Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Vrydag 08 April 2016

Bid vir ons land... Suid-Afrika

Nie te ver van SA af nie, in ñ buurland, wat se ekonomie ook grotendeels deur SA beïnvloed word.. word daar amper daagliks met SA gespot oor die radio.

Dis hartseer dat ons pragtige, sonskyn, mengelmoes, paljas land so ñ bespotting geraak het.

ñ Land waar daar nou so min disipline heers... alles is geoorloof...behalwe rassisme as jy blank of bruin is en die regeerders uitdaag... rassisme is volgens my nooit reg nie. Selfverdediging vir jou veiligheid is wel. Dit word natuurlik bestraf...

Suid-Afrika het die mooiste mense, en is ñ warm plek... vol liefde.

Mense sien nie meer die goeie raak nie...die beeld vir die buitewerêld is baie swak.

Die regering moet die land se (t)rots wees... die regering het almal - swart, bruin, wit, groen, pienk, pers, bont... lelik gefaal. Wie kan sê dat die regering hul al goed bygestaan het op ñ eerbare wyse?

Bid asseblief saam dat Suid-Afrika se regeerders na God sal draai. Ek glo, as gevolg van al die struikelblokke, is Suid-Afrikaners baie sterker in geloof, baie nader aan hul medemens, en is vergifnis iets wat ons elke dag aanpak.

Ek glo.

Daar is Hoop. Want daar is Liefde.

DAAR IS GOD.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...