is heeltemal reg vir omkopery soms, solank as wat dit op jou terme is en die reëls konsekwent bly.

☆☆Wanneer om hulp te soek?☆☆

{Ek voel elke liewe dag om hulp te soek met my 2-jarige}

Selfs nadat ons probeer het om tantrums geduldig te bestuur op alle moontlike maniere, kan daar gevalle wees waar selfs jou beste pogings misluk. As jy voel dat die situasie verder gaan as jou perke, is dit raadsaam dat jy jou pediater raadpleeg.  Kyk ook na jouself, jou gesondheid is belangrik en stres is nie goed vir jou of jou kleintjie nie.

Die Amerikaanse Akademie vir Pediatrie beveel aan dat jy jou pediater of familie dokter raadpleeg, indien:

Jou kind beseer hom of haarself of ander, of vernietig eiendom tydens tantrums.

Jou kind hou sy of haar asem op tydens tantrums, veral as hy of sy flou raak.

Jou kind nagmerries kry, hom/haar skielik begin natmaak, hoofpyn, maagpyn, angs kry... weier om te eet of te gaan slaap, of aan jou klou.

☆☆ ☆☆ ☆☆ ☆☆

Onthou, elke mamma of pappa het ook soms ñ "time-out" nodig. Maak tyd om ñ breek te vat en jou kop skoon te kry. Gaan bederf jouself.

{TG}

Bronne:

BetterHealth
MedlinePlus
CureJoy App

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...