Elke-Sekonde-Tel op Facebook - Kliek op die Sonneblom en "Volg" ons Blad!!!

Maandag 18 April 2016

Gebed strategie #dag1

Terwyl ek besig is met my daaglikse gebed strategie - deel ek graag ñ klein stukkie hieruit met julle...

Ons hele huis moet u Heer met dieselfde passie dien.

Mattheus 12: 22-37

"30 Wie nie aan My kant is nie, is teen My; en wie nie saam met My die skape bymekaarmaak nie, jaag hulle uitmekaar.

Ondersteun mekaar.

God help my as Vrou om daagliks te besef dat ek saam met U hierdie huis moet bou vir Koningkrykswaarde; vir Verlossing. Want, Vader, as ek nie saam met U bou nie, bou ek teen U. Ek bid dat ons al vier saam met U sal bou.

My man, Jesus ek bid vir hom  - ek bid dat hy tyd sal kry vir sy gesin se prioriteite, terwyl hy so hard werk. Ondersteun hom Heer, gee hom die krag wat hy nodig het. Seën hom in sy werk. Gee hom ook tyd, tyd om U te verheerlik, tyd om Hoëpriester van die huis en gesin wat u saamgevoeg het te wees. Here, dankie dat hy ons liefhet en vir ons wil sorg. Ek weet hy het U die liefste. Help hom, om ook U wil vir hom te verstaan - raak te sien elke dag.

Daar is plek vir elke geknakte lewe by Christus. Vir elkeen wat moeg en oorlaai is.

{Amen... vir die blog...}

Nou gaan ek oor na my gebed vir elkeen van my kinders en ander sake van die hart.

☆TG☆

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Featured post

Nie goed genoeg nie!

  Stelling A: "You were born... pre-approved" Glo jy dit?  Stelling B: "You were unsuccessful..." Jy kán nie, jy is nie ...